'n Seer hart, Liefde so groot, Nuwe hoop

Vergewe jouself

U liefde so sag
Vou om my hart
Pappa U is so so mooi
Ek kan dit nie verstaan

Ek kan nie verstaan Pappa-God
Dat U so baie mooi verstaan
As ek soveel kere
Nie antwoorde op al my vrae het

Ja soveel kere
Wat ek nie verstaan
Hoe kan U bly liefhê
Hoe kan U bly verstaan

Kinders van My hart
Geliefdes
Pappa wil julle vra om te weet
Ek vergeef

Ja sê Abba-God
Baie kere My liefste kinders
Wat julle vir julleself kwaad bly
Oor iets gebeur

Ja sê Abba-God
Baie kere My kinders
Wat julle bly wegsteek
Seer nog nie vergeet

Ja sê Pappa-God
My kinders
Ek het al diep gekyk
Tog vra Ek altyd nog ‘n bietjie dieper

Dis tyd My liefste kinders
Ja julle sê Pappa-God
Wat met diep donker dinge in julle verledes lê
Om te vergeef

Pappa sê My liefste kinders
Ja julle wat diep seer het
Oor dit toegelaat
Oor dit gebeur

Kinders vergewe julleself
Asseblief vergeef
En spreek vry
Sodat ons kan aangaan

Ek weet sê Pappa
Dat vergifnis teenoor julleself
Baie kere die moeilikste is
Om jouself te vergeef

Hoekom is dit so
My liefste kinders
Hoekom bly julle dink
Dat dit My vreugde verskaf?

Nee sê Abba-God
Dit is nie vir My lekker kind
As jy jouself bly afbreek
En so min van jouself dink

Dit verskaf My geen vreugde kind
Dit is hoekom Ek so gereeld bly sê
Onthou wie jy is in My Seun
Witgewas, rein en skoon

Ek is altyd besig
Sê Abba-God
Om die waarde van mense in hierdie lewe te herstel
Het julle nog nie gesien dis waarmee Ek besig is

Ja sê Abba-God
My kinders
Glo
Glo asseblief ‘n bietjie in julleself

Glo dat Ek ‘n mooi plan
Vir julle lewens het
Glo dat Ek dit
Teweeg kan bring

Ja sê Abba-God
Liefste kinders
Pappa vra
Glo

Glo in My kinders
Glo in My en jouself
Glo in dit wat Ek
In en deur jou lewe op aarde kan doen

Ja liefste kinders
Julle harte is sag
Ek het dit so gemaak
Vir julle om te verstaan

Die mooi in hierdie lewe
Is Ek
Alles wat mooi is, is Ek
Hoekom is dit so moeilik vir mense om te verstaan

Kinders van My hart
Pappa vra julle
Vertrou My hart
Groot asseblief

Kom nader
Soos Ek van jou vra
Kom sien dat Ek sag en goud is
Ja daarbinne in My hart

Dis altyd My hart
Sê Abba-God
Om julle dieper te lei
In dit wat Ek instoor hou

Moet nooit opgee op julleself
Sê Abba-God
Want Ek sal nooit
Ek wil hê julle moet dit weet

Kinders, liefste kinders
Pappa vra julle
Wees sag binne-in
Vra My om altyd daarbinne te woon

Met sagte harte
Kan Ek altyd mooi werk
Sê Abba-God
Sag binne-in

Moenie sag word sê Pappa
Met die verkeerde goed
Nee sê Abba-God
Met die regtes

Julle glo in julleself
Dit is vir My mooi
Kinders asseblief hou aan daarmee
Ek is die Een waar jou krag vandaan kom

Asseblief onthou dit altyd
Asseblief wees getrou
Van die kleinste tot die grootste
Ek sal jou daarvoor beloon

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s