Blinde oë, Liefde so groot

Ark van genade

U hart is sag
U liefde is so mooi
Dit gee die wêreld soveel hoop
Net om te weet U sal nooit opgee

Daddy ons verdien U liefde so sag
Nooit nie
Tog hou U aan om om te gee
En te sê My kind Ek is altyd daar

Ek gee om sê ons liefste Pappa
Oor julle elke nood
Julle elkeen
Is so spesiaal en kosbaar vir My

Ek weet sê Pappa
Dat dit altyd die wêreld se missie is
Om julle anders te leer
Om julle van ‘n ander waarheid te oortuig

Kinders van die wêreld
Pappa se kinders
Ek wil julle vra om altyd te onthou
Dat My hart so sag is

Nie sag sê Pappa
Soos in papbroekig
Nee liefste kinders
Sag soos vol genade en lankmoedigheid

Sag sê Pappa, sag soos
Genade wys wanneer iemand dit nie verdien
Sag soos nou weet Ek
Die einde het vir jou aangebreek

Ja sê ons liefste Pappa-God
Kinders julle moet nooit uit oog verloor
Ek weet hoeveel kanse mense opgebruik
Ek weet hoeveel kanse om nog te gee

Daddy sê
Kinders kyk
As My hart soos julle s’n was
Was nie julle of die wêreld lank meer hier

Daddy sê julle weet van sag wees
Maar Daddy sê
Ongelukkig as julle seer kry
Word julle baie hard

Ja sê ons liefste Pappa-God
Julle weet van genadeloos wees
Teenoor mense wat julle seermaak
Dis iets wat julle redelik maklik regkry

Pappa wil julle dus vra kinders
Om te onthou
Pappa is sag
Want Sy genade hou julle nog veilig vas

Ja sê Pappa-God
Lankal terug reeds
Het julle die dood verdien
Lankal terug reeds moes julle almal in die hel wees

Hoekom is julle nog nie daar nie
Sê Pappa-God
Hoekom brand julle nie alreeds
Julle wat net nooit ja vir My wil sê?

Kinders dis omdat My hart sag is
Lank en lankmoedig wag Ek al lankal
Lankal wat Ek vir julle wag om tot bekering te kom
Vir julle oë om oop te gaan

Kinders besef julle sê Pappa-God
Dat Ek die God van kanse is
Dis altyd sê Pappa-God dat Ek kanse gee
Oor en oor, so gereeld

Mense wat My ken sê Pappa
Mense wat saam met My ‘n pad loop
Hulle weet te goed sê Abba-God
Hoe gereeld Ek daar is om hulle weer op te help

Ja-nee sê Abba-God
Dis net altyd julle wat buite
Die veilige kraal bly staan
Wat glo dat Ek koud en ongenaakbaar bly

Daddy sê My hart was so seer
Die dag toe Ek vir Noag en sy familie
Saam met die diere
Die ark binnestuur

Daddy sê My hart was seer
Het oor en oor gebreek
Vir die wêreld en die mense wat gekies het om buite te bly
Toe die deur van My genade toegaan

Ja sê ons liefste Pappa-God
Hulle almal het ‘n kans gekry
Tog het hulle bly nee sê
Dis iets wat Ek nou nog nie verstaan

Daddy sê
Abba-God se kinders
Julle wat die wêreld so liefhet
Julle verstaan nie die wêreld gaan julle nog in die steek laat

Julle moet verstaan
Sê Abba-God
Toe daai deure toegaan en die reën begin val
Was dit te laat

Ja sê Abba-God
Vir terugdraai was daar
Toe nie meer kans
Of vir ek was verkeerd

Kinders julle moet verstaan sê Abba-God
Die ark van My genade
Word lank reeds gebou
Ja sê Abba-God vir My Seun het Ek die werk kom gee

Kinders dis al vir jare dat mense bly spot
Net soos wat die mense
Daai tyd met Noag gemaak het
Maak hulle nog presies dieselfde

Kinders julle moet verstaan
Sê Abba
Daar gaan ‘n tyd kom wat dit vir ewig te laat gaan wees
Vir die wat nie wou kom

Kinders dis hoekom sê Pappa
Ek julle oor en oor bly nooi
Kom asseblief nader
Nader aan My en My Hemelse Koninkryk

Daddy sê Ek wag al vir jare
Ek wag al vir jare
Vir mense om aan boord te kom
Voor ook hierdie ark sy genade-deure gaan sluit

Kinders hoekom hou julle aan
Sê Pappa-God
Om die werkers wat aan hierdie boot werk
Uit te lag en uit te jou

Daddy sê daar kom ‘n tyd
Kinders van die wêreld
Dat die waarskuwings en uitnodigings van My werkers gaan ophou
Julle moet kom, dis reeds amper te laat

Daddy sê Ek het julle ‘n beeld gegee
‘n Storie van verwysing
Op die einde gaan niemand kan sê
Ons het nie geweet

Daar is ‘n reënboog van belofte
Sê Abba-God
Wat wag om op My kinders neer te skyn
Kinders dis die belofte van ‘n ewigheid saam met My

Kinders sê Pappa-God
Daai dag kom beslis
Dit moet julle weet
Nie moed verloor

Daddy sê ja
Daai dag was My hart baie seer
Die dag van verwoesting
Toe Ek dit net kon regkry om 8 mense te red

Ek hoop dat dit hierdie keer
Veel meer sal wees sê Abba-God
Mense wat bereid sal wees om te sê
Ek gaan my beskutting in God se ark van genade vind

Kinders tot vandag sê Abba-God
Wat julle bly groei in genade
Want daai genade-deur is nog nie toe
Hy staan nog wa-wyd oop

Kinders van die wêreld
Kan Ek julle nooi
Julle moet hardloop sê Abba-God
Om rus by My te kom vind

Vir jare sê Abba-God
Vir jare en jare
Het die mense Noag bly spot
Want verwