'n Seer hart, Liefde so groot, Nuwe hoop

Mooiste Ja

Vertrou My
Met jou hart en lewe kind
Vertrou My altyd
Vra Pappa-God

Dis so gereeld
My liefste kinders
Dat Ek dit van julle vra
Hoekom wil julle nie altyd hoor

Ek vertrou sê Pappa
Dat julle harte sal begin hoor
Dit wat Ek hier vra
Asseblief sê so

Vertroue in My
Kinders dit is altyd so mooi
Vertrou My hart
Vertrou Hy is goud

Ek lief julle kinders
Met ‘n liefde so groot
Sal jy My toelaat om vir jou te vertel
Dat daar geen mooier een is as jy My geliefde nie

Ja My kind
Ja jy moet dit glo
My hart is vir jou
Nooit teen jou

Ek lief julle so baie
En Ek glo in julle kinders
Meer
As wat julle ooit kan weet

Bring My julle harte kinders
Vertrou My
Diep binne
Dis wat Ek bly vra

Niemand wat My bly vertrou
Sal ooit beskaamd staan nie
Dis ‘n belofte in My Woord
Dis ‘n belofte wat Ek altyd hou

Kinders van God
Bring nader julle harte
Gebreektes en die stukkend
Ek maak hulle almal splinternuut

Ja niks kan gebeur
Sê Abba-God
Wat ooit permanent skeiding kan bring
As My Seun gesterf het vir jou

Ja liefste kinders
Liefde bring ons altyd terug
Na My hart
En wat Ek vir julle voel

Niks, niks, niks
Sê Pappa-God
Kan ons ooit skei
As My Seun Jesus die antwoord is

Ja die lewe het jou ruineer
Ek kan dit sien sê Pappa
Maar kind daar is nog hoop
Daar is altyd hoop

Solank as wat daar nog
Asem in jou longe is
Kind kan ons probeer
Om dinge reg te stel

Al wat jy moet doen is vra
Vra My net kind om jou te vergeef
En ‘n nuwe begin vir jou te gee
In My Seun

In My Seun se bloed en kruisdood
Is en sal daar altyd
Vergifnis wees
Dit kan julle weet

Ja kinders
Pappa se kinders
Vertrou My hart
En weet Ek gee om vir julle

Ek het gekom
Sodat julle kon vind
En hoe bly is Ek
Wanneer julle ja sê vir My Seun

Dis al wat nodig is
Kinders
In My Seun
Is alles vergeef

Die diepste donkerste sonde
Kind daar is niks
Niks wat weer skeiding kan bring
Wanneer jy ja sê

Daardie dag begin jy
In en deur My Seun lewe
Daardie dag besef jy
Jesus is so groot

Ja kind, ja
Ek wil hê jy moet dit weet
Ek wil hê jy moet besef
Dat Ek vir jou is

Begin dan net nee sê vir die verkeerd
Begin om My elke dag dieper in te nooi
Kind van My hart
Pappa wag vir jou

Dankie dat jy
Ja sê kind
Dat jy nader kom
Dat jy kom vind

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s