'n Seer hart, Blinde oë, Liefde so groot

Spore van geloof

Weet julle wie regeer
Weet julle wie Koning
Van die wêreld is
Ja die Enigste Een

Niemand is daar soos my God
Verhewe bo alle ander
Die Een wat ewig leef
Die dood, graf en hel oorwin

Abba-God se kinders
Julle moet asseblief saam met my
Begin glo en aanhou glo
In die God wat ewig is

Nooit meer hoef julle bang te wees
Sonde en seer
Het Hy aan Sy lyf gedra
Sodat ons elkeen vry kon wees

Sal julle asseblief saam met my
Lofliedere begin sing
Aan hierdie wonderbare Koning
Die Een wat sonder gelyke is

Wonderbare Koning
U het my hart kom wen
Lankal al aan die kruis
Maar nou nogsteeds

Ja Abba-God
Om U so naby te hê
Dit beteken so baie vir my
Ek wil graag dankie sê

Kinders van Pappa
My kinders
Begin asseblief glo dat Ek reeds van julle weet
En dat daar niemand soos julle vir My is

Ja sê Abba-God
Ek is groot
Maar Ek is ook genadig
Julle moet dit onthou

Heelwat van My kinders
Sê Abba-God
Leer konstant van My
Maar hulle weet nie wie Ek in verhouding is

Abba-God se kinders
Asseblief kom net nader, luister vir My
Nader aan My hart
En nie net aan wat jy wil hê

Baie kinders
Sê Pappa
Wat partykeer vir My vies bly
Oor wat hulle nie kon kry

Abba-God se kinders
Asseblief
Kan Ek julle vra om getrou te bly
Aan die karakter van wie Ek is

Ja sê Abba-God
Vir julle wat aanhou vertel
Dat Ek nie is wie Ek sê Ek is
Julle is verkeerd oor My

Ek is en soveel beter
As julle net wou glo
Sou julle sien
As julle net wou nader kom

My kinders asseblief
Ek vra julle
Begin om te glo soos julle Pappa glo
En julle sal sien

Julle is My vreugde
Sê Abba-God
Julle wat My so uitbundig en met opregtheid dien
Julle wat My waarlik liefhet

Ai kinders
Abba-God waardeer dit so
En Ek wil dit graag vir julle sê
Sal julle My glo?

Sal julle vra Abba-Vader
Julle planne neerlê vir Myne
Dit sê Abba-God
Is die sleutel van ware geloof

Ja sê Abba-God
Dis maklik om te sê
Ek glo in God
Maar wat as ook jou spore so moet begin sê

Ja sê Abba-God sien
Sien My liefste kinders
Julle is ‘n voorbeeld van wie Ek is
Maak nie saak waar julle gaan

Ja sê Abba-God
My liefste kinders
Julle wat so graag verkondig
Ek is julle God en dat julle aan My behoort

Abba se kinders
My kinders
Asseblief onthou
Julle is die Lig wat Ek in hierdie donker wêreld skyn

Ja My liefste kinders
Pappa weet
Julle wil dit nie aldag hoor
Maar dit is hoe dit is

Kinders asseblief
Pappa vra
Glo My
Glo My asseblief as Ek julle vra

Ek is die Lig
Wat in hierdie donker wêreld
Deur My kinders
Aan die wêreld rondom skyn

Ek glo in julle
My kinders
En Ek weet dat as julle My net wou toelaat
Ons soveel meer saam sou kon regkry

Abba-God se kinders
Asseblief luister vir My
Pappa vra
Kom word liewer vir My

Begin vra sê Abba-Vader
Hoe My plan vir jou lewe lyk
Begin vra My kind
Dat Ek jou asseblief sal help om elke dag meer op hom te loop

My liefste kinders
Pappa glo in julle
En rerig Ek vra
Kom net na My

Nog meer kind
Nog dieper
Pappa vra
Kom nader

Julle weet nie waarop julle uitmis kinders
My kinders
Liefste kinders van My hart
Julle wat net nooit nader kom

