'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Laat die skanse val

Ek wag vir jou kind
Ek wag altyd vir jou
Dankie dat jy opdaag liefste kind
Dat jy altyd kom hoor

Pappa se kinders
Dit beteken vir My altyd so baie
As julle tyd uitkoop
Om saam met My te wees

Dankie dat julle dit bly doen
Kinders julle wat dit gereeld doen
Dit beteken rerig soveel vir My
Die wêreld en veel meer

Kinders van My hart
Liefste kinders
Julle wat dit nie meer doen
Julle wat niks meer daarvan wil weet

Hoekom het julle opgehou opdaag kinders
Wat het vir julle
Pappa-God vra
Belangriker geword

Ja My liefste kinders
Pappa vra
Want Ek wil graag weet
Sal jy asseblief My liefste kind weer nader kom

Ek weet sê Pappa
Dat julle My dikwels verkwalik
Vir dinge wat gebeur
Ek weet dat dit dan dikwels tussen ons bly staan

Pappa se kinders
Asseblief
Pappa wil julle vra
Kom net weer nader aan My

Kom lê asseblief neer
Sê-vra Abba
Daardie seer in jou hart
Wat jy teen My bly hou

Ja sê Pappa
Kinders Ek weet
Dis iets wat so gereeld gebeur
Kinders wat iets in hulle harte teenoor My hou

Pappa se kinders asseblief
Ek wil julle vra
Ons moet deur daardie struikelblokke teenoor My
In julle harte bly werk

Ja Pappa se kinders
My kinders
Pappa wil vra
Dit mag nie ‘n struikelblok bly

Kinders
Dit bou mure tussen ons
Mure wat Ek nie wil hê moet daar wees
Mure wat verseker nie daar moet bly

Pappa se kinders asseblief
Ek weet en verstaan
Dit is seer
Maar kan Ek julle vra om net na My te bly kyk

Ja Pappa se kinders
Pappa verstaan
Dikwels wil julle bly wegkruip
Weghardloop omdat dit seer bly

Kinders Pappa weet
En Ek verstaan
Daar is goeters wat julle nooit aan die kant van die ewigheid gaan verstaan
Maar sal julle My hart teenoor julle vertrou

Pappa se kinders
Ek weet
Dis dikwels vir julle te seer
Om aan te hou bly vashou

Pappa se kinders Ek verstaan
Dikwels wat Ek wens
Kon Ek nie maar vir My kinders alles wys
Sodat hulle kan verstaan

Maar liefste kinders
Ek kan nie
Nog nie sê Pappa
Die tyd is nog nie reg

Al hoe Ek julle kon
En kan bly terugbring
Is deur julle geloof in My
Julle moet eers glo, dan sal julle sien

Ja sê Pappa
Dis die weddenskap tussen lig en donker
Ek moet julle laat glo Ek is daar
Hy moet julle laat glo Ek is nie daar

Dit is kinders
Wat tussen ons bly staan
Julle geloof moet eers bly glo
Ek is wie Ek is

Dit is liefste Pappa se kinders
Hoekom Ek julle altyd eers bly vra
Hou aan glo
Hou aan glo Ek is wie Ek is

Ek weet kinders
Pappa vra
Dat dit moeilik is
Maar sal julle bly vertrou

Pappa se kinders
Ek glo
Moet in julle harte wees
Dit mag julle nooit verlaat

Ja sê Pappa vir Sy kinders
Ek het julle gemaak met ‘n rede en ‘n doel
Ek het gebid en gewens
Dat julle altyd Myne sou wees

Kinders, liefste kinders
Pappa vra julle net
Asseblief vertrou My diep
Laat toe dat jou geloof wortels groei

Ja sê Pappa, ja
Diep moet hulle groei kinders
Diep, net soos die grootste bome s’n
Waaronder julle dikwels gaan sit

Ek weet sê Pappa
Dat Ek baie vra
Ek weet dis nie altyd maklik
Maar glo soos ‘n kind is wat Ek van jou vra

Ek wil vra kind
Dat jy so oop
En ontvanklik sal wees voor My
Soos ‘n kind voor sy ma en pa

Ja liefste kind
Soos wat ‘n klein kind voor sy ouers staan
Sy arms swaai en sê pappa, mamma tel my op
Wil Ek dieselfde van jou vra

Pappa se kinders
Ek weet
Ek weet dis nie aldag maklik
Maar dis voorwaar die beste ding wat julle kan bly doen

Hou julle harte opreg kinders
Asseblief hou dit so skoon
Ek wil nie hê vra Pappa
Dat verkeerd-wees op julle sal kom sit

