Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Mooiste glimlag

Geloof-groot
Woon in my hart
Abba-God het dit daar gesit
Ek weet wie Hy is

Vir baie jare
Was ek ook bang
Wou nie altyd veel meer weet
Toe het Pappa my kom leer

Droom groot
Kan ek ook doen
Alles omdat Hy by my is
En omdat niks by Hom onmoontlik is

Soveel groot dinge
Het ons Abba al vir my kom doen
Soveel klein dingetjies
Wat vir my die wêreld beteken

Ai ons God is groot
Hy is die Lieflike
Die Nifmlike
Die Een wat altyd bestaan

Ek is so bly
Ek kon al leer
Dat daar niks beter is
As om Hom in my lewe te hê

Die groot Een
Die Een wat oor alles troon
Die Een wat niemand kan onderkry
Die Ewige Een

Liefste Abba Vader-God
My hart is so bly
Dat ek vir U kon ja sê
En dat U van alles weet

Ja baie kere het ek ook al gedink
Nee wat dit sal net by my bly
Maar toe het U my kom leer
Die goud om met U te deel

Dikwels kry ek skaam
Oor goed wat ek dink
En dan kom vertel U my net weer
Hou dit in die LiG

Hou dit in die LiG
Hou dit in die LiG
Dit is wat U altyd sê
Abba baie dankie daarvoor

Dankie dat ek alles
Wie ek is binne-in
Altyd met U kan deel
Daar is soveel vrede daarin te vind

Dankie liefste Abba-God
Vir wie U is
En dat U ons altyd leer
Om naby aan U te bly

U is so groot Abba-God
En U is wonderskoon
U liefde is genoeg
Om ons deur die donkerste storm te bly dra

Dankie Pappa-God
Dat U ‘n rotsvaste God is
Dat niks U kan laat wegbeweeg
Om getrou te bly

U is so standvastig
Abba-God
Selfs meer as die diepste
Sterkste rots wat in die see woon

Pappa dankie
Dankie vir wie U is
Dat ons altyd op U kan staatmaak
Dat ons kan weet U is ons God

Abba-God se kinders
My kinders
Pappa is so trots op julle
Ek wil dit graag vir julle sê

Daar is so baie kere
Sê Pappa-God
Wat julle verlei word
Om donker goed te gaan doen

Dankie dat julle altyd vas staan
In julle geloof in My
Dankie dat al faal julle dikwels
Julle net bly opstaan

Pappa se kinders
Dit beteken vir My baie
Pa wil dit net graag vir julle sê
Julle hoop gee vir elke nuwe môre

Al lyk dinge dikwels sleg
Sê Pappa
Al weet julle nie altyd hoekom sekere dinge gebeur
Wil Ek julle bly aanmoedig

Hou aan liefste kinders
Vra Pappa
Om julle harte met My te deel
Om oop te bly

Ja sê Pappa
My kind
Al verstaan jy nie nou waarmee Ek besig is
Sal jy nog

Kinders van Abba-God
Dogter van My hart
Bly net naby My
Bly naby aan My hart

Hou jou hart suiwer kind
Hou jou hart opreg
Een van die dae gaan jy sien
Een van die dae gaan jy getuig

Kinders van My hart
Pappa se kinders
Julle maak My hart so ongelooflik bly
Wanneer julle aanhou daarmee

Moet nooit terughou nie
Liefste kinders
Moet nooit terughou
Op dit wat Pappa julle wil leer

Hardloop altyd met oop harte kinders
Tot binne in My arms
Daar waar Ek vir julle wag
Daar waar Ek julle omvou

Julle is vir My so kosbaar
En spesiaal
Elkeen van julle wat net nooit
Dink aan opgee

Dankie kinders van My hart
Dat julle bly opstaan
Dat julle weet waaroor dit gaan
En dit is om aan te gaan

Ja sê Pappa-God
My kinders
Ek bly bly
Oor dit wat julle doen

Genade-groot
Wat in my hart woon
Dankie Pappa daarvoor
Sonder U kan ek nie ‘n tree

Ek wil net U lof besing
Omdat U altyd waardig is
My hart raak altyd bly
Wanneer ek aan U dink

Dankie dat die mooiste glimlag in my hart
Aan U kan behoort
U besit hom
Want U het hom daar gesit

Liefste Pappa
Dankie
Dankie
Net vir wie U is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s