Blinde oë, Liefde so groot

Mnr & Mev. Grootkop

Halleluja
Sing my hart
Halleluja
Sing hy baie bly

Oe my God is groot
Oe Hy is so mooi
Die wêreld het nie genoeg woorde
Om Sy mooiheid te beskryf

Ons liefste God
Ons liefste God
Ons liefste God
U is so mooi

U vul my hart met vrede
U gee hom baie hoop
As dit die vrugte is van tyd met U spandeer
Wil ek aanhou daarmee

Ja-nee
Aan die wêreld en sy mooi
Wil ek nie bly vasklou
As U dan net soveel mooier as sy is

Nog vryer wil ek wees
Vry om U lief te hê
Vryer om in U liefde
En vreugde rond te dans

Oe ons God is groot
Hy is so mooi
Kan ek dit maar vir altyd bly sing
My liefste God

Hoekom is U so, so mooi
Hoekom is daar so min wat dit glo
Oe ek wil hulle nader nooi
Al die mense in die hele wye wêreld

Sal julle asseblief self kom uitvind
Of dit wat julle oor God glo
Rerig die waarheid is
Want oe julle glo verkeerd

Soveel van julle
Sê Abba-God
Soveel mense wat verkeerd oor My glo
Julle het die kat goed aan die stert beet

Sien sê Abba
Julle kan nie aanhou baklei
En sê dat Ek verkeerd is
As julle nie grond het om op te staan

Ja sê Abba-God
Julle glo baie graag dat julle het
Maar julle gaan julleself so verkeerd bewys
As julle net wou naderkom

Ja kom nader
Grootkop
Meneer, Mevrou
Jy wie dink dat jy alreeds alles weet

Dis nie ‘n baie goeie plek
Om te wees
Sê Abba
Dis glad nie baie wys

Ja-nee julle moet eerder slim word
Rerig-rerig slim
Nie net met woorde
Maar as mense wat rerig bewyse naspoor

So sal julle My vind kind
In geloof
In glo
In harte wat op sy knieë gaan

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s