Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Nooit-Niemand-Opgee

Halleluja sal die engele
Altyd voor ons Abba se troon bly sing
Net omdat Hy so waardig is
Omdat wie Hy is dit oor en oor verdien

Ja-nee kyk
Mense wat nie kan saam-sing
Hulle weet nog nie van beter
Hulle weet nie waarop hulle uitmis

Ons Koning is
Skepper van die heelal
Daagliks dat die skepping en alles daarin
Voor Hom bly neerbuig

Dis net ons mense wat baie kere
Te halsstarrig is om dit self ook te doen
Ek weet nie hoekom
En ons bly dink ons is so slim

Baie kere
Dat ek mense hoor sê
Iemand moet sy kop gaan laat lees
Tel dit nie ook vir hul?

Abba-God sal U asseblief in daardie mense
Se harte wat nie in U wil glo bly werk
Sal U aanhou om vir hulle te fluister
Dat U waarlik rerig is

Ja kinders
Kinders van God
Julle moet bly glo
Ek kan verlorenes nog inbring

Julle moet nooit opgee nie
Sê Abba-God
Op die mense wat My
Nie wil ken of wil dien

Kinders van My hart
Asseblief
Sal julle vir die verlorenes in hierdie wêreld bly bid
Sal julle bly glo dat Ek enige een kan red

Ja sê Abba-God
Selfs die vuilste-vuilste sondaar
Waarvan almal die minste van dink
Kan Ek met My bloed silwerskoon en rein maak

Kinders van My hart
Julle moet asseblief nie so gou opgee
Op mense wat nie glo soos julle
Of wil sien soos wat julle sien

Nee My kinders, nee
Asseblief
Julle beperk My in die manier
Waarop julle dink Ek kan werk

Kinders asseblief
Glo vir My
God is
Dit is wat Ek wil hê julle moet altyd weet

God se kinders
Asseblief
Weet vandag
Daar is geen manier waarop Ek nie kan werk

Dis Ek in julle
Sê Abba-God
Wat glo dat daar nog hoop is vir almal
Asseblief sal jy seker maak dat jy My hoor

Kinders van My hart
Asseblief
Asseblief kom nader
Kom vind dat Ek vir jou is

Net soos wat Ek nooit sal opgee op jou
My kind
Net so nooit ooit op die vuilste sondaar
Wat op aarde woon

Daar is altyd hoop
Sê Abba-God
Daar sal altyd hoop wees
In My Seun

Jesus Christus is Sy Naam
Die Ewige Koning
Die Een in wie elke mens kans staan
Om voor My Troon te kom

Liefste kind
Asseblief
Kan Ek jou nader nooi
Sal jy vir verlorenes bid?

Solank as wat julle bid
Solank kan Ek werk
Kinders Ek sal nie opgee
Sal jy ook nie asseblief

My kinders
Ek glo in julle
Ek doen
Ek weet dat ons saam sondaars van die verderf kan red

Begin asseblief vir hulle omgee
Soos wat Ek vir hulle omgee
Vra Abba-Vader
Weet dit daar is hoop

Redding wag vir almal
En is moontlik
Alles omdat My Seun gekom het
En Sy bloed gevloei het

My kinders
Jesus se bloed het gevloei
Om redding
Aan die hele wêreld te verkondig

God se Seun het gekom
God se Seun het gekom!
Laat dit die storie wees
Wat julle vir die mense rondom vertel

God se Seun het gely
Gesterf
Alles om ons
Van ons sonde te bevry!

Oe hoe lief ek dit
Die liefde van ons Abba-Vader
Vir hierdie vervalle gebroke wêreld
En die hoop wat Hy vir hulle bring

Nooit hoef hulle bang te wees
Dat hulle nie goed genoeg is vir God se liefde
Aan die kruis
Het Hy dit lankal reeds gesing

Ons moet net bly wees daaroor
Dit met die mense om ons bly deel
Sodat ook hulle kan bly word
Met God se warm liefde binne-in

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s