Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Soet wortels

Vry soos ‘n vlinder
Is hoe ek in my binneste voel
Vry om U te loof
Vry om U te aanbid

Liefste Abba-Vader
Hoor U die lied in my hart
Wanneer hy fluister
Wanneer hy sing en dans

Abba die mooiste lied
Het U in my hart kom sing
‘n Lied wat my tot en met vandag
Met liefde en hoop vul

Abba U is die rede
Vir al die vlinders van hoop
Wat in my hart rond fladder
So bly is hulle, hulle het U gevind

Abba liefste God
Van genesing kan my hart getuig
Want U is groot
En dis U wat daarbinne woon

My hart is so bly
So bly hy het U gevind
Geen groter vreugde
Kan die mensehart tog ooit ken

As om U liefde
In te nooi
Om U as Pappa
Te leer ken

Liefste God
Die grootste genade ooit
Het U aan die mensdom bewys
Die dag toe U self aan die kruishout hang

Ja liefste kinders
Mense van die wêreld
Dis iets waaraan julle nie gereeld dink
Dat Ek self aan die kruishout hang

Ja liefste kinders
Abba se kinders
Genade self het julle daardie dag kom haal
Toe Ek aan die kruishout hang

Vir julle het Ek kom sterf
Vir julle het Ek kom ly
Ek moes julle terug bring na My
Ek moes My liefde wys

Liefde het daardie dag bewys
Wat Ons
Nog van die begin af sing
Ek, My Seun en die Helige Gees

Onthou julle
Pappa se kinders
Aan die begin het ons besluit
Kinders na Ons beeld sal Ons formeer

Ja liefste kinders
Omdat ons nie net sommer
Alleen hier op aarde wou wees
Ons wou maatjies hê om mee te speel 🙂

Is dit nie maar hoe dit nog tot vandag toe
Vir julle is nie sê Abba-Vader
Groot of klein
Maats geniet julle ewe veel

Ja dis maar hoe dit vir Ons ook was
Kinders van My hart
Kinders wat op die aarde woon
Ons wou Ons harte ook met iemand deel

En dis toe maar wat gebeur het
Ons het voor tyd begin is
Beplan om mense na Ons beeld te maak
En hulle ook ‘n kans op die lewe te gee

Baie goed het dit in die begin gegaan
Kinders ons kon vir ure
Sit en gesels
Lag en gekskeer

Kinders julle het dit so geniet
Maar toe kry iemand sy voet in die deur
Ja Satan self het julle kom verlei
Vir julle kom vertel dat daar beter is as slegs Ek

Ja liefste kinders
Julle het hom geglo, bo My
Daardie dag was My hart so seer
Ek kan dit nou nog nie glo

Kinders, liefste kinders
Julle, jy en jy ja
Julle het My verlaat
Vir iets wat beter vertoon as Ek

Ja tot vandag is dit nog so
Kinders van My hart
Julle wat aanhou probeer
Om ander dinge bo My te probeer

Ja liefste kinders
Tot vandag verlei Satan julle nog
Soos met ‘n wortel
Voor ‘n donkie se neus

Liefste kinders
Tog vandag toe is dit nog dieselfde
Julle wat voor die verkeerde boom bly staan
En Ek wat sê nee My kinders kies die ander een

Nee My kinders
Nee
Julle moenie van daai boom bly eet nie
Hy gaan julle net in die moeilikheid bring

Kinders
Verstaan julle nie
Tot vandag toe doen julle nie
En dit maak so seer

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet begin verstaan
Daai dag aan die kruis was dit Ek, My Seun en die Heilige Gees
Want ons is een

Ja Abba-God se kinders
Ek wil hê julle moet verstaan
Van die begin het Ons ‘n plan gehad
Ons sou Ons alles neerlê om jul harte te wen

Ja kinders
Vandag is dit vir julle so maklik om te verstaan
Lê jou lewe af vir jou naaste, die een wat jy die liefste het
Hoor julle so gereeld

Ja kinders
Dis nie so moeilik om te verstaan
Want iemand het dit alreeds kom doen
Iemand het dit aan die kruis kom wys

Ja kinders
Julle weet dat dit somtyds vat
Om jouself neer te lê
Sodat jy jou geliefde se hart kan vind

Kinders dis wat Ek vir julle kom doen het
Daai dag aan die kruis
Daai dag het Ek gesê genoeg
Ek sal My bruid kom red!

