Liefde so groot

God se huis

Liefde sag
Pappa sag
Dit is wie U is Pappa
So sag

U het my hart verower
Pappa-God
Met die mooiste mooi
Van wie U is

Ja Pappa-God
U hoef nie eers aan te sit
Of voor te gee
Want dit is wie U is

Ja liefde sag
Het my hart binnegekom
Ek is so bly en dankbaar
Ek kon ja sê daarvoor

Pappa-God om U
Hier op aarde saam met ons te hê
Is hemel elke keer
As ons tyd saam spandeer

Pappa ek weet nie
Maar mense
Hulle glo nie wat ons saam het
Dalk is dit hulle wat nog moet kom proe

Pappa sal U hulle asseblief
In groot liefde lei en leer
Vir hulle vertel dat dit ook vir hulle
Moontlik is om U self te hoor

Ja liefste Pappa
U stel nooit uit
U maak dit nie onnodig moeilik
U sê altyd, kom kind en glo

Ja Pappa
Dit is wie U is
Liefde sag
Die sagste sagste liefde

Liefde wat nooit sal seermaak
Of kritiseer
Liefde wat opbou
Selfs tot die einde sal U aanhou probeer

Pappa as dit nie vir U sagtheid was nie
Dan weet ek darem nie
U is so groot
Tog bly Genade steeds U Naam

Pappa hoekom is U so mooi
Hoekom hou mense aan om verkeerd oor U te glo
Pappa dit is twee vrae wat ek gereeld vra
Hulle weet voorwaar nie wie U is

Ja Pappa U weet
Selfs ook ek het vir jare verkeerd oor U geglo
Ek het nie geweet wat was waar
Of verkeerdelik opgemaak

Pappa-God, liefste God
Ek dink dit is voorwaar die mooiste skat wat U kon gee
Die voorreg vir ons elkeen
Om U self in ons binnekamer te leer ken

Ja liefste Pappa-God se kinders
Ek wens ek kon dit oorvertel
Genoeg kere dat selfs die verkeerdstes sou kon glo
God is so goed en Hy wag net vir jou

Hy wag vir elkeen van julle
Soos wat Hy vir jare op my gewag het
Hy wag altyd dat ons ja sê
Hy wag altyd dat ons kom

Ai sê Pappa aan Sy kinders
Ek wens dit ook so gereeld My kind
Ek wens dat meer mense
Aan My hart se deur sal kom klop

Ja sê ons liefste Pappa
Ek sal oorywerig die deur vir julle oopmaak
Dis mos maar wat gebeur wanneer jy op ‘n belangrike iemand wag
Jy val so te sê in by die deur

Ja sê Pappa-God
Ja Ek sal Myself moet beteuel
Dis net nie altyd maklik
Want vir baie van julle wag Ek al baie jare

Ja sê Pappa-God
Ek sal baie gretig die deur ooppluk
Ek sal jou so warm verwelkom
Ek sal sê kind kom in, asseblief sit gerus

Pappa-God se kinders
Dis vir My altyd so lekker
Om God se kinders, Myne warm te verwelkom
En tuis te laat voel

Ja sê Pappa-God
Baie kere dat mense
Kuiergaste bly en dikwels
Nie besluit om langer te bly

Ja sê Pappa-God
Baie kere wat hulle sê
Ons gaan dan maar weer
En dan is hulle uit by die deur

Ai Pappa se kinders
My kinders
Kan Ek julle liewerste vra
Om julle intrek by My te neem

Ja sê Pappa-God
Baie kere wat Ek mense innooi
En dan vertel hulle My die mooiste goeters
Alles wat Ek wil hoor net om later uit te vind hulle bedrieg My

Ja sê ons liefste God
Pappa se kinders
Dis ook nie vir My lekker sê Pappa
As mense net met mooi beloftes voor My kom

Ai sê Pappa, Ai
Ek verstaan
Ja sê Pappa Ek weet hoe dit voel wanneer mense
Jou misbruik en net voordeel uit jou wil trek

Ja kinders van die wêreld
Julle kyk altyd hoe en waar julle iets kan score
Sonder om te veel moeite
Van julle kant af te doen

Ai My kinders
Ai Ek voel vir julle sê Pappa
Want daar is nog soveel
Want Ek dan nodig het om nog vir jou te leer

Ja sê Abba-God
Jy sal sien
Ek wag vir jou
En Ek wil jou graag dieper neem

Ja sê Pappa-God
In My huis in
Ek wil vra dat jy ‘n intrekker sal word
En nie net ‘n gas bly

Ja sê Pappa-God
Dit is maar hoe dit dikwels met My kinders bly werk
Hulle wat glo dat hulle net
Hier is om te ontvang

Ja sê Pappa-God
Baie kere word hulle lui
Baie kere wat hulle op die sofa’s bly lê
En My goedheid begin gebruik

Ai Pappa-God se kinders
Ek weet hoe dit vir julle voel
Ek weet hoe dit voel as julle misbruik word
Want Ek was ook al dikwels daar

Ja sê Pappa-God
Dit is niks lekker as ‘n mens weet
Jy word net gebruik
En hulle gee nie eintlik ‘n flenter vir jou om

Ja sê Pappa-God
My kinders dit is dan, wat ons hulle maar ‘n lessie moet leer
Ons moet hulle in die wye wêreld instuur
Sodat hulle kan gaan proe hoe dit rerig buite proe

Ja sê Pappa-God
Dit is baie kere hoe My kinders leer
Dit is dikwels hoe hulle nuwe waardering
Vir My reëls, huis en My manier van dinge doen kry

Ja sê Pappa-God
Dikwels wat hulle buite bly
Dikwels wat hulle nie wil terugkom
Tog sal Ek nooit ophou om hulle nader te nooi

Ja sê Pappa-God
Dikwels wat Ek vra
En bly vra
Kom kinders, kom asseblief in roep Ek gereeld

Uit die wind
Uit die weer
Uit die reën en koue
Uit dit wat so baie steel

Altyd moet julle onthou
Sê Pappa-God
Die paaie en draaie wat die verlore seun gaan maak het
Voordat hy terug gekom het na My

Ja gaan leer hulle
Sê Pappa-God
Gaan leer hulle wat Ek sê
Dit is waar

Kinders dit vat dikwels iets
Om te erken jy was verkeerd
Tog wil Ek jou aanmoedig om dit te bly doen
Sodat jy ‘n ware lewe van oorwinning kan leef

Ai God se kinders
Moet asseblief nooit bang wees
Om terug te keer na Pappa se huis
Weet asseblief dat Ek alreeds op jou wag

Ja sê Pappa-God
Ja My kinders
Net soos die eerste paar kere toe jy kom kuier het
Hoop Ek steeds dat jy die keer vir goed sal bly

Ja Pappa-God se kinders
Dis altyd My vra
Het die wêreld jou genoeg geleer
Sal jy die keer dankbaar wees vir die skatte voorberei?

Ja sê Pappa-God
Dit is dikwels wat My kinders bly dink
Dit is lekkerder uit die huis
Kinders julle moet self gaan leer

Ja sê Pappa-God
Gaan leer kinders
Dat die wêreld ‘n harde werklikheid is
En dat dit nie speletjies is om in haar te oorleef

Ja gaan leer sê Pappa-God
Dat sy harde vuishoue uitdeel
Gaan leer dat sy nie altyd doen
En gee dit wat sy van jou vra

Ja liefste kinders, ja
Ek sal dikwels toelaat dat jy binne haar gaan verdwaal
Die wêreld se seer
Sodat sy jou kan terugbring na My

Ja sê Pappa-God, ja
Liefste kinders
As sy julle die lesse kan leer wat Ek julle wou leer
So te sê beter

Ja sê Pappa, ja
Kinders Ek weet dis seer daarbuite
Maar liefste kinders
Dit is dikwels wat julle terug bring

Ja sê Pappa-God
Julle harde harte word dikwels sag
Wanneer die wêreld julle geruineer het en al wat oorbly is
Om sak en pak terug te keer huis toe

Ja sê Pappa-God
Ja My liefste kinders
Ek weet dis dikwels nie lekker
Maar onthou jy het die keuse gemaak

Jy het gekies
Om My huis te verlaat
Jy het gekies
Om die wêreld en haar raad te gaan probeer

Ai Pappa-God se kinders
Ek wens al van die begin van tye
Dat julle ons twee se tye saam sou waardeer
Tog is dit nie altyd so, tog wil julle altyd eers iets anders gaan probeer

Ai kinders, ai
Wat kan Pa sê
Behalwe dat Ek
By die huis sal bly wag

Ja sê Pappa-God
Ja
Soos goeie ouers
Sal ook Ek en die Seun vir julle bly wag

Die Heilige Gees
Sê Pappa-God
Sal Ek saam met jou stuur
Net om ‘n ogie oor jou te hou

Ja sê Pappa-God
Sy vertel gereeld vir julle
Daar is ‘n huis
Ja kan altyd terugkeer daarna

Hoekom julle nie altyd luister
Dit gaan My verstaan te bowe
Ek dink dis omdat julle voel julle moet My verkeerd bewys
Tog het dit nog nooit gebeur

God se kinders
Pappa se kinders
Luister asseblief vir My
Dit gaan nie ooit wees

Ja sê Pappa-God
Vir die kinders op aarde
Julle kan gerus baie kere vir julle ouers se raad luister
Hulle was daar, hulle weet wat is verkeerd

Pappa-God se kinders
Asseblief luister vir My
Vee weg die verkeerd in julle harte
En keer net terug na My

Pappa-God wag vir julle kinders
Pappa-God wag so vir julle
Ek wag, Ek wag
Ek wag

Sal julle terugkeer met wysheid
Met waardering
Sal julle leer die lesse wat julle moet leer
Dan kan Ek julle weer warm innooi

Ja die keer sê Pappa-God
Sal julle bly
Dis dikwels wat gebeur
Die keer sal julle weet ons het dit so amper verloor

Ja sê Pappa-God
My huis en sy skatte
Die dinge wat Ek julle wil leer
Die keer sal julle vir My ja sê

Ja sê Pappa-God
Baie kere wat dit so gebeur
Baie kere wat God bly sê kom terug, kom terug
Tog wil julle self gaan leer

Gaan leer dan My kinders
Gaan leer wat julle moet gaan leer
Pappa-God sal vir julle wag
Om terug te keer

Ek hoop dikwels sê Abba
Dat dit net nie te laat gebeur
Want ja sê Pappa-God
My huis se deur gaan nie altyd oop staan

Vat jou tyd, maak net gou
Dis iets wat julle dikwels sê
Ek sê dit ook sê Pappa
Baie dikwels, baie gereeld

Moenie jou tyd so lank neem sê Pappa
Dat jy jou kanse verspeel
Nee My kind wees wys
Asseblief Pa smeek jou

Ja My kind, ja
Dikwels wat Ek lyk soos ‘n pa en ma
Wat ook hulle kind aan die wêreld moet afstaan
Hulle weet nie wanneer en hoe gaan hy sy les leer

Ai Abba-God se kind
Pa wil net vra
Kom terug na My
Asseblief so gou soos wat jy kan

Moenie aanhou met speletjies
As jy lankal in jou hart weet
Die tyd het aangebreek
Om terug te keer

Kom kind, kom asseblief
Kom nader
Kom hardloop
Kom sien en weet Ek wag vir jou

Ek wag vir julle
Sê Pappa-God
Al My verlore kinders in die wêreld
Julle wat so verstrooi is

Kom terug sê Pappa
Keer asseblief terug na My huis
Weet dat Ek die Anker is
Weet dat Ek die Anker van die lewe bly

Ja sê Pappa-God
Ja
Niks sal My kan keer
Om My kinders te probeer terug bring

Alles, alles doen Ek altyd
Wat Ek kan
Om rooi ligte te laat flikker
Om dit by jou te laat afgaan

Kinders, kinders asseblief
Luister vir Pa
Kom nader
Kom hardloop terug na My

Lewe en oorvloed
Sê Abba
Dis wat Ek in My Woord aan jou beloof
Sal jy ja sê daarvoor?

Ja sê Abba
Dikwels dat julle nie bly kuier
As Ek julle vir ‘n kuiertjie nooi
Hoekom is dit so?

Julle verstaan seker rerig nie
Ek wag vir julle sê Pappa, Ek wag vir julle wat rerig wil
‘n Mens wys tog nie jou skatte vir die wie jy skaars ken
Jy wys dit aan die wie jy kan vertrou

En dis maar al wat gebeur sê Abba-God
Wanneer Ek mense na My huis toe nooi
Ek kyk of hulle net gekom het vir die koek en tee
Of gaan hulle langer bly

Ja sê Pappa-God
Dis die begeerte in My hart
Om julle te leer
Julle kan My vertrou

Julle kan My vertrou
Meer as wat julle glo
Ek sal vir julle gee sê Pappa-God
Meer as wat jy kan droom

As jy sou besluit om langer te bly
As jy sou besluit om terug te keer
Sou jy dit kon vind
As jy net ja sou sê

Ja sê Pappa
Vir My prosedures
Vir My huis-reëls
Wat altyd die beste vir julle is

Ja sê Pappa-God
Ja kyk na die huise om julle
Wat kinders in hulle het
Hoe chaoties is dit daar sonder reëls?

Sien kinders
Julle maak dit baie dikwels
Baie erger
As wat dit nodig is om te wees

Ja sê Pappa-God
Gaan leer by die kinders
En ouers van die wêreld
Jy is dalk een

Ja sê Pappa jy weet
As jy mooi daaroor dink sal jy saamstem
Daar moet reëls wees
Anders val alles inmekaar

Ja huise sonder reëls
Tuimel inmekaar
Weet dit gerus en weet
Pappa sal julle daardeur dra

Deur julle vrae
Deur julle nie-verstaan
Ek is altyd by julle
Weet dit asseblief gerus

Al wat Ek vra is
Kinders vertrou My
Vertrou dat Pappa vir julle is
Dit is wat die beste Pappa ooit, nou en altyd, julle vra om te doen

Sal julle
Sal julle
Dit is wat Pappa vra
Dit is al wat Ek nodig het om te weet

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s