'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas

Blou-kolle

Dankie liefste Pappa
Vir als
Vir elke keer se val en opstaan
Dat U altyd so naby is

Pappa dankie dat U so trots is op ons
Elke keer wat ons val
Sê U net weer
Staan op, staan op, staan op

Kinders dis hoe julle dit ook moet sien
Die kere wat julle val
Staan net weer op
Kinders dit moet julle slogin word in die lewe

Staan net weer op
Don’t let anything keep you down
Vorentoe My kinders, vorentoe
Altyd vorentoe

Partykeer voel dit asof julle voortbeur
Partykeer voel dit asof alles teen julle is
Hou net aan
Vorentoe sê Pappa

Dit is die leuse
Wat Ek My kinders wil leer
Hou net aan vorentoe kyk
Nooit agter-toe-kyk

Nee liefste kinders
Al slaan hierdie lewe julle dikwels bloedneus
Wil Ek vra staan net weer saam met julle Pappa op
Probeer net weer

Al val julle so gereeld
Wil Ek julle vra om te weet
Pappa vergewe elke keer
By My sal julle nooit uit kanse uit loop om oor te begin

Elke dag is ‘n nuwe geleentheid
Elke sekond ‘n nuwe kans
Liefste kinders Pappa wil julle net vra…
Hou aan opstaan

As jy val
Wanneer jy val
Kind van Pappa-God
Liefste kind staan net op

Daar is iets so wonderskoon
So mooi
Sê Pappa aan die hart
Wat aanhou opstaan

Ja sê Pappa-God
Partykeer los die valle
Julle met blou-kolle
Maar dis hoe julle die lesse leer wat Ek julle graag wil leer

Ja My liefste kinders
Hoe gaan julle leer dat Ek getrou is
As Ek nie daar is
Elke keer om jou op te help

Ja sê ons liefste Pappa
Baie kere wat Ek weet
Hoe seer julle binne kry
Wanneer julle behoorlik val

Ja sê Pappa-God
Baie kere wat Ek weet
Dat julle nie diep binne wil
Maar dat julle julleself nie kan keer

Ek weet sê Pappa-God
Baie kere van die woorde van haat
Wat julle teen julleself begin praat
En hoe julle sê hoe kon ek weer?

Ek weet nie Pappa
Ek dink nie dis meer die moeite werd
Om met my te probeer
Dalk moet U maar op my opgee

Liefste kinders
Pappa wil julle vra
Om altyd te weet
Ek is by julle, Pappa ken die seer

Ek ken die seer in julle harte
Die kere wat julle dink
Ek het so hard probeer
En tog het ek weer gefaal

Wat help dit tog ek probeer
Wat help dit tog ek probeer opstaan
As ek nie eers seker is
Hoe lank ek gaan bo-bly

Pappa se kinders
My kinders
Ek wil hê julle moet verstaan
Pappa is altyd by julle

Ja My liefste kinders
Pappa ken die skaam-kry
Die wegsteek van seer in jou hart
Wat wens was dit maar anders gewees

Pappa wil julle net vandag kom bemoedig
Ek liefste kinders het al die heel ergste gesien
Wat in die lewe kan gebeur
Tog bly Ek sing

Ja sê Pappa-God
My liefste kinders
Seun, dogter
Ek julle Pappa sing oor julle

Ek sing sê Pappa oor julle
Die waarde wat julle in My hart dra
Ek sing oor wat julle
Beteken vir My

Dis altyd My hart
Liefste kinders
Om die waarde te herstel
Wat Satan van julle gesteel het

Dis hoekom Ek bly vra
Kinders vergewe julleself asseblief gou
Wanneer iets gebeur
Moenie dat selfhaat ‘n huisie bou

Ja My liefste kinders
Dis baie kere
Hoe Satan My kinders kry
Om nie meer in hulleself te glo

Ja sê ons liefste God
Hy laat die teleurstelling oor wie jy is
En wat jy gedoen het so hoog opbou
Tot waar jy hoop verloor

Hoop verloor
Oor Ek wat jou kan en wil gebruik
Hoop oor of jy
Ooit waardig is

Abba-God se kinders
Asseblief luister vir My
Vergewe julleself gou
Net soos wat Ek julle vergeef

Ek weet sê Pappa-God
Dat julle baie kere dink
Dat julle nie meer waardig is
Vir My om te gebruik

Pappa se kinders
My liefste kinders
Pappa wil hê julle moet onthou
Julle waarde hang nie af van wat ander sê

Ja sê Pappa-God, ja
Dit beteken die opinie
Wat jy dikwels oor jouself fel
Dit tel ook nie eintlik nie

Ja My liefste kinders
Pappa verstaan
Julle kry seer
En julle voel glad nie trots daarop

Tog wil Ek bly vra
Hou net aan opstaan kinders
Hou net aan met opstaan
Dit is die vra in My hart

Ek wil julle bly vergeef
Sê Abba-God
Ek wil net vra dat selfhaat
Nie ‘n probleem sal wees

Ja liefste kinders
Pappa wil julle vra
Laat gaan van die haat wat julle in julle harte teenoor julleself hou
Vergewe asseblief gou soos wat Ek jou vergeef

Ja sê Pappa-God
My kind
Wees mercy
Ook teenoor jouself

Pappa sê My kinders
Dis omdat selfhaat
Julle niks in die sak bly bring
Vergewe gou is wat Pappa vra

So baie van My liefste kinders
Sê Pappa-God
Wat in tronke van selfhaat opgesluit sit
Pappa vra My kinders asseblief kom uit

Ja sê Pappa-God
My liefste kinders
Pappa weet hoe dit vir julle voel
Julle dink as julle julself genoeg haat sal dit die probleem oplos

Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Luister vir julle Pappa in die hemel
Wees lief vir julleself

Vergewe die foute van die verlede
Sê Pappa
Al die foute wat jy gemaak het
Leer daaruit

My liefste kinders
Pappa wil net vra
Solank julle leer daaruit
Is dit mos nie te veel gevra

Liefste kinders
Wees net sag met julleself
Asseblief die kere wat julle moed verloor
Die kere wat jy dink ek kan nie meer

Hou aan opstaan kind
Asseblief
Dit is wat Pappa bly vra
Hou aan opstaan

Ja My liefste kinders
Pappa verstaan
Ek gee om
Oor die seer wat jy in jouself ronddra

Dis baie kere sê Pappa-God
Die probleem
Julle dink so min van julleself
Die dat julle julself so bly seermaak

Asseblief liefste kinders
Hou op
Vergewe gou
Asseblief en veral ook jouself

Dis so nodig sê Abba
Vir jou om jouself
Lief te kry
Soos wat Ek jou het

Ja sê Pappa-God
My kinders
Ek soek julle heel
Ek soek julle gesond

Hou asseblief op om vingers te wys
Vir almal verkeerd
Ook vir jouself
Begin om lief te hê

My kinders
Pappa nooi julle
Kom net nader kinders
Kom kruip in My hart

Ek weet julle verstaan dikwels nie
Sê Pappa-God
Waarmee Ek met ‘n ding gaan
Maar Pappa vra vertrou

Net soos julle My liefste kinders
Dogters van My hart
Dikwels julle mans moet vertrou
Vra Ek dieselfde van julle

Hou op glo dat julle
Nie goed genoeg is
Hou op glo al die verkeerd
Ek is by julle

Ek het planne
Sê Abba-God
Baie groot
Waarby Ek julle wil uitbring

Julle moet net nooit
Julle rüe op My draai
So kan Ek julle by
Iedere en elkeen bly uitbring

Ek gee om vir julle kinders
Sê Pappa-God
So baie
Sal julle My asseblief glo

Ja My kinders asseblief
Moenie meer bang wees nie
Kom nou, kom gou
Kom kyk wat Ek instoor vir julle hou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s