Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Bly glo

Ek is altyd besig
Om mense terug te bring
Na My sê Abba
Altyd, heeltyd

Ja sê Abba
Aan Sy kinders
Ek weet dis iets wat julle nie altyd verstaan
Of mee saam-loop

My liefste kinders
Sal julle asseblief verstaan
Pappa is altyd besig om verlore kinders in te bring
Want Ek is lief vir hulle

Ja sê Pappa
My liefde vir julle
En vir hulle
Dit is presies dieselfde

Dis nooit sê Pappa-God
Dat julle ooit sal vind
Dat Ek een kind
Bo ‘n ander voortrek

Nee My liefste kinders
Dit is nie wat julle Pappa-God doen nie
Julle is dan almal vir My
Ewe spesiaal

Ja sê Pappa-God
My liefste kinders Ek verstaan
Dis partykeer dat julle sien iemand loop voor
En dan dink julle so

Nee My liefste kinders
Pappa vra julle om te weet
Ek trek nooit ‘n spesifieke een voor nie
Dit werk nie so

Ja liefste kinders
Pappa wil julle vra om rerig te begin glo
Een en elkeen van julle
Is vir My so spesiaal

Ja sê Pappa-God
Gelyk-spesiaal
Ewe-veel
Het julle dit al gehoor?

My liefste kinders
Pappa vra julle
Kom net nader
En dan sal julle ontdek

Julle sal ontdek dat Ek
Ewe veel goud in My hart het
Vir jou en elke ander
Persoon op aarde

Pappa-God se kinders
My liefste kinders
Ek het julle gelyk lief
Sal julle My asseblief glo

Ja sê Pappa-God
My kinders
Dit gebeur partykeer dat julle twyfel
Omdat julle nie die volle plan weet

Ja sê Pappa-God
My liefste kinders
Julle ken net ten dele
Ek ken alles in een

Pappa se kinders
Asseblief
Sal julle My glo
Alles vir My bring

Pappa se kinders
Ek is lief vir julle
En glo in elkeen van julle
Baie groot

Ja sê Pappa-God
My kinders
Die drome in My hart
Vir elkeen van julle is ewe mooi

My kinders
Dit gebeur dikwels dat julle dit nie glo
Maar Ek wil julle vra
Om die verskil te begin raaksien

Ja sê ons liefste Pappa-God
My kinders die verskil lê baie kere
By die plek van ja-sê
Daar is so min van julle wat dit doen

Pappa se kinders
Ek wil julle begin vra
Kom nader aan julle Pappa se hart
Kom vind My

Kom vind My sê Pappa-God
Kom My liefste kinders
Kom vind die drome wat Ek
In My hart vir julle hou

Dikwels sê Pappa-God
Wat julle nie saam met My wil droom
Wat julle aanhou om die droom wat Ek vir julle gedroom het
Nie te leef

Liefste-liefste kinders
Pappa wil julle vra
Asseblief
Kom net nader aan My

Kom sien
Kom vind
Ek weet sê Pappa wat dit is
En Ek wil hê jy moet weet dit is mooi

Ek hou nooit uit op julle nie kinders
Maar Ek het nodig dat julle glo
Ek het nodig dat julle glo
Sê ons liefste Pappa

Baie-baie min kinders van My
Sê Pappa-God
Wat kom aanmeld vir diens
Wat kom vra Pappa wat kan ek doen

Liefste kinders, Pappa se kinders
Julle sal verbaas staan
Oor die groot dinge wat ons kan baasraak
As julle net wou ja sê

Daar is min van julle
Sê ons liefste Pappa
Wat altyd kom vra
Na My en My manier

Liefste kinders
Pappa wil julle vra om te weet
Asseblief
Lê neer julle planne en tel op Myne

Weet julle wat wag op julle
Sê Pappa-God
Die van julle wat bereid is om dit te doen
Net soos wat Jesus het

