'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Valleie se diamante

Dikwels
Sê Pappa-God
Wat My hart seer is
Oor goeters wat op aarde gebeur

Baie sleg
Is nie van My nie
Sê ons Koning
Ek wil graag dat julle dit weet

Moenie aanhou uitvis nie
Sê Pappa-God
Kinders partykeer is dit beter om nie te weet nie
Totdat julle in die hemel kom

Ja kinders
Baie kere dat julle julself vermoei
Om uit te vind
Of iets van My is

Kind partykeer is dit Ek
Partykeer is dit nie
Hoe sal julle weet
As julle My nie ken

Sleg kan Ek gebruik
Om mense terug te bring
Of dieper te grondves in My liefde
Dit is hoekom Ek dit sal toelaat

Partykeer gebeur dit
Sê Pappa-God
Dat mense hulle rüe op My draai
Omdat hulle My nie ken

Ja sê Pappa-God
Mense wat My nie ken
Wil nie weet dat Ek omgee
Of dat Ek altyd daar is

Ja hulle wil nie hoor nie
Sê Pappa-God
Dat Ek die seerste seer kan genees
As jy als vir My gee

Kinders Ek weet sê Pappa
Dat dit met kere baie moeilik is
Om jou oë op My te hou
Maar Ek kan in die tye jou die mooiste lesse leer

Kinders in tye van weerloosheid
Hopeloosheid en seer
Wil Ek vra dat julle rerig
Na My sal draai

Begin My liefkry
Sê Pappa
Asseblief
In die son en seer

Dis baie kere sê Pappa
Gereeld dat dit gebeur
Dat Ek My kinders se harte kan toets
Deur die swaar wat Ek toelaat

Ja sê Pappa-God
Kinders Ek weet dis nie iets waardeur julle ooit wil gaan
Tog is dit juis dit wat julle baie kere
By die mooiste geskenke in die Gees uitbring

Kinders
Liefste kinders sê Pappa
Dis hoekom Ek seer sal toelaat
Dis hoekom Ek sal toelaat dat julle twee paaie kruis

Ja kinders
Pappa weet dis seer en swaar met tye
Maar dis dikwels
Wat julle in die Gees by volheid uitbring

Kinders daarom wil Pappa julle vra
Moenie donker tye vrees nie
Moenie dan veral
My goedheid betwyfel nie

Pappa se kinders
Ek sal julle bly deurdra
Sal julle asseblief aanhou daarna vra
Sal julle asseblief aanhou vertrou

Baie, baie kere
Sê Pappa-God
Dat dit gebeur dat mense hulle rüe op My draai
As swaar ‘n bietjie hallo kom sê

Kinders Ek wil julle rerig vra
Vra Pappa-God
Om in die donkerste tye te bly bely
Ek is goed

Ja liefste kinders
Swaar sal julle partykeer
In hierdie lewe moet dra
Maar nooit alleen as julle sou vra

Dit beteken vir My baie
Sê Pappa-God
Baie kere as Ek sien dat julle
Met swaar en seer na My draai

Kinders dit beteken
Ek kan dit draai
In die mooiste mooi
Iets waarna jy met dankbaarheid sal terugkyk

Ja liefste kinders, ja
Dis baie kere wat gebeur
As Ek swaar tye toelaat
Ek doen dit om julle die mooiste lesse te leer

Ja partykeer is dit moeilik
Partykeer is dit maklik
Partykeer werk julle saam
Ander kere weer nie

Dis hoekom dit altyd so belangrik is
Sê Pappa-God
Om in die swaarste tye van die lewe
Na My te draai

Ja liefste kinders, ja
Pappa laat dit toe
Ek laat moeilike tye toe
Omdat Ek die mooiste mooi daaruit voort kan bring

Kinders asseblief
Moenie ooit bang wees
Om saam met My
Donker valleie te trotseer

Kinders dit sal nie ooit gebeur
Dat Ek My rug op een van julle sal draai
Nee kinders My hart is goud
Ek is getrou en sal julle nie ooit verlaat

Kyk asseblief na My
Vra Pappa
In die donkerste tye van jou lewe
Die diepste valleie en weet dat Ek jou daardeur sal lei

Ja Abba se kinders
Asseblief vertrou My altyd
Weet dat Ek beslis
Die regte deure sal oopmaak

Ja sê Pappa-God
Dis wat Ek altyd bly doen
Met kinders wat hulle vertroue
In My julle Hemelse Pappa bly sit

Kinders Pappa verstaan
Ek weet
Moeilike tye wil julle nie ooit deur
Maar wat as dit julle die mooiste lesse leer

