'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Twyfel-Tye

Die grootste begeerte
In my hart
Is om U elke dag
Nog ‘n bietjie liewer te hê

Want Pappa ek weet
Dis waar ek veilig is
Dis waar ek U hart hoor
Dis waar ek U liefde tasbaar voel

Ja Pappa
Daar’s baie kere wat mense dink
Dat dit net nie moontlik is
Om self van U te hoor

Abba hoekom is dit so
Hoekom dink mense
Dat ons U nie kan hoor
En dat U so vêr verhewe bo ons is

Ja ons Pappa sê
My kind dit is so
Verhewe is Ek bo almal
Tog het Ek op hierdie aarde kom loop

Ja My liefste kinders
Om vir julle te kom vertel
Om vir julle te kom wys
Julle Pappa gee om

Ja My liefste kind
Oor elke klein dingetjie in jou lewe
Gee Ek om
Die klein en die groot

Ja My liefste kinders
Pappa se kinders
Julle hoef nooit ooit bang te wees
Dat Ek op julle gaan uitloop

Kinders van My hart
Pappa se kinders
Ek weet wie julle is
En Ek weet waardeur julle elke dag gaan

Dis altyd My hart
Sê ons Pappa
Om julle te leer meer en meer
Hoe baie Ek te vertrou is

Kinders Ek weet
Ek weet dis somtyds so moeilik om te glo
Dat Ek julle liefhet
As alles sleg gebeur

Hoe kan Abba-God my liefhê sê Abba-God
Dit vra julle dikwels
So gereeld
As julle na die omstandighede rondom julle kyk

Dit is hoekom
Liefste kinders
Ek nodig het om julle te anker
In My karakter, wie Ek is

Liefste kinders
Ek weet dit is dikwels
So so moeilik om dit te bly glo
Maar kinders asseblief julle moet weet

Ja My liefste kinders
Pappa vra julle asseblief
Kyk na My
En vertrou My hart

Liefste kinders
Pappa vra asseblief
Julle moet begin om verder te kyk
As net die omstandighede wat julle altyd omring

Pappa vra
My liefste kinders
Asseblief begin om verder te kyk
Begin om My raak te sien

Sien julle My ooit
Vra Abba
In julle omstandighede
In die situasie wat vir julle bly skreeu

Ja sê Pappa-God
Dit is so baie kere sê Abba-God
Dat die situasies waarin julle julle bevind
Vir julle bly gil, julle God het julle verlaat!

Pappa se kinders
Hoekom is dit so
Hoekom voel julle dikwels verlate en so alleen
Weet julle nie dat Ek alles onder beheer het?

Kinders van My hart
Ek weet dit is dikwels
So moeilik vir julle om dit te glo
Maar kinders asseblief julle moet begin verder kyk

Julle moet ‘n Pappa-God begin sien
Sê Abba
Wat julle altyd liefhet
En altyd omgee

En ja sê Abba-God
Al gebeur daar dikwels
Goeters wat julle wil laat twyfel
Moet julle van beter weet

Kinders asseblief glo vir My
Glo My asseblief
Wanneer Ek vir jou sê
Die antwoord lê voor jou deur

Dikwels sê Abba-God
Dikwels dat Ek My kinders se vertroue in My verloor
Omdat My antwoorde
Nie op hulle tyd deurkom

My kinders asseblief
Julle moet altyd weet
Al gebeur dinge nie soos julle graag wil hê
Ek is steeds in beheer

Ja sê Abba-God, ja
Baie, baie kere
Dat Ek julle verloor
Omdat Ek nie gou genoeg na julle sin ja sê

Ai My kinders, ai
Julle moet weet
Ek is in beheer
En as Ek nee sê is dit omdat Ek van beter weet

Ja My kinders, ja
Ek weet dat julle dikwels in julle harte voel
Ek hou uit op julle
En dat Ek nie die beste vir julle wil hê

Ja liefste kinders
Sê Abba-God
Ek weet dat dit partykeer so moeilik is om te glo
Veral as jy nie jou oë op My het

Kinders, kinders asseblief
Luister en glo vir My
Is jy gereed
Is jy gereed as My Seun My aardse kinders kom haal

My liefste kinders
Julle moet gereed wees daardie dag
Die dag wat Ek My kinders kom haal
En hulle vir altyd by My gaan wees

Luister kind
Asseblief
Luister vir My
Hou jou oë asseblief op My

Ek weet dis dikwels moeilik
Ek weet julle kry dit nie altyd reg
Maar kinders asseblief glo vir My
Is Ek die een wat in jou binneste leef?

