Blinde oë, Liefde so groot

Sagte harte

God se genade
Is so sag
Dit nooi ons altyd nader
Ek wonder of mense dit nog sien

Sy genade is so groot
So sag
So wonderlik
Sal jy dit asseblief ook kom glo

Oe wêreld jy hoef nie
So vêr te gaan soek
Dis hier by jou
So naby

Gaan net op jou knieë
Nooi ons Pappa dieper
Dieper in jou hart in
Dieper in wie jy is as mens

Oe Pappa se kinders
Ek wens julle wou glo
Ek wens julle kon sien
Ons Pappa is so naby aan ons

So naby sê Pappa-God
So naby
Kinders van My hart
Dit is hoe naby Ek aan julle is

Partykeer wonder julle
Partykeer twyfel julle sterk
Of Ek julle dophou
Of Ek rerig weet waar julle is

Oe kinders
Kinders van My hart
Pappa is so naby, so naby aan julle
Ek wens julle kon dit sien

Ek dogter, seun
Is die Een wat julle hande vashou
Die dae wat julle vir werksonderhoude moet gaan
En twyfel hoe gaan ek hierdeur?

Kinders, liefste kinders
Dis altyd Ek sê Pappa
Altyd Ek
Wat julle nader nooi

Pappa se kinders
Kinders van die wêreld
Julle kan nooit te naby aan My wees
Ek wil hê julle moet dit weet

Pappa se kinders
Glo My asseblief
Kom nog nader aan
Die mooi wie Ek is

Ek is altyd mooi
Liefste kinders
Nie net nou en dan
Maar altyd

Weet julle dit
Pappa se kinders
Vertrou julle My?
Doen asseblief gerus

Liefste kinders
Sag, sag is My hart altyd
Veral teenoor die wie se harte
Altyd so sag en ontvanklik is vir My

Liefste kinders
Pappa se kinders
Julle wat dit bly doen
So baie dankie daarvoor

Ek gee om My liefste kinders
So baie sê Pappa
Oor die wie sag is binne
Ook oor die wat nie is

Dis altyd My hart
Sê ons liefste Pappa
Aan Sy kinders wat op aarde woon
Om julle nader aan My te bring

Dankie, dankie
Sê ons liefste Pappa-God
Aan almal wat altyd sag is
Gereed om Sy stem te hoor

Julle maak My hart so sag sê Pappa
Julle laat hom vermurwe
Hy word soos klei in julle hande kinders
Julle kan als van My maar kry

Dis omdat Ek sagte harte kan vertrou
Sê Pappa
Ja liefste kinders dis hoekom Ek altyd vra
Hou jou hart asseblief sag teenoor My

Sag sê Pappa-God
Sag, altyd
Kinders dis wat Ek altyd vra
Bly sag teenoor My

Daar’s baie mooi goeters
Sê Pappa-God
Wat Ek mense kan leer
Wie se harte sag is vir My

Die mooiste, mooiste goeters
Sê Pappa-God
Die mooiste goeters in My
Kan Ek so met julle deel

Julle maak My hart regtig
So so sag
Sê Pappa-God
Die mense wat altyd na meer van My bly vra

Pappa se kinders
Asseblief kan Ek vra
Moet nooit ophou daarmee
Dis hoe ons die mooiste eenheid tussen ons twee bou

Oe kinders
Pappa se hart is sag
So so sag
Veral teenoor julle wat van My wil hoor

Hoekom sê-vra Abba-God
Is daar altyd soveel mense
Wat uitmis op die konneksie
Wat Ek met party van My kinders het?

Hoekom sê soveel mense
Op planeet aarde
Nee daarvoor
Hoekom wil nie almal dit hê?

Abba-God se kinders
Kinders van die wêreld
Asseblief luister vir My
Dit hang alles af van julle

Ja sê ons liefste God
Dis so gereeld dat mense sê
Party word voorgetrek
Maar oe dit is nie so

Liefste kinders
Kan Pappa julle vra
Om asseblief te bely
Hoeveel tyd sit julle rerig in om My beter te kenne te kry

Pappa se kinders
Almal tesaam
Kan Ek julle vra
Is julle rerig so ywerig om My te leer ken soos party mense is?

