Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Ouers wat omgee

Kinders kom nou
Kom gou
Hardloop na die arms van julle Vader
Waar julle ware liefde sal leer ken

Ja want daar is
Niemand soos Ek
En geen aardse pappa
Sal ooit naby My kom

Ek is die beste pappa
Wat enige iemand ooit sal kan hê
Ek ken van regverdigheid
Tog is daar niks wat Ek nie sal vergeef

Ja Ek weet
Wat is reg en verkeerd
Dit is dikwels wat Ek My kinders leer
Sodat hulle op die regte pad kan bly

Ja sê Abba-God
My kinders
Ek verstaan
Julle weet nie aldag hoekom Ek so streng is

Dis omdat Ek julle wil beskerm
My kinders
Dit is tog iets wat julle so gereeld
By julle aardse pappa’s hoor

Ja sê Pappa-God
Hulle sê gereeld vir julle
Jy is my verantwoordelikheid
Ek moet vir jou uitkyk

Kinders dis hoe Ek
Pappa’s en mamma’s gemaak het
Om om te gee
Oor wat met hulle kinders gebeur

Kinders as dit vir julle
So maklik is om te verstaan
Met aardse ouers
Hoekom dan so moeilik met My?

Ai kinders van My hart
Luister asseblief hier
Hoekom gee julle altyd so vinnig op op My
Hoekom verstaan julle nie altyd wat Ek vir julle wil leer

Abba se kinders
Kom luister asseblief na My hart
Kom hoor hoe Hy klop
En gee asseblief om

Ja sê Abba-Vader
My kinders
Gee asseblief om
Oor dit wat Ek vir julle vir leer

Hoe gereeld sê julle
Vir julle kinders dieselfde
Hoe gereeld sê julle vir julle kinders
Julle gaan eendag verstaan wat ek nou vir jou sê

Ja kinders
Dis altyd hoe dit is
Julle verstaan nie aldag hoekom Ek iets sê
Maar een dag gaan julle

Abba-God se kinders
Asseblief
Asseblief luister vir My
Hoor wat Ek nou vir jou sê

Ek wil jou leer kind
Ek wil jou wys
Die pad waarop jy moet loop
Sal jy My hoor?

Dis al wat Ek altyd vir My kinders vra
Sal julle loop daar waar Ek lei
Sal julle bereid wees
Om te gaan waar Ek gaan

As julle rerig sou glo
Dat Ek julle liefhet
Sou dit vir julle
Net soveel makliker wees om reg te kry

Glo My kinders
Glo My asseblief
Ek weet wat Ek vir julle instoor hou
Die mooi planne wat Ek vir julle beplan

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s