Wat as dit julle bly leer
Van God se getrouheid groot
Wat as dit julle leer
Van Pappa se altyd-pefekte-liefde

Pappa se kinders sien julle
Sien julle dat die lewe se storms
Die vermoë het om julle hierdie waarhede
Op die mooiste manier te leer

Kinders dis hoekom Ek
Julle wil bly vra
Moenie weghardloop in donker tye nie
Hardloop nader aan My

Pappa se kinders
Moenie die storm vrees nie
Lief dit
Want dit het die vermoë om die mooiste intimiteit tussen ons te bou

Kinders van My hart
Dis altyd wat storms doen
Veral as jy bly vashou
Dit maak die verhouding tussen ons net mooier

En dis ook hoekom
Sê Pappa-God
Ek moeilike tye in huwelike toelaat
Want dit trek mense nader aan mekaar

Ja sê Pappa-God
Ek praat nou nie van die verkeerde goed toelaat
Ek praat van die storms van die lewe
Wat mense se harte een maak

Swaarkry het die manier
Sê Pappa-God
Om die mooiste intimiteit tussen mense te bou
As hulle dit sou toelaat

Ja sê Pappa-God
Baie kere wat dit gebeur
As mense My uit die oog laat
Om mekaar verskriklik te blameer

Eerder sê Pappa dat hulle saam-sak
Op hulle knieë
Voor My troon
En net vra vir genade om deur te trek

Kinders My genade is genoeg
Meer as genoeg
Weet dit asseblief
Die lesse gaan julle waardeer, die dag as julle terugkyk

Kinders asseblief
Moenie weggooi dit wat Ek julle in donker dae wil leer
Hou eerder vaster My hand
En trek saam My deur

Kinders, kinders
Dis hoekom Ek hulle toelaat
Vir My en jou om hegter verhouding te bou
Vir My en jou om meer een te raak

En kinders dit is dikwels
Dikwels wat gebeur
As die storms tref
En jy grond vasstrap

Grond vasstrap en sê
Saam met my God gaan ek hierdeur
Saam met my God gaan ek dit maak
Saam met Hom gaan ek triomfeer!

Baie kere dat mense dink
Ek straf hulle
As iets slegs gebeur
Kinders dis nie altyd so

Dis baie-baie kere eerder
Omdat Ek die begeerte in My hart het
Om intimiteit met jou te bou
En jou net nader aan My wil trek

Ja sê Pappa-God
Asseblief liefste kinders
Begin om met ander oë
Na die storms in jou lewe te kyk

Sien hulle eerder as geleenthede
Sê Pappa-God
Om jou verhouding met My te verryk
En dieper te laat groei

Kinders dis maar al
Dis maar al wat storms veronderstel is om te wees
Die valleie van die lewe
Kan die mooiste diamante inhou

Kinders asseblief onthou altyd
Wat in Psalm 23 geskrywe staan
Onthou dat Ek belowe
Ek sal altyd by jou wees

Al gaan jy deur ‘n dal van doodskaduwee
Seun, dogter
Moet jy altyd onthou
Dat Ek jou Pappa steeds by jou is

Ek is lief vir jou My liefste kind
Seun, dogter
En dis maar al wat Pappa julle in die stukkie wou leer
Dat nie-sonskyn-tye julle die goudste lesse kan leer

Daarom moet nie bang wees vir hulle nie
Vertrou My veel eerder
Leer My ken
As die standvastigste Rots onder jou voete

Dis omdat mense My nie goed ken nie
Dis omdat hulle nie weet wie Ek rerig is
Dat hulle voete so onstabiel raak
Wanneer ‘n golf hulle lewenshuisie tref

Kind kom word eerder
Heel in My liefde
Kom besef Ek is by jou
Ek sal jou deurdra

Dis omdat julle nie genoeg vertroue
In My omgee vir julle het nie
Dat julle voete so gou wankel
Wanneer storms tref

Kind kom weet dit nou
Asseblief
Kom weet dat Ek vir jou is
En dat dit altyd so sal wees

Kind as dit is
Wat die storms kom leer
Is dit nie mooi nie
Maak dit nie als die moeite werd?

Sien kind, sien
Dis hoekom Ek altyd vra
Hou aan met vashou, hou aan
Want dan sal jy sien die mooi lesse wat storms leer

Dis net omdat baie mense
Nie uit die boot klim
Dat hulle nie saam met My
Op water kan loop

Kinders dis wat storms leer
As julle bly vashou
Dat Ek ‘n Goeie God is
En dat Ek die onmoontlike kan doen

Weet dit vandag kind
Laat toe dat die storms van die lewe dit vir jou leer
So sal jy weet en vind kind
Ek is en bly oor elke storm Heer

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s