Genade-groot
Het my kom haal
Ek is so bly en dankbaar
Ek kon ja daarvoor sê

Ja sê Abba-God
Dit is altyd ‘n voorreg
Om My kinders te gaan haal
Om hulle nader te nooi

Ja sê Abba-Vader
Ek weet
Daar is kinders wat glo
Dat dit sommer net gebeur

Nee liefste kinders
Elkeen van julle het Ek baie spesifiek kom haal
Met elkeen van julle se lewens
Het Ek ‘n spesifieke plan

Ja sê Abba-God
Kinders daar is van julle wat nie verstaan
Dat dit rerig beter is
Om God aan julle sy te hê

Ja sê Abba-God
Kinders dis altyd beter
Om julle oë op My te bly hou
Om nooit op te gee

Ek weet van julle is seer
Ek weet dat van julle My blameer
Ai kinders dis nie altyd My skuld
As slegte goed gebeur

Kinders van Abba
Asseblief luister na My hart
Kom nader
Aan dit wat Ek voorberei het vir jou

Dis nooit My hart
Sê ons liefdevolle Abba-Vader
Om My hand na julle uit te strek
En nie vir julle te wys waarheen julle moet gaan

Ja sê Abba-God, ja
Altyd maar altyd
Sal Ek vir julle die pad bly aandui
Sal julle volg waar Ek lei?

Dis eerder sê Abba-God
Die vraag waaroor Ons wonder
Die vraag oor of jy getrou gaan bly aan My
Eerder as Ek aan jou

Ja sê Abba-Vader
Kinders dis hoe dit werk van die begin
Die lojaliteit wat getoets word
Harte wat wegdraai van My

Ek wil hê sê Abba-Vader
Dat dit nie meer so sal wees
Ek wil hê dat jy sal weet
Ek is die waardige God

Ek is die Een wat julle vashou
Sê Abba-God
Nie die een wat ooit My rug op julle draai
Dit sal nie Ek wees daai

Ai kinders, ai
Van My hart en die wêreld
Sal julle elke tree
Net nader kom aan My

Ja sê Abba-God
Elke tree
Dink aan My en wat Ek aan julle gee
Wat Ek vir julle beteken

Ek weet die wêreld is groot kinders
En Ek weet daar is baie verkeerd
Maar julle moet asseblief
Julle oë op My bly hou

Ja kinders, ja
Van die oggend vroeg
Tot saans laat
Ek is altyd daar

Die ewige mooi Een
Die Een wat altyd getrou is
Die Een wat in julle harte woon
Die Een wat altyd naby is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s