'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Altaar van Oorgawe

Met woorde sag
Kruip U tot binne in my hart
U hart is sag
U wag op my

Dankie Abba-God se kind
Dat jy altyd opdaag
Dat jy gereeld kom kuier
Dit beteken vir My so baie

Dankie Abba-God se kinders
My kinders
Dat julle omgee om te hoor
Dat julle wag op My

Liefste kinders
Asseblief
Ek wil julle vra om nie ooit op te hou daarmee
‘n Mens kan nie genoeg van dit kry

Ja sê Abba-God
My kinders
My hart is so diep
Ek wens julle kon sien

Daar is altyd meer
My liefste kinders
Dit is hoekom Pappa julle vra
Om asseblief aan te hou opdaag

Pappa daar is soveel vrede in U
Soveel rustigheid wat ek voel om my vou
Wanneer ek na U toe kom
Kies om op U te wag

Dankie liefste Pappa
My God
Dat U ook altyd bly opdaag
Die mooiste lesse is by U te leer

Pappa dankie
Sommer net vir wie U is
U genade is so groot
U liefde baie mooi

Pappa dankie
Dankie dat U bly opdaag
Dit beteken so baie vir my
Maak my hart geweldig bly

U is die grootste God
Tog is daar niks
Wat U ooit sal keer
Om tyd met U kinders te spandeer

Pappa-God dankie
Dankie dat U altyd trou bevind word
In die storms van die lewe
Is U altyd daar

Dit is U wat U kinders
Elkeen van ons
Bly deurdra
Dis U wat ons krag en sterkte is

Abba sal U asseblief minder maak
Al die vrese in ons harte
Die vrese wat vir ons bly vertel
Dat U nie altyd daar is

Abba-God, liefste God
Ons wil dit van ons afgooi
Ons wil vir die vyand bly sê
Oe jy is so verkeerd

Want ja liefste Abba
Daar is niks ooit wat naby U sal kom
U is die Ewige God
Die Enigste Ware Een

Abba-God ons bring dan
Ons harte voor U Troon
Abba ek wil U bly vra
Sal U asseblief U waarheid meer daarop skryf

Want ja liefste kinders
Dit is wat gebeur
Elke keer as julle opdaag
Om van My te hoor

God se kinders
Asseblief
Luister vir My
Julle Pappa weet waarvan Hy praat

Abba-God se kinders, My kinders
Luister asseblief vir My
Kom nader
Kom hoor My hart

Ja Abba-God se kinders
Ek het nodig dat julle
Glo soos wat Ek glo
Dinge sien soos wat Ek sien

Ja Abba-God se kinders
Luister
Daar is nie tyd vir verkeerd-wees
As Ek julle wil lei

Abba-God se kinders
Sal julle asseblief nader kom
Sal julle kom leer
Dat Ek naby is

Ja sê Abba-God
Baie nader My liefste kinders
As wat julle baie kere dink
Vertrou My

Vertrou My
Sê-vra Abba-God
Vertrou My kinders
Om vir julle die regte weg aan te dui

Ja kinders van My hart
Pappa vra
Kom nader
Kom net nader aan My

Ek wil hê julle moet bieg
Sê Abba-God
Altyd
Dat julle My die nodigste het

Ja sê Abba-God
My kinders
Dit is hoe die mooiste wonderlikste goeters
Hier op aarde kan bly gebeur

Abba-God se kinders
Asseblief luister vir My
Lê julle lewens voor My altaar neer
En vra My om die rigting aan te dui

Ja sê Pappa-God
Die weg na My huis
Julle ewige tuiste
Pappa-God vra sal jy?

Ja Abba-God se kind, ja
Dit is nodig dat julle My vra
Om die regte rigting aan te dui
Dis nie iets wat sommer net gebeur

Abba-God se kinders
Jou hart is seer
Ek weet
Dis hoekom jy sukkel om My te vertrou

Abba-God se kind
My hart is saam jou seer
Weet jy dit vandag
Dat Ek omgee oor jou

Ja liefste kind, ja
Die lewe se seer het jou so seergemaak
Dit voel dikwels vir jou
Asof jy uitmekaar bly val

God se kinders asseblief
Luister vir Pappa
Dis nie nodig dat julle, julle bly patch
Met die wêreld se verkeerde raad

Ai Abba-God se kinders
Verstaan julle nie
Pappa-God ken seer
Ek was ook al stukkend binne-in

Ja sê Abba-God
My kinders
Dis dikwels wat julle bly dink
Ek verstaan nie die seer waardeur julle gaan

Abba-God se kinders asseblief
Luister vir My
My Seun se seer
Ek het dit saam met Hom gedra

Die seerste seer wat ‘n mens kan dra
Het My Seun aan die kruis gedra
Die dag toe julle vir die sonde in die wêreld ja sê
Die dag toe die wêreld se mense hulle rüe op My draai

Ja sê Abba-Vader
My kinders
Ek verstaan pyn
In die ergste graad

Moenie dat die vyand
Vir julle liegstories vertel nie
Moenie dat hy vir julle vertel
Ek weet nie waarvan jy praat

Ai kinders asseblief
Glo My bietjie vir ‘n slag
Weet dat Ek altyd daar is
Om julle uit te lei

Ja sê Abba-Vader
Uit die donkerste nag
Ek weet hoe
Ek was al daar

My kinders
Ek glo nie julle weet nie
Maar Ek wil dit graag vir julle sê
Sal julle vaster aan My hou?

Ja Abba-God se kinders
Daar is te veel van julle
Wat nie aanhou glo
Wanneer donker dae met julle gebeur

Abba-God se kinders
Dit is die verkeerdste ding
Julle moet asseblief nie meer so maak
Maar altyd julle oë op My bly hou

Ek weet waarmee Ek besig is
Sê Abba-God
Met soveel maar tog ook
Elke stukkie van jou

Ja sê Abba-God
My kinders
Ek weet, Ek verstaan
Elke deeltjie waar dit jou aangaan

Baie min mense wat dit glo
Baie min mense wat dit weet
Baie min mense wat Ek kan deurdra en help
As julle nie bly glo

Julle moet dit asseblief nie meer doen
Vra Abba-Vader
Julle moet asseblief altyd bly glo
Ek is altyd daar

Julle mag dit nooit vergeet nie kinders
Dis julle Anker, die hoop waaraan julle moet vashou
Die Rots waarop julle, julle huis bou
My kinders dis Ek, altyd Ek

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s