Ja sê Pappa-God
My liefste kinders
Sal julle onthou
Jesus het gekom om te doen soos Sy Vader vra

Onthou julle dit My liefste kinders
Jesus het dit gereeld gesê
Gaan lees julle Bybels
Ek is hier om te doen die wil van My Vader

Pappa se kinders, My liefste kinders
Pappa wil julle vra
In hoeveel van julle lewens My kinders
Gebeur dit wat Jesus gevra het

Ja My liefste kinders
Pappa wil julle vra en herinner
Om asseblief My wil te begin bid
Moet nooit ophou daarmee

Al raak dit swaar met tye
Liefste kinders
Al is dit nie altyd sweet-sailing
Sal julle aanhou daarmee

Sal julle aanhou om te doen wat Ek vra
Sal julle My leer ken
So sal dit makliker wees
Om te doen as Ek vra

Liefste kinders
Kom nou asseblief
Kom glo in My
Kom doen asseblief wat Ek vra

Die lewe liefste kinders
Is so ‘n lied
Wanneer julle uitkom by die rede
Hoekom Ek julle gemaak het

Hoekom kinders van Abba
Gaan julle nooit groot
In die manier hoe julle dink en droom
Hoekom is yl bestaan altyd julle basiese voorland

Liefste kinders asseblief
Julle moet begin glo
Abba-God is so goed
En Hy weet van my

Ja, ja spesifieke drome
Het Ek oor julle lewens gedroom
Maar dit kan nie altyd gebeur
As julle My nie met julle lewens en keuses ken

Ja liefste Pappa se kinders
Drome groot
Dinge, goeters wat net kan gebeur
As julle vra daarna

Oe liefste kinders
Asseblief hou aan daarmee
Hou aan om in jou gebede My wil te bid
En jy sal sien

Dogter, seun van ons liefste God
Sal julle dit probeer
Sal julle aanhou om te vra
Pappa U manier, U plan wil Ek vra

Dogter, seun van ons liefste God
Pappa sê dis al wat Hy nodig het
Om jou uit jou planne te gaan haal
En jou in Syne te sit

Ai kinders, ai
Glo asseblief vir My julle Pappa
Julle planne en weë is nie soos Myne
Ek moet julle vra om te bly glo

Dis hoe My drome en wil
Vir julle lewens kan geskied
As julle daarna vra
En as julle nie ophou vra daarna

Kinders, kinders van Pappa-God
Ek vra weer
Lê neer julle planne
Tel Myne op

Daar’s baie-baie min van julle
Wat dit doen
Maar soos Ek sê
Dis daar kinders waar goeters begin gebeur

As julle neerlê
Dit nie van My
En begin optel
Dit wat Ek wil leer

Ja liefste kinders
Dit is so
Vra vir julle Pappa
Hy sal vir julle sê

Ek glo kinders
Ek glo dat julle dit kan doen
Wees net wys
Kom vra My wil

Ek het so nodig dat julle dit bid
En dat julle nooit ophou daarmee
Kinders asseblief
Sal julle vra Heer laat U wil geskied

Ek ken julle harte kinders
En Ek sal vir julle gee
Meer as waaroor julle droom
Maar dit gaan vra dat julle glo

Asseblief kinders, asseblief
Glo in My
En dit wat Ek wil leer
Amen

Kinders van My hart
Nader
Nader
Dit is wat Ek vra

Daar is baie goeters in hierdie lewe
Wat julle nie aldag verstaan
Kinders asseblief
Sal julle bly glo

Daar is baie van My kinders
Sê Abba-God
Wat hulle rüe op My draai
Wanneer dinge in hierdie lewe moeilik raak

Ja sê Pappa-God
Het julle al gesien kinders
Sodra hulle nie hou
Van iets wat gebeur

Ai God se kinders
Pappa se kinders
Is julle vertroue so min
Is dit rerig net sover soos wat julle kan sien

Ai liefste kinders
Pappa wil julle vra
Om te begin sien
Maar in die gees

Dis mos wat ware geloof is
Kinders
Het julle al vergeet
Hoe om dit werk?