Nee sê Pappa
Liefste kinders
Julle moet dit altyd van julle af laat afval
My kinders dit mag nie beheer kry

Ek weet sê Pappa
Dat dit dikwels gebeur
Maar kinders julle moet dit
Asseblief nie meer toelaat

Ek gee om vir julle kinders
Sê Pappa-God
En wanneer Ek dit vra
Vra Ek dat julle rerig hoor

Asseblief liefste kinders
Sal julle kom hoor
Ek gee om vir julle
En Ek glo meer in julle as wat enige een ooit kon

Pappa se kinders
Ek vra julle weer
Asseblief vertrou My hart
Vertrou wie Ek binne is

En selfs My kind
Al het jy nie al die antwoorde nie
Kan jy na My bly kyk
Omdat jy weet dat Ek jou nooit in die rug kan steek

Pappa se kinders
Dis My karakter
Dis wie Ek binne is
Dis wat die meeste tel

Asseblief kind
Asseblief
Kom glo dat Ek vir jou is
Kom glo dat Ek jou styf in My hand vashou

Nie om te beseer
Maar om, om te gee
Geloof in My word altyd
Met die mooiste mooi beloon

Asseblief kind van My hart
Hou aan glo
Pappa is by jou
Ek weet van jou

Nie om jou ooit te verlaat
Maar om jou stywer vas te hou
Asseblief kind, asseblief
Vertrou jou Pappa se hart

Kort voor lank sal jy sien
Ek het nie terug gehou
As ook net jy My kind
Kies om dieselfde te bly doen

Jy mag jou oë nie van My afhaal kind
Jy moet asseblief altyd na My bly kyk
So kan Ek jou bly deurdra
Dieper in hierdie pad van geloof inlei

Geloof is altyd mooi
Liefste kind
Al lyk dit nie altyd so
Sal dit jou die mooiste vrugte laat pluk

Julle kan My hart
Bly vertrou
My hand altyd
Stywer bly vashou

Ek weet van julle kinders
Ek weet altyd so van julle
Dit kan julle gerus maar altyd weet
Die seer in julle harte vir My bly bring

Hou op kind asseblief
Om seer te maak
Omdat jy seer het
Dit maak niks beter

Dit breek inteendeel net
Dit skeur die vertroue tussen ons net in twee
Kind Ek het nodig dat jy My vertrou
Ek wil dit van jou vra

Breek die skanse tussen ons twee se harte
Asseblief af kinders
Met die woorde van geloof
Wat Ek jou vra om te spreek

Sê vir die duiwel
Vertel dit aan hom
Dat jy My sal vertrou
Al is Ek nie die enigste een nie

Sê vir hom kind
Dat jy My kies
Dat jy My
Sal bly vertrou

Dit is wat Ek vra
Wees lief vir My kind asseblief
Tot al die mure tussen ons afgebreek is
Omdat jy bly vertrou

Ek glo in jou kind
Pappa wil vir jou vra
Sal jy in My bly glo
So kan Ek oor en oor bewys dat Ek altyd vir jou is

Selfs al is daar tye kinders
Wanneer julle dit sterk betwyfel
Wil Ek vra
Hou net vas en jy sal sien

Hou net vas
Is so die geheim
Van vele deurtrekke
Van vele ek-sal-dit-maak’s

Hou net vas kind
Hou net vas
En jy sal sien
Tot die einde … Ek was altyd daar

Selfs al vertel die wêreld
En sy omstandighede
Dikwels iets anders as wat Ek van julle vra
Moet julle na My bly kyk

Ja sê Pappa
Kinders
Moenie laat die wêreld julle aftrek nie
Kyk op na My

Ek sal julle bly deurdra
Kinders
Deurdra is My Naam
Sal jy dit asseblief weet

Ja nooit sê Pappa
Wat Ek My rug
Op jou sal kan draai
Kind dit is net geen opsie nie

Hou asseblief aan
Om na My te kyk
Die Ewige
Die Een wat nie kan wankel nie

Voor tyd
Was Ek alreeds gewees
Lank na tyd
Sal Ek nogsteeds bestaan

Ai kinders, ai
Pappa vra
Kyk in geloof na My
En weet geloof word beloon

Ja sê Pappa-God
Ja dit is so
Hoe sê die Woord
Kyk na My, vertrou My

Niemand wat nie in geloof kom
Sal My ooit kan behaag nie
Sê Pappa
Dit is so

Kinders Ek wag vir julle
Sal julle, julle geloof asseblief in My kom plaas
Breek af daai mure van twyfel tussen ons
Asseblief kind, kies vertrou

Ek weet van julle sê Pappa
Ek weet van julle
En Ek gee om
Asseblief kind weet dit altyd

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s