'n Seer hart, Nuwe hoop

Glo in jouself

Weet jy wie
Is die Ewige God
Weet jy wie ‘n wonderlike plan
Met jou lewe het?

Kind van Abba-God
Ek wil dit graag vandag vir jou sê
Ja veral vir jou
Wat dit vandag die minste glo

Hoekom is dit altyd so
Vra Abba-God
Dat van julle so min vertroue het
In wat julle saam met My kan doen

Ai julle moet dit nie meer glo
Al die leuens wat Satan
Julle so graag vertel
Dit is nie so

Ja sê Abba-God
Dit is so gereeld
Dat hy vir My kinders vertel
Dat hulle lewens so min waarde besit

Ai My kinders
As julle net kon sien
Kosbaar is julle aanmekaar geweef
Om op aarde groot verskil te maak

Julle lewens besit
Soveel meer waarde
As wat julle dink of besef
Wanneer gaan julle dit glo

Ai kinders van My hart, ai
Julle waarde lê so so diep
Ek bid dat julle dit
Julle eie sal begin maak

Julle moet besef sê Abba-God
Dat julle waarde veel dieper lê
As wat julle besit
Dit lê alles in wat Ek vir julle sê

Ai Abba-God se kinders
Begin glo
Dat wie julle is
Afhang van wie Ek sê julle is

Ja My kinders
Groot en diep
Is die weë in My hart
Sal julle asseblief daarop kom loop?

Ek is lief vir julle kinders
En Ek wil hê julle moet regtig besef
Dat wie julle is
In My lê

Ja liefste kinders
Ek het julle formeer
Met groot liefde aanmekaar gesit
Ek weet en ken die plan wat Ek met julle elkeen se lewens het

Kom vra dan asseblief daarna
Ja kom glo dat jy spesiaal is
En dat daar iets is wat Ek
Net in en deur jou kan en wil doen

Ja Pappa-God se kinders
Daar is ‘n plan vir elkeen van julle
Groot of klein
Dit maak nie saak

Begin glo
Asseblief kinders
Daar is iets wat Ek vir julle wil vertel
Wanneer Ek en jy ‘n kansie alleen het

Ja sê Abba-God
Ja My kind
Ek wil altyd vir jou ‘n bietjie meer oopbreek
Wat in My hart aangaan

Ek wil vir jou vertel
Meer oor die drome
Wat Ek in My hart vir jou hou
Sal jy na hulle begin vra?

Kinders die drome wat Ek
In My hart vir julle lewens hou
Is soveel groter en mooier
As die wat julle vir julle lewens het

Ja sê Abba-God
Dit is vir My lekker
Die kere wat ons saamdroom
Die kere wat jy sê Abba-God lei my

Ek love dit My kinders
Love dit
Wanneer ons bymekaar kom
En ons harte deel

Dis vir My verskriklik lekker
Ek wil hê jy moet weet
Dat Ek dit vreeslik geniet
Om saam met jou My kind aan die droom te gaan

Ai kind
Dis nie vir My lekker
Julle wat dit konstant doen
As julle wegdraai van My

Ek haat dit
Ek hou niks daarvan
Dis of die mooi-wees tussen ons
Net nie kans kry om te groei

Ai kind asseblief
Ek vra weer
Begin in jouself glo
Soos wat Ek in jou glo

Begin glo
Dat Ek ‘n mooi plan vir jou lewe het
Begin glo
Dat Ek graag wil hê jy moet hom leef

Asseblief kind
Asseblief
Begin jouself net ‘n kans gee
Begin om in jouself te glo

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s