Sien sê Pappa-God
Kinders dis waar die verskil lê
Dit lê nie by hoeveel Ek jou soek nie
Maar by hoeveel jy van My wil hê

Alles, alles hang altyd daarvan af
Sê Pappa-God
Alles My kinders
Alles by die plek van wil jy regtig meer van My hê

Party sê dit so gou
Sê Abba-God
Party sê dit te gou
Dalk moet julle net weer daaraan dink

Ja sê Pappa-God
Kan Ek julle vra
Om net te besin
Oor wat julle vra en of julle dit rerig bedoel

Ja begin dink daaroor
Asseblief liefste kinders
Begin dink daaroor
Vra Abba-God

Dis te maklik sê Pappa-God
Dat julle dit sê
Maar dan nie rerig bedoel
Kinders asseblief dink weer

Ek is so so lief vir julle
Sê Pappa-God
En My hart is
Om altyd sag teenoor julle te bly

Partykeer is dit moeilik
Sê Pappa-God
Om sag teenoor julle te bly
Partykeer maak julle dit net so moeilik vir My

Ja liefste kinders sê Pappa-God
Het julle al kinders gesien
Wat nie wil hoor as jy mooi vra
Kinders wat bly dan nog oor?

Ja-nee sê Pappa-God
Dis nie altyd vir My maklik
Om die kinders van die wêreld op te voed
Party maak dit so, so moeilik

Julle hoor dit seker ook gereeld
Sê Abba-God vir Sy kinders
Kinders wat bly sê
Ag los my net uit!

Kinders dis moeilik né
Rerig, rerig moeilik
Veral as jy net vir hulle
‘n Beter manier wou wys

Ja vir baie van My kinders
Sê Pappa-God
Is Ek ‘n hindernis
Hulle wil My nie so naby hê

Kinders kan julle nie
Kan julle nie My omgee
En liefde vir julle sien
Hoekom voel julle nie dieselfde nie?

Dis soos ‘n ouetehuis
Sê Pappa-God
Waarheen baie ouer mense gaan
Slegs omdat hulle kinders nie meer tyd vir hulle het

Ja sê Pappa-God vir Sy kinders
Ek weet dis ‘n sensitiewe saak
Maar dis tog ietsie
Waaroor ons moet praat

Waarom sê Pappa-God
Word so baie ouetehuise
Met ouer garde toegestop
As daar soveel huise is wat nog ‘n plekkie vir hulle kon hê?

Ja sê ons liefste Pappa-God
Ek weet dis dikwels
Iets wat julle nie wil hoor
Maar hoekom is dit so?

Hoekom is dit kinders
Dat julle baie gou vergeet
Van die ouer garde
Die mense wat voor julle hierdie harde aarde bewandel het

Kinders Ek weet
Dis nie aldag maklik nie
Maar Ek wil julle tog vra
Om ‘n bietjie meer geduld met hulle te hê

Ja sê Pappa-God
Baie harde lesse
Het die lewe hulle dikwels geleer
Harde lesse wat hulle baie keer nog leer

Liefste kinders
Ek wil julle rerig vra
Begin om hulle te waardeer
Begin om van hulle te leer

Ja sê Pappa-God
Baie-baie goue lesse
Baie wysheid lê opgesluit
In die wat grys is van jare

Kinders julle kan gerus
Meer van hulle leer
Julle kan gerus
Na meer van hulle wysheid vra

Party is so lief vir My
Sê Pappa-God
Party eer My vandag nog
Met die lewens wat hulle leef

Kinders van Pappa-God
Die gryses in jare
Julle God in die hemel
Hy is so lief vir julle

Hy sien julle kinders
Al het baie in hierdie lewe
Van julle vergeet
Sal julle Pappa-God in die hemel dit nooit doen

Want julle bly My kinders
Sê Pappa-God
Al is julle al redelik groot
En gevorderd in jare 🙂

Nee kinders regtig
Ek is baie trots op julle
Baie-baie dankie vir al die jare wat agter julle lê
Die jare van voor-loop

Pappa se kinders
My kinders
Julle het so-so goed gedoen
Ek wil dit graag vir julle sê

Moenie vergeet om te onthou
Dat Ek steeds vir julle is
Ja selfs in julle oudag sal Ek by julle wees
Soos My Woord beloof

Wees sag mensekinders
Asseblief wees sag
Met die mense wat julle omring
Wees sag soos Ek sag is

Ek weet dis dikwels moeilik
Ek weet dis nie iets wat julle aldag regkry
Tog is Ek so dankbaar en trots
Op die wat aanhou probeer

Kinders dankie
Baie, baie dankie
Vir julle wat aanhou doen
Wat Ek vra

Julle maak die hart trots
Julle maak My hart so sag
Dankie kinders dat julle aanhou
Om na die swakkes en oues onder julle te kyk

Dankie kinders
Dankie daarvoor
Ek sê dankie sê Pappa-God
Ek eer julle daarvoor

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s