'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Lewenslessie

Hier diep in my hart
Bly die begeerte
Sal U asseblief Abba-Vader
Meer en meer daarbinne woon

Ek weet dis iets
Wat nie baie mense bid
Tog wil ek julle aanmoedig
Om dit meer en meer te doen

Ja liefste kinders van My hart
Om My toe te laat
Om daarbinne te woon
Is die mooiste mooi

Soveel mooi dinge gebeur
Wanneer julle dit doen
Kinders moet My nie meer uithou
Asseblief

Ek wens ek kon julle vertel
Sê Abba-Vader se kind
Van die vreugde, die vrede in my hart
Omdat Jesus self daar woon

Nie altyd was dit so
Sê Abba se kind
Ek wens dit was vroeër het ek al baie kere gedink
Tog is ek so dankbaar ek kon vind

Die lewe is net nooit ‘n mors
As mens vir Jesus na binne nooi
o Nee
Nie ooit kan iemand verkeerd gaan

Ek wens ek het dit toe geweet
Ek wens dit was toe al mooi
Kind Ek kan nou nie die horlosie terugdraai
Maar Ek kan dit ‘n lessie maak waaruit ander sal leer

Ja liefste kinders
Van My en andersom
Ek vra julle
Kom woon in My hart

Ek vra julle om te vertrou
Ek vra julle om een te wees met My
Kinders ek kan, ek gaan
Dit moet julle gebed wees

Liefste kinders
Niks sê Pappa-God
Is daar wat Ek nie kan doen
Sal jy asseblief vertrou?

Die kettings wat jou gevange hou
Die kettings van die verlede
Kinders Ek sal dit breek
Met My krag, Gees en Seun se bloed

Oe niks is daar wat Ek nie kan doen
Ek wil julle vra, weer
Kom vra na My
Na meer van My

Kind, kinders van My hart
Almal
Kom net nader
Maak My die Koning, die een wat jou hart besit

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s