Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Vertrou dieper

Weet julle dat Ek
Nooit ooit op julle sal opgee
Weet julle dat dit net nie vir My
Moontlik is om dit te doen

Ja sê Abba-God daar is baie groot
Mooi en wonderlike drome in My hart
Wat op vervulling wag
In die lewens van My kinders

Ja sê Abba-God
Daar is baie wat Ek wil en kan doen
As julle My net ‘n kans sou gee
Om vir julle te wys

Kinders dis tyd dat julle
Asseblief ‘n bietjie meer glo
Asseblief julle moenie meer so bang wees
Om net nader te kom

Abba-God se kinders
Asseblief luister vir My
Daar is drome in My hart
Wat Ek met julle wil deel

Sal julle asseblief begin vra
Vader sal U my asseblief meer begin wys
Sal U my asseblief wys en leer
Hoe U plan vir my lewe lyk

Ja sê Abba-God
Kinders dikwels lyk dit nie dieselfde
Dit wat jy vir jou kind beplan het
En hoe Ek graag wil hê dinge moet wees

Ja sê Abba-Vader
Asseblief
Kinders moet dit nie meer doen
Ek is die waardige een

Daar is baie kere sê Abba-God
Wat Ek verlief moet neem
Met julle drome en planne vir julle lewe
Ek kry dan glad nie My voet in die deur

Kind sal julle asseblief begin vra
Pappa wat is U wil en plan vir my lewe
Sal U my asseblief elke dag
Dieper daarin lei

Kinders dis maar al
Wat julle moet doen
Julle moet My vertrou
En julle planne vir julle lewens neerlê

Ja sê Abba-God
Ja My kind
Ek weet dis nie altyd maklik
Maar julle kan dit doen

Wees net sterk in julle binneste
Vertrou My
En al die res sal uitwerk
Ek beloof

Abba-God se kinders
My kinders
Asseblief
Bly kyk na My

Moet nooit ooit bang wees kinders
Om My dieper te vertrou
Dis een van die mooiste dinge
Wat enige iemand ooit kan doen

Wys na My
Kyk na My
Vertel jouself dit gereeld
En weet dat Ek die antwoord bly

Julle hoef nooit ooit bang te wees nie
Kinders asseblief hoor My
Vul julle harte met vreugde
Soos wat julle elke dag vir My bly wag

Ja wag net sê Abba-God
Op My en My grootheid in jou lewe
Moenie ooit kind
Bang wees daarvoor

Om nader te kom
Bly mooi
Vra enige een van My kinders
Wat dit bly doen

Hou aan daarmee kinders
Om julle planne neer te lê
En Myne op te tel
Dit is waarlik mooi

Die beste kom nog kind
Asseblief hou dit aan glo
Moenie ooit opgee
Ek weet wat die beste is vir jou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s