Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Liedjies se oorgee

Ek gee oor
Aan ‘n goue hart
Dankie Pappa dat dit is
Wie U is, goud

Pappa dit maak dit
Soveel makliker
Dankie dat ek kan oorgee aan Goud
Dankie dat ek kan oorgee aan U

Abba dit maak dinge
Soveel makliker
Wanneer ek waarlik glo
Dat U vir my is

Abba-God, Vader
Sal U, U kinders
Asseblief help
Om dit meer te glo

Abba dat ons sal weet
Dit is nie nodig om lugkastele te bou
Ons kan veel eerder saam met U droom
En dit dan ‘n werklikheid maak hier op aarde

Abba-God
Sal U ons asseblief help
Elkeen van ons
Om te glo en te weet U planne is beter

Abba-God, Abba-Vader
Ons sê dit so maklik
Maar dan glo ons dit nie
Hoekom is dit so?

Nee Abba se kinders, asseblief
My kinders, liefste kinders
Daar is iets aan oorgee
Daar is iets aan vertrou dat Ek van beter weet

Abba se kinders
Asseblief
Sal julle My help
Om die mooiste mooi op aarde waar te maak?

Dit is wat gebeur
My liefste kinders
Wanneer julle bereid is
Om julle planne neer te lê vir My

Ja Abba se kinders, ja
Asseblief hoor vir My
Ek is God
Dis wat Ek die beste doen

Kinders Ek wil julle vra
Asseblief
Begin asseblief om julle planne en drome
In te ruil vir Myne

Sien Abba se kinders
Julle kan goed doen en suksesvol wees
Ek stry nie
Maar dis niks in vergelyke met Myne

Ja liefste kinders
Pappa se kinders
Hoor My hart
Hoor My lied

Daar is ‘n lied in julle binneste My kinders
In elk een van julle
Een wat julle
Net met Hemelse Akkoorde kan sing

My kinders Ek wil hê julle moet weet
Daar is ‘n lied geplant in elkeen van julle
Een wat julle net saam met My
Voluit kan sing

Ja My liefste kinders Ek weet
Dis baie kere wat julle probeer
Om julle eie lewenslied
Sonder My te sing

Liefste kinders
Pappa se kinders
Ek wil hê julle moet begin vra
Hoekom maak ons so

My liefste kinders
Is dit nie belangriker om te weet
God glo in my
En saam met Hom kan ek enige iets doen

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Net saam met My
Gaan jy die beste bes bereik

Ja My liefste kind
Net saam met My
Kan jy die hoogste sport
In elke area van jou lewe bereik

Hoekom glo julle My nie
Vra Abba
Julle is altyd so bereid
Om vir alle raad behalwe Myne ja te sê

Hoekom My kinders
Hoekom maak julle so
Watter groot drome het julle al vir julle kinders gedroom
Asseblief sê My

Ja sê Abba-God
Julle verstaan
Julle hou nooit-ooit uit op julle drome vir hulle nie
Hoeveel te meer nie Ek vir julle

Pappa se kinders
My kinders
Ek wil hê julle moet verstaan
Dat Ek en die Hemel saam droom

Ja sê Abba-God
Al My vermoëns
En alles wat moontlik is by My
Droom saam

Kinders hoekom wil julle dit nie weet
Hoekom wil julle dit nie aanvaar
Hoekom wil julle dit nie glo
Dat My drome groter is as jou grootste groot

Ja My kinders
Asseblief
Begin sien
Begin asseblief rerig sien dat Ek nooit op julle uithou

Kinders van My hart
Liefste kinders
Glo My asseblief
Weet dat Ek rerig is

Dit is nie net praat
Liefste kinders
Wanneer Ek vir julle sê
Dat Ek groter as jou grootste droom is

Kinders waar julle ophou droom
Dis waar Ek begin
Wat vir julle groot is
Is vir My baie klein

Ja My kinders
Ek droom groot
Ek weet alles van groot sê Abba-God
Ek het dit gemaak

Liefste kinders asseblief
Ek vra julle
Begin My asseblief vertrou met lewensideale
En wat julle in die lewe wil bereik

Abba-God sê
My kinders asseblief
Kom nader
Kom nader aan My hart

Moenie bang wees om uit te vind
Wat Ek vir jou lewe droom
Nee My kind
Weet asseblief Ek hou nie uit op jou