Ja sê Abba
Ja julle almal wat in My sou glo
Julle wat My hart van waarheid sou raaksien
Bo al die bedrieg van Satan

Ja sê Abba-God
Liefste kinders van die begin
Van die begin wat Ek bly sê
Kom asseblief terug na My

Ja sê Abba-Vader baie van julle
Het met groot gejubel by die Tuin van Eden uitgehuppel
Julle besef tot en met vandag nie
Wat het julle daardie dag verloor

Ja liefste kinders
Kinders van die wêreld
Vir baie van julle
Sal dit op die einde te laat wees

Ja sê Abba-God
Baie mense het tot en met vandag
Nog nie die lessie geleer
Wat Ek daai dag vir julle wou leer

Ek het gesê
Vertrou My kinders
Moenie net voortgaan
En jou eie ding doen

Hoekom luister so so min kinders vir My
Hoekom verstaan julle nie
Dat Ek julle altyd
In groot liefde wil lei

Kinders julle dink altyd
Dat Ek met julle raas
As Ek eintlik net met julle praat
Kinders hoekom is julle so fyngevoelig?

Kinders asseblief
Rerig Ek verstaan
Die wêreld se seer lê in julle harte
Maar sal julle My asseblief begin vertrou

Abba se kinders
Kinders van die wêreld
Ek is nie soos baie van julle dink
Ek is soveel beter

Pappa se kinders
Kinders van die wêreld
Julle ook
Sal julle asseblief nader kom

Ja asseblief begin ophou
Om altyd na die wêreld
En haar leuens oor My te luister
Kinders julle maak verkeerd

Julle eet haar woorde op soos soetkoek
Tog besef julle nie
Die bitterheid teenoor My
Wat in julle ingewande begin lê

Ja liefste kinders
Dit is als omdat julle glo wat sy vir julle sê
Ja kinders
Julle is die rede vir julle eie hopeloosheid

Moet haar nie meer glo nie
Asseblief
Kinders van My hart
En andersins

Ek is nie soos sy vir jou vertel
Kinders van die wêreld
Die hoer van hierdie wêreld
Net leuens kan sy rondstrooi

Hou asseblief op
Om haar so te glo
In hemelsnaam My liefste kinders
Asseblief hou op

Stop dit
Vra Abba
Asseblief stop dit
Om ‘n woord verder na haar te luister

Sy vertel vir julle nonsens
Sê Abba-Vader
Sy hou aan daarmee
Want sy wil hê julle moet haar bo My glo

Kinders dit is wat sy
In die Tuin van Eden gedoen het
Dit is wat sy tot en met vandag doen
Dieselfde ou trick

Net jammer
Dit werk nog sê Abba-God
Net jammer
Sy vang julle nogsteeds

Ai My kinders, ai
Ek het so gehoop
Julle het daai lessie al geleer
Tog lyk dit nie so

Kinders
Kinders asseblief
Luister vir My
Weet dat Ek jou liefhet

Met ‘n liefde baie groot
Sê Abba-God
‘n Liefde wat Myself sou gee
As Ek jou net naby aan My kon hê

Kinders dit is wat Ek kom doen het aan die kruis
Ek het Myself kom gee
Opgeoffer
Soos wat Romeo en Juliet dit sou doen

Dit is die liefde sê Abba-God
Wat tussen ons lê
‘n Liefde wat na die graf sou gaan
As dit sou beteken dat ons saam kon wees

Kinders
Verstaan julle dit
Ek dink regtig partykeer dit is te diep
Julle gaan dit nie na waarde waardeer

Kinders, kinders
Asseblief
Luister vir My
My lewe het Ek opgegee

Sodat ons saam kon wees kinders
Nou en in die ewigheid
Die ewige en nou
Een

Die dood het Ek oorwin
Kinders
Julle hoef nie meer te vrees
Of bang te wees

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s