Ek het julle al gevra
Ek vra dit so gereeld
Kom net kinders
Asseblief doen soos Ek vra

Julle hoef nie ‘n sekond terug te hou
Wanneer dit by My
En My liefde vir jou kom
Kind van God Ek weet van jou

Vervalle en verlore wêreld
Ek vra jou
Vra Abba-God
Kom nader en kom vind die ware God

Ja
Die God van hemel en aarde
Die God wat alle dinge in Sy totale beheer hou
Die God wie geen taal of tyding kan ontsenu

Oe My kinders, oe
Ek glo so baie
Ek weet so baie
Dat ons saam ‘n verskil in hierdie wêreld kan maak

Liefste kinders
Asseblief
Julle moet net begin om julle poste op te neem
En verantwoordelikheid te begin dra

Ja sê Abba-God
My kinders Ek weet julle weet
Verantwoordelikheid neem
Is een van die moeilikste goed om aan kinders te leer

Ja sê Abba-God
Dit is omdat julle altyd vra
Maar hoekom moes ek?
Dit is nie my werk?

Abba-God se kinders
Asseblief
Ek wil julle begin vra
Om waarlik met oorleg te begin leef

Ja sê Abba-God
Begin vir jouself vra
Wanneer jy na die wêreld kyk
Wat kan ek beter maak?

Ja My liefste kinders
Dit is baie kere
Baie eenvoudiger
As wat julle dit maak

Julle maak dit partykeer
‘n Onmoontlike taak
So moeilik om uit te voer
So moeilik om te probeer

Ai My liefste kinders, ai
Pappa wil julle rerig vra
Om net te probeer
Om hierdie wêreld ‘n beter plek te maak

Ai My kinders, ai
Die wêreld het genoeg suurknolle
Hulle het nie nodig dat ook My kinders
Aan dieselfde simptome lei

Pappa se kinders
Ek vra
Begin My liewer kry
En dan sal julle sien dat dit sommer self gebeur

Ja sê Abba-God, ja
Julle sal sien en begin ervaar
Dat so baie goed nie meer moeite is
Wanneer jy My waarlik lief kry

Ja sê Abba-God
Om My liewer te kry
Is soveel makliker
As wat julle dit maak

Julle maak dit moeilik
Maar eintlik is dit so bevrydend
Julle maak dit swaar
Wanneer dit eintlik so lig is

Kom net nader My liefste kinders
Asseblief
Dit is wat Ek vra
Glo My

Glo My
Glo My
Glo My
Kind dit is wat Ek vra

Die lewe maak julle
Soveel beter vir julself My kinders
Wanneer julle My toelaat
Om julle vry te maak

Ja My kinders asseblief
Begin my vry maak Pappa
Van alles wat my vashou
Laat dit julle gebed wees

Ai kinders
Soveel vryheid wat op julle wag
Vry en lig soos ‘n vlinder wat vlieg
So is hoe dit vir julle sal wees

Selfs al voel julle met tye
Dit is te swaar
Moet julle weet
Daar is niks wat Ek nie kan ligter maak

Laste word lig
In My teenwoordigheid
Kinders julle moet dit weet
Kinders julle moet asseblief leer

Kinders glo in My
Asseblief
Moenie dat dit net woorde bly
Ek wil hê julle moet aanbeweeg

Ek wil hê kinders
Julle moet uitkom by alles vir julle voorberei
Die mooi, die lekker, die diepte
Die alles van wie Ek is

Pappa se kinders
My hart is sag
Sag teenoor veral die
Wat ook hulle harte sag hou vir My

Sal julle asseblief hierdie mooiste les leer
Sal julle leer dat Ek omgee
Dat Ek waarlik in beheer is
En dat daar niks is wat Ek nie kan doen

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s