Ja sê Abba-God
Ek verstaan, Ek weet
Julle wil dikwels nie kom
Omdat julle nie dadelik iets sien gebeur

Liefste kinders
Kinders van My hart
Asseblief
Julle moenie so wees

Julle moenie vrees
Dat julle gaan verloor
Dit is nie hoe dinge
By My te werk gaan

Liefste kinders
Geloof is wat Ek vra
Glo My
En dan sal julle sien

Ja sê Abba-God
‘n Prys word gevra
‘n Prys van self neerlê
En My begeertes optel

Ja sê Abba-God
Julle sien die swaar
Julle sien die seer
Maar hoe is dit dat julle nie die goud aan die einde raaksien?

Ja sê Abba-God
My kinders dis nie altyd maklik
Of dadelik dat jy die diamante raak sien
Maar tog is hulle daar

Begin kyk My kinders
Dieper, Meer
Kyk na My
Wat nooit-nooit op jou sal uithou

Liefste kinders
Ek wil vra
Hoekom sien julle dit nooit nie
Ek wat vra vertrou My

Kinders, liefste kinders
Dit help nie julle sê julle vertrou
Maar julle hou nogsteeds aan
Om te loop nie soos Pappa vra

My liefste kinders
Asseblief
Sal julle begin vra
Na My wil in alles

Ja sê Abba-God in alles
In alles My kinders
Begin My wil vra
En kyk wat gebeur

Ja sê Abba-God
Baie kinders wat My
Nog nie heeltemal vertrou
Ek wil julle leer

My wil is beter My kinders
Hy is beter
Ja selfs al wag seer jou in
Moet jy weet dat Ek steeds goud is

Ja sê Abba
Goud is en sal My hart
Altyd bly
Ek vra jou om hom net te vertrou

Ja rerig My kind
Nie net met jou mond
Wat woorde uiter
Maar rerig vanuit jou hart

En ja My liefste kind
Selfs al word die pad swaarder
En meer donker voor hy beter raak
Sal jy bly vertrou?

Ja sê Abba-God
Dit is die vraag
Te veel mense wat sê hulle glo en vertrou
Eintlik is dit glad nie waar

Nee My kinders
Rerig
Vertrou My hart
Doen soos Ek vra

Lê neer jou weë
My kind
Lê neer
Dis al wat Ek vra

Sal jy
Is jy bereid om dit te doen
Vra My wil My kinders
En asseblief doen dan wat Ek vra

Waar Ek lei
My kinders asseblief
Wees gewillig om te volg
En jy sal sien wat wag op jou

Ja sal jy aanhou
In die donker dae
Wanneer hulle vir jou fluister
Dit is nie meer die moeite werd

Kind jy moet hulle dan nie glo
Jy moet hulle vinnig wegja
Hulle gaan groot skade berokken
As jy hulle gaan toelaat om te bly

Sê eerder nee
Wys hulle die deur
Al die vertwyfelinge
Wat ‘n plekkie in jou hart wil kom bou

Nee My kinders, nee
Gou-gou moet jy hulle wegstuur
Jy moet vir hulle sê
Dat hulle nie by jou kan bly

Sien kinders
Dis die toets vir julle harte
En wat Ek van julle vra
Sal julle ook in donker dae My pad bly loop

Hou op om te vergeet
Sê Pappa-God
Dat ook Jesus donker dae moes deur
Voordat die glorie van Sy opstanding kon arriveer

Nee My liefste kinders, nee
Julle het dit so verkeerd
As julle dink dat die lewe
Altyd net maanskyn en rose gaan wees

Kinders die lewe hier op aarde is moeilik
So so moeilik met tye
Asseblief kom nader
En sien en ervaar hoe Ek jou deurdra

Die swaar en moeilike tye
Kan Ek so mooi maak My kinders
As julle My net waarlik wou toelaat
Om julle te leer

Moenie in jou eie bootjie bly
My kind
Moenie aanhou om dinge
Net op jou manier te wil doen

Liefste kind
Daar is
‘n Beter manier
Dit is Myne

Ek wens en hoop Ek kon van julle kry
Om julle besluit te heroorweeg
Kinders sal julle asseblief op My pad bly
Hom bly loop

Liefste kinders
Dis al wat Ek vra, asseblief
Wees groot en sterk in geloof
Kom volg My

Amen, Halleluja.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s