Ja liefste kinders
Julle harte en oë
Is verkeerdelik op die plek
Waar dit nie moet wees

Ek gee om vir julle
My kinders
Dis hoekom Ek julle moet leer
Om julle oë op My te hou

Ja sê Abba aan Sy kinders
Geloof sien gewoonlik
Nie wat die vlees sien nie
En ook andersom

Pappa se kinders
Pappa se kinders
Julle moet begin reg glo
Julle moet begin glo wat Ek en nie die wêreld vir julle sê

Kinders as julle gewoonlik
Net bly glo
Omdat aardse omstandighede so sê
Moet julle weer dink

Ja kinders
Daar kom tye in die gelowige kind van God se lewe
Waar dit gaan nodig wees
Om in geloof te staan

Ja sê Abba-God
Sonder bewyse
Sonder ek-weet-wat-volgende-gaan-gebeur
Sonder ek-het-al-die-antwoorde

Ai kinders van Abba-God
Kan julle nie sien
Het julle geleer
Ek is by julle

My Woord kan nie ooit jok kinders
Nooit ooit
My Woord sê Eks by julle
Dit kan nie anders wees

Geloof
Liefste kinders
Dit is wat Ek julle vra om te hê
Geloof al stem die wêreld nie saam

Ai My kinders, ai
Pappa wil julle vra
Hou net vas
Hou net vas in die storms van die lewe

Baie kere sê Pappa-God
Wat hulle net gestuur word
Om julle van koers af te gooi
Moet hulle asseblief nie die genoegdoening gee

Nee liefste kinders, nee
Altyd moet julle doen wat Ek julle vra
My Raad is net beter
Asseblief kinders bly dit glo

Ek is slimmer
Ek weet van beter
Glo dit gerus
Volgende keer wanneer die wêreld iets anders van jou vra

Kyk met ander oë kinders
Ander oë as waarmee die wêreld kyk
Kyk met oë van geloof
En weet Ek kom deur vir jou

Met oë van geloof
Kan mens altyd verder kyk
Met oë van geloof
Gaan mens altyd vir My sien

Ja julle God en Koning
Groter as alles wat om julle aangaan
Dit is wie Ek is
Kinders Ek wil julle aandag net weer daarop vestig

Kyk na My, kyk na My
Deur die storms van die lewe
Deur alles wat jou vreugde wil steel
Bly kyk na My

Kinders dis deur dit te doen
Dat julle altyd geloof sal behou
Ja julle sal dit nooit verloor
Want julle sal verder kyk

Verder as die vlees
Verder as dit wat geloof en hoop steel
Julle sal dan vir My sien
En dit wat by My moontlik is

Ek is altyd groter kinders
Altyd-altyd groter
As dit wat julle vreugde en vrede wil ontneem
Onthou dit, altyd

So sal julle nooit onverhoeds betrap word nie
Julle sal weet
Julle sal glo
Ek is God, en Ek is groter

Dit sal julle altyd terug bring
Op ‘n plek van geloof
En vertroue in My
As julle dit in gedagte bly hou

Ja kinders
Asseblief
Pappa vra
Bly glo

Bly glo
Bly glo
Bly glo
Maak nie saak wat gebeur

Altyd kinders
Altyd is Ek groter
Dit kan julle maar weet
En dit is nie wat vlees-oë ooit vir julle vertel

Hulle doel is altyd om mismoedig te maak
Om julle sonder hoop na die wêreld rondom julle te laat kyk
Dis wat gebeur
As julle so daarna kyk

Nee liefste kinders
Pa vra
Behou geloof
In wie Ek is

Groter as enige struikelblok
Probleem en vraag
Die ewige Ek Is
Die Een wat veraltyd bestaan

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s