Dis dikwels sê Abba-God
Dat julle dit nie glo
Julle glo nie Ek is lief vir julle
En dit is hoekom Ek julle nie sal deurdra

Abba se kinders
Asseblief
Julle moet bly glo dat Ek julle liefhet
Dit is die Anker van jou bestaan

Ja sê Abba-God
Omdat Ek jou liefhet
Sal Ek voorsien
Nie vir enige ander rede nie

Ja God se kinders
Abba se kinders
Luister asseblief vir My
Weet jy dat Ek alles onder beheer het

Julle het dikwels seer
En trek partykeer swaar
Dan weet julle nie hoekom dit nodig is
Hoekom julle daardeur moet gaan

Abba-God se kinders
Luister asseblief vir My
Selfs die wêreld se seer
Kan Ek draai vir My eer

Ja kinders van God
Ja
Daar is niks buite My beheer
Alles kan Ek draai vir goed

Ja dikwels is dit moeilik
Partykeer kry Ek dit nie heeltemal reg
Tog is dit nie moontlik
Om My onder te kry

Ja sê Abba-God
Dikwels My kinders
Dikwels dat julle na julle omstandighede kyk
En dan moed verloor

Kinders asseblief
Julle moet dit nie doen
Julle moet verder kyk
Julle moet My sien

Glo julle rerig
Sê Abba-God
Glo julle rerig
Soos Ek graag wil hê

Kinders
Liefste kinders van My hart
Julle moenie so gou moed verloor
Julle moet aanhou loop op die pad wat na die LEWE loop

Ja sê Abba-God
Ja My kinders
Wees sterk en vol moed in julle binneste
Kyk na My

Kyk na My vra Abba-Vader
Al daai dae wat die donkerte jou bekruip
En jy nie meer veel hoop vir die toekoms het
Kyk net altyd na My

Ja liefste kinders, ja
Ek staan altyd gereed
Gereed om julle te help
Julle moet net begin ja sê daarvoor

Ja sê Abba-God
Baie kere dat julle moed verloor
Omdat julle nie alles
In My sterk hande wil sit

Abba-God se kinders
Luister asseblief vir My
Ek weet hoe om dinge te balanseer
Ek weet hoe om dinge bo te hou

Ja bang hoef julle nie te wees
Ja-nee
My kinders
Nie as Ek so naby is

Abba-God se kinders
Asseblief
Luister vir My
Kom soos jy is en glo

Ja glo dit vir ‘n slag
Glo dat jy goed genoeg is vir My
Glo dat Ek alles van jou af weet
En dit nogsteeds bly sê

Abba-God se kinders
Asseblief
Luister
Luister vir My

Ek is lief vir jou
Met ‘n ewige liefde
En omdat Ek lief is vir jou
Sal Ek voorsien

Dikwels mis julle My liefde
Dikwels mis julle hoe Ek voorsien
Omdat julle nie glo
Ek van alles weet

Ja julle is dikwels
Baie besig
Om julle eie plannetjies te maak
Dat julle nie altyd weet of sien waarmee Ek besig is

Ai Abba-God se kinders
Ai
Asseblief kyk vir My
Weet dat Ek ewig leef

Niks is te groot
Of te klein
Vir My om om te gee daaroor
Veral wanneer dit kom by jou

Ai My kind, ai
Sal jy dit asseblief begin glo
Veral daai donker dae
Wanneer glo moeilik is

Ai My kinders, ai
Pappa wens Ek kon julle kry
Om dit te sien
Om dit te glo

Gee My net al jou laste
Laat My toe om saam met jou daaraan te dra
Laste word lig in My teenwoordigheid
Dit kan jy maar glo

Als het die vermoë
Om splinternuut te word
Kind jou vermoë om te glo
Dit kan beslis meer word

Kind hou aan
Hou aan om nie op te gee
En jy sal sien
‘n Beloning baie groot

Ja ‘n beloning
Wat julle dikwels nie op aarde sien
Maar ‘n beloning wat wag
In die hemel daarbo

Ek is en het
Al die antwoorde op julle aardse vrae
Probleme en stryd
Al wat julle moet doen is vra

Ja asseblief
Moenie bang wees nie
Begin net glo
Dit is wat Ek vra

Kinders glo
Glo
Glo, glo
En sien of alles nie vir julle beter raak

Ek is beter as hierdie wêreld
Groter en meer
Dit is wat Ek vra
Asseblief vertrou My

Kinders van die Lig
Nader
Kom net nader aan My
En julle sal sien

Abba-God se kinders
Groter is Ek
As alle aardse probleme en stryd
Weet dit asseblief vandag

Alles maak Ek nuut
Nuut met die bloed van My Seun
En Ek trek jou deur
Deur totdat jy saam met My op hoë plekke sit

Kind Ek glo in jou
Weet dit vandag
Daar is niks wat ons nie saam kan oor
Solank as wat jy altyd glo

Die antwoorde is oppad kind
Al die nie-verstaan gaan eendag sin maak
Eendag gaan jy verstaan hoekom Ek nie vir als kon ja sê
Eendag gaan jy verstaan hoekom Ek vra wat Ek vra

Vertrou My net
Asseblief kind
Moenie altyd vrae vra
Moenie altyd eers als wil weet

Ek glo in jou kind
En Ek vra jou
Hou jou oë asseblief net op My
Die Ewige, die Enigste Een

Vir nou en altyd
Sal dit so wees
Word bly kind
En begin van vreugde sing

Word bly, bly, bly
Moenie bang wees
Ek is by jou
Om jou nie ooit te verlaat

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s