Blinde oë, Lofprysing

Halleluja Koning

Groot
Groot
Groot is my God
Ek kan dit skaars glo

Daar is nie genoeg
Groot in hierdie wêreld
Of daarbuite
Om my God se grootheid te beskryf

Ja die grootste groot
Nie eers die heelal
Kan ooit vir ‘n sekond
Teen ons Pappa kers vashou

Ons God is so groot
Hy is te lieflik
Hy is die ware een
Die enigste hoop vir hierdie wêreld

Soveel mense wil Hom nie ken
Soveel mense wat sê dat Hy nie bestaan
Dit laat my altyd lekker lag
Dan dink ek ag kom nou, rerig? 🙂

My God is groot
Hy is die Almagtige
Die mooiste een
Soos wie daar nie nog een ooit sal wees

Ja my liefste God
Het Sy Naam
Diep in my hart kom inskryf
Ek is so baie dankbaar daarvoor

Daar is geen mooier naam
As Jesus Christus
Die Verrese Een
Wat ek ooit wil hê moet in my hart woon

Ja baie het al gekom
En baie het al gegaan
Tog is en bly daar
Nie nog 1 soos Hy

Ewige God
Vredevors
Vader
Skepper van die groot heelal

My grote God, my grote God
Die waardige een
Die Halleluja-Koning
Dit is U

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s