Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Gebede vir gebreektes

Geloof-groot
Geloof-groot
Dit is God se Naam
Dit is wat Hy van ons Sy kinders vra

Ja dis so dikwels
Sê Pappa-God
Dat julle tekortskiet
In dit wat Ek vra

Kinders sê Pappa
Is dit regtig so moeilik om te glo
Ek is vir julle
Julle kan My enige iets vra

Ja sê Pappa dis so gereeld dat julle vra
Sal Pappa asseblief vir My dit en dit gee
Hoekom is dit dat so min van julle waarlik intree
Vir die seer wat die wêreld rondlê

Ja Abba-God se kinders
My kinders kan Ek julle vra
Om asseblief ook te begin dink
Aan die wat minder as julle het

Ja sê Pappa, ja
Kinders daar is soveel mense
Wat stukkend en vol-seer die wêreld volsit
Hoekom vra julle My nie om hulle te genees

Kinders dit is so sê Pappa
Dit gebeur so gereeld
Dat Ek julle vra
Maar dat julle dan vol antwoorde is

Ja sê Pappa
Ja dit is so
Julle vra My gereeld om dinge beter te maak
Maar net vir julle en die klein wêreldjie rondom julle

Pappa se kinders
Ek wil julle rerig vra
Mag Ek
Om ook te begin dink aan die mense rondom jou wat seer het

Ja
Sê Pappa
Die mense om jou waarvan jy niks weet
Die mense om jou wat jy nie rerig wil ken

Pappa-God se kinders
Verstaan julle
My kinders
Wat Ek julle vra

Ek vra van julle My kinders
Julle wat so gereeld iets van iemand anders sê
Om vir hulle wat seer het
In te tree

My kinders Ek wil julle vra
Asseblief om dit te begin doen
Meer en meer
Daar is mense wat dit so nodig het

Ja liefste kinders
Gebreekte mense loop hierdie wêreld vol
Maar daar is so so min van My kinders
Wat waarlik vir hulle intree

Sal julle dit asseblief begin doen
My liefste kinders
In die gebede wat julle bring
In die dinge wat julle vra

Sal julle net asseblief begin dink
Aan die mense
Wat dit so nodig het
Dis waarvoor Ek vra

Kinders Ek weet
Sê Pappa
Dat julle ook dikwels seer het
Ek sal dit beter maak

Tog wil Ek julle vra
Om ook te begin dink
Aan die wat genesing meer nodig het as jy
Mense wat elke dag sit en geen rede het vir aangaan

Liefste kinders
Daar is mense soos dit
Baie sê Pappa
Baie

Liefste kinders vra Pappa
Julle wat darem hoop het vir aangaan
Julle wat weet dat môre veilig is in My hande
Sal julle vir hulle intree

Ek wil dit van julle vra sê Pappa
Want daar is die wat dit so, so nodig het
So, so nodig sê Pappa
So nodig

Kinders dit is dikwels
Wat julle My kinders vergeet
Ek het julle gebede nodig
Om hierdie wêreld ‘n beter plek te maak

Ja sê Pappa-God
My liefste kind elke gebed werk
Elke gebed doen iets
As voel hy vir jou hoe klein

Ja sê Pappa-God
Al werk Ek nie dikwels soos julle vra
Moet julle weet dat Ek werk
Al lyk dit anders

Ja sê Pappa, ja
My weë is anders
Hulle is mooi
Dit is wat Ek vra

Kinders sal julle
Sal julle asseblief begin en bly intree
Vir die wat dit die nodigste het
Die wat sonder hoop in hierdie wêreld sit

Kinders sal julle asseblief
Ook begin intree vir die wat verlore is
Vir die wat bly glo dat daar nie ‘n God is
Kinders ons kan harte draai as jy bereid is om te vra

Kinders weet dit net vandag
Asseblief
Gebede werk
Dit is wat Ek vra

Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Gebede vir gebreektes”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s