Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Skatkamers

Die een wat die aandsterre
In die maanlig
In Sy hande hou?
Dit is my mooiste God

Die een wat die uitspansel
En heelal meet
Met die breedte van Sy hand?
Dit is my God, die mooiste een

Ek wens ek kon julle meer vertel
Maar eintlik wil ek net sê
Jy sal ‘n baie wyse besluit neem
As jy vir Hom ja sou sê

Ja sê Abba-Vader-God
Dis maar al wat Ek altyd, so gereeld
By kinders en mense van die wêreld soek
Hulle harte se oorgawe aan My

Ai kinders, ai
Julle het al so gewoond geraak daaraan sê Abba
Om julle oë nie meer op My te hou
Maar alles en almal rondom

Kinders van My sê Abba
Kinders van die wêreld
Ek wil julle vra sal julle asseblief besin
Sal julle My asseblief ‘n kans gee

‘n Kans om net vir jou te wys
Wie Ek is
En wat jy kan doen en behaal
As Ek Koning van jou lewe is

Ja sê Abba-Vader
Dit sal jou verstom
Die drome wat Ek vir julle lewens koester
Dit is waarlik groter

Ja sê Abba-God
Ja Ek weet
Baie min mense wat dit eintlik glo
Baie min mense wat dit sal probeer

Ja sê Abba-God, ja
Ek verstaan
Dis moeilik vir julle om te glo
As julle nie kan sien

Abba-God se kinders
My kinders
Ek wil julle vra om asseblief te besef
Julle moet glo voordat julle ooit sal sien

Ek weet dis tough sê Abba-Vader
Ek weet dat julle dikwels nie wil probeer
Maar kinders julle kan
As julle net wou glo

Moet nooit bang wees
Sê Abba-Vader
Om te laat gaan van dit wat was
Sodat jy kan uitkom by dit voorberei

Ja kinders sê Abba-God
Let go and let God sê julle gereeld
Maar hoekom is dit, dat julle dit nie waarlik doen?
Vir vele bly dit net woorde

Kinders asseblief
Moet dit nie meer doen
Vergewe dit en als wat jou terughou
Kan ons oorbegin?

My liefste kinders
Al hoe julle gaan uitkom by dit vir julle voorberei
Is as julle glo
Hoekom is dit vir party van julle so moeilik om te doen

Mens sou sê Ek vra julle die onmoontlikste
Die moeilikste maar kinders dit is nie
Dis net julle vlees
Wat nie vir julle gees teuels wil oorgee

Ja asseblief
Abba-God se kinders
Doen dit asseblief meer gereeld
Vra My om My oog oor julle te hou

Ja sê Abba-Vader
My kinders Ek het julle toestemming nodig
Om julle die regte rigting te wys
Veral van julle wat dit nie altyd wil hoor

Moet jou hart asseblief nie hard hou nie
Sê Abba-God
Vergewe gou
Dit is die woorde in My Woord

My kind Ek vra dit van jou
Want Ek het nodig dat jy glo
Ek het nodig dat jou hart sag word
En jy rerig weet wie jy in jou lewe het

Ja sê Abba-Vader
Liefste kind
Kom nader
Laat My toe om Myself voor te stel

Ewige God
Vredevors
Die Een wat oor alles en almal troon
Die Een wat jou styf in die holte van My hand hou

Bly dan glo sê Abba-Vader
Moenie ooit daarvan wegbeweeg
Die krag van glo sal julle net ontdek
As julle aanhou daarmee

Ja kind, ja
Glo dit asseblief
Glo dit gereeld
Weet dat dit so is

Julle liefde diep
Is mooi en spesiaal vir My
Kan Ek vra dat jy dit
Ook aan die om jou sal uitdeel?

Ja so eenvoudig is dit
Sê Abba-God
Dikwels wat julle dit nie glo maar dit is hoe dit is
Glo sê Abba-God, glo en julle sal sien

Die beste is voorberei
Uit die troonkamers van die hemel
Die engele is reg om uit te deel
Sal julle glo?

Ek is reg om uit te deel kinders
Kom nader, kom wag op My
Ek wil vir julle gee
Is julle reg, om te ontvang?

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s