'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

1000 vrae

Met liefde sag
Roep U my altyd nader
Vertel my so gereeld
My kind jy is so mooi vir My

Hoekom doen U dit altyd
Hoekom glo ons U so min
Abba sal U asseblief help dat ons dit nie meer doen
Maar dat ons dit rerig ons eie maak

Abba ons glo dit so min
Ons harte wil net nie
Die waarheid omvou en styf vashou
Abba hoekom is dit so

Hoekom glo so min van ons
Dat ons lewens waarlik waarde dra
Hoekom wil so min
Rerig in U voetstappe loop

Abba-Vader
Ek weet nie
Maar U weet
U ken die liedjies wat ons harte sing

Altyd gee U weer nuwe hoop
Vertel ons so gereeld
My kind weet jy
Dat Ek ‘n mooi plan met jou lewe het

Ja My liefste kinders
Altyd is dit so
Daar is nie een wie Ek in My groot liefde
Ooit oorsien

Ai liefste kinders
Julle moet rerig begin om dit te glo
Julle lewens dra soveel waarde
Sal julle, My kind sal jy dit glo

Want ja sê Abba
Sien
Sien dis al wat Ek rerig
Van julle nodig het

Kinders wat glo
My kinders
Kinders wat hulle Pappa glo
As Hy so vra

Pappa vra
Hy wil weet
Hoekom My kinders
Hoekom is daar soveel vrae in julle hart

Julle vra altyd so baie vrae
Sê Abba-Vader
Hoekom is dit so My kinders
Hoekom wil julle nie glo dat Ek al die antwoorde het?

Pappa se kinders
Asseblief
Julle moet begin om My te vertrou
Met die vrae wat in julle harte lê

Ja sê Abba-Vader
Ek weet dis dikwels moeilik
Om dit reg te kry maar kinders
Julle moet weet dat julle wel kan

Ja sê Abba-God
Julle kan My deel-maak kinders
Van dit wat in julle harte aangaan
Van die seer wat daarbinne lê

Abba se kinders
Rerig
Kan Ek julle vra
Moenie meer so aangaan

Asseblief
Begin om My te vertrou
Met wat in jou binneste lê
Moenie meer terughou

Kind Abba vra
Ek wil jou vra
Hou asseblief op om jou so sterk te hou
Ja kom gee My asseblief al jou seer

Abba se kinders
Vertrou julle My
Waarlik, vanuit die hart
Ek wil dit graag vir julle vra

Kinders My hart is seer
Sê Abba-Vader
As Ek sien hoe julle deur hierdie lewe loop
Nooit vra Pappa kan U my asseblief help

Pappa vra
Kinders van My hart
Begin om jou hart te deel
Begin My toelaat om jou hart te heel

Liefste kinders
Pappa weet, Pappa verstaan
Daar is baie dinge in hierdie wêreld wat seermaak
Ek is nie een daarvan

Ja My kinders
Pappa weet
Julle verstaan nie al die seer
Julle wil graag weet

Kan Pappa, Ek
Vandag vir julle iets vertel
Kinders as iets seermaak
Weet asseblief dit is nie Ek

Ja sê Abba-God, Pappa-God
Ek kan baie doen met die seer in hierdie wêreld
Goed daaruit bring
Maar kinders dis nie wie Ek is nie

Ek is nie Pyn nie
My liefste kinders
Pappa-God vra julle rerig
Om dit te glo

Begin asseblief om te luister na My
Vra Abba-Vader
Begin om te glo dat Ek waarlik vir julle is
Begin dit glo My kinders want dit is hoe dit is

Ek is baie lief vir julle
Kinders julle sou dit skaars kon glo
As julle net kon sien
Hoe diep My liefde vir elke mens lê

Ja sê Abba-God
Soveel groter as julle verstaan
Soveel groter as wat julle glo
My liefste kinders asseblief

Begin om na My te draai
Kind
Asseblief
Vir ‘n slag begin om dit te doen

Ek glo in jou
Kind
Soveel, soveel meer
As wat jy glo

Sal jy asseblief begin
Om My kans te gee
Om My te glo
Om jou lewe met My te deel

Liefste kind Ek glo
Ek glo so in jou
Weet dit liefste kind
Seun en dogter van God

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s