Blinde oë, Liefde so groot, Lofprysing

Halleluja’s

Die halleluja’s in die hemel
Is net so mooi
Hulle sing oor my Pappa
Want Hy is beeldskoon

Hulle het al gevind
Wat baie mense op aarde nog moet opspoor
En nou spoor hulle ons aan
Om ook dieselfde te vind

Oor en oor
Sê hulle die mooiste goed
Mens sou skaars ooit
‘n Beter getuigskrif vir Hom kon kry

Oe die mooiste mooi
Is die Een wat ewig leef
Van Hom sal ons nie ooit
Genoeg kan kry

Sy strale van liefde
Verblind ons oë
Tog wil ons meer bly hê
Want oe U is so mooi

Prins van Vrede
Stralekoning
U is die Ewige God
Die Een wie ons bemin

Pappa ons wil nie ooit
Ophou om na meer
Van U mooiheid te soek
Want dit raak net beter en beter

Ja Abba-God
U het die hemele gemaak
Om van U grootheid te vertel
En daarvan ken ons nog nie die einde nie

Vader U is onbereikbaar groot
Steeds klein genoeg om in my hart te woon
Hoe kosbaar is dit
Die woorde van die liedjie wat so lui

Ai Abba-God
U is so mooi
Tog is daar mense op aarde
Wat nie eers opgewonde raak as hulle U Naam hoor

Verseker weet hulle nog nie
Wie U is
Verseker het hulle nog nie
U grootheid gevind

Want niemand op aarde
Daarbo of onder
Sal ooit so mooi soos U kan wees
Hulle weet dit seker nog net nie

Ja liefste Abba-God
U is groter as wat ons ooit kan meet
U is mooier as wat die mooiste woorde
Ooit kan beskryf

Dis net mense wat eintlik moeite doen
Om U te vind en U elke dag te leer ken
Wat met hierdie stelling
Sal kan saam-stem

Ja liefste Abba-God
U weet
Daar is miljoene Chistene op aarde
Maar skaars is die wat U rerig ken

Vir elke boetie en sussie in U, op aarde
Is ek baie dankbaar Abba-Heer
Ek hoop net daar was meer
Wat U beter wou leer ken

Want ja Abba-Vader
Daar is selfs van U kinders
Wat nie baie opgewonde raak wanneer hulle U stem hoor
Iewers mis hulle so uit

En dis maar sê Abba-Vader
Wat Ek in die stukkie aan julle wil aanspreek
Kinders wat nie eers opgewonde raak
Wanneer hulle My Naam hoor

Ja Ek verstaan sê Abba-God
Daar is baie mense wat uitmis
Omdat hulle nog nie ‘n keuse het
Nogtans is daar die wat ‘n keuse het en My nooit kies

Ai Abba-Vader se kinders
Hoe hartseer is dit
Julle wat bly uitmis
Omdat julle nie vir meer van My wil ja sê

Ja liefste Abba se kind
Jy het die keuse om elke dag
In geloof nader aan My te trek
Tog bly jy sê nee

Hoekom is dit so My liefste kind
Hoekom?
Pappa wil hê jy moet weet kind
Ek kan jou hart net meer opgewonde maak as jy sou vra

Ja wys My asseblief net ‘n bietjie
Dat jy belangstel
Om nader te kom
Om nader aan My te groei

Dis maar al wat Ek nodig het
Liefste kind
Seun en dogter
Vir opgewondenheid oor My om sy intrek in jou hart te neem

Ja My liefste kind
Dis al
Dis al wat Ek nodig het
Om julle meer opgewonde oor My te maak

Dalk het van julle dit nog nie gebid nie
Dalk is dit die probleem
Wat dink julle
Dit is wat Vader sê

Dis die begeerte in My hart
Sê Abba-Vader
Altyd en altyd
Om julle vaster te hou

Dis dikwels vir My moeilik
Sê Abba-Vader
Om te doen
Omdat julle bly wegtrek

Ja dikwels sê Abba-Vader
Wat Ek julle die mooiste lessies
Oor My wil leer
Tog laat julle My nie altyd toe

Ja sê Abba-Vader
Julle is partykeer so oorgretig
Om dinge wat nie gaan oor My
Tyd en aandag in julle harte te gee

Ek wens gereeld sê Abba-God
Dat net ‘n paar van daai tye aan My kon behoort
Oe die mooi dinge
Wat Ek julle sou kon leer!

Abba-God se kinders
Dit is maar die vra in julle Pappa se hart
Sal julle My ‘n bietjie van die tyd begin gee
Wat soveel ander dinge by julle steel?

Ja sê Pappa-God
Vir Sy kinders
Ek wou maar net My begeerte om tyd met julle te spandeer
Graag met julle deel

Ek weet en hoop sê Pappa
Dat dit meer gereeld
Sal begin gebeur
Dat mense net so bietjie meer vir My ja sal sê

Ja sê Abba
Ek weet
Ek weet Ek los julle dikwels hoog en droog
As julle nie verstaan wat Ek sê

Tog wil Ek julle vra kinders
Om net met My tyd te begin spandeer
Elke dag net ‘n stukkie
En jy sal sien

Pappa vra julle
Liefste kinders
Sal julle meer van julle tyd deponeer
Om julle hemelse Pappa te leer ken

Net liefste kind
Sodat opgewondenheid ook jou hart kan vul
Wanneer jy oor My praat en die wêreld om jou
Aangesteek kan word met hoop van Bo

Want dis maar al kinders wat gebeur
Wanneer My kinders iets mooi van My sê
Dit steek ‘n hopie warm liefde
Aan in mense se harte

Ja kinders, ja
Dis maar wat hoop doen
En hoe nodig het hierdie donker wêreld
Die hoop wat in jou leef

Ja My liefste kind
Dis maar altyd hoekom Ek vra
Word liewer vir My
En môre en die dag daarna nog ‘n bietjie

Dis maar ‘n aangaande proses kind
Nie een wat Ek wil hê ooit moet ophou
Hoe meer jy van My innooi kind
Hoe meer hoop is daar in jou om met die rondom te deel

Dis wat My kinders
Baie kere mis
Die hoop wat Ek in en deur hulle
Met die wêreld kan deel

Ja baie kere wat hulle dink
Hulle mis uit
Tog is dit nooit so
As hulle tyd met My spandeer

Kinders, liefste kinders
Die hoop en vreugde wat in julle harte sal begin groei
Sal julle net so verbly
Soos vir die om julle

Wees net ‘n bietjie dapper
Begin om meer wys te raak
Begin om tyd met My te soek
Maak dit ‘n daaglikse instelling

Die mooiste mooi’s
Sal julle paaie begin kruis
Julle sal dit begin weet
Julle sal dit begin besef

Ai kinders
Pappa vra net
Kom leer My hart ken
En alle-alle opgewondenheid sal self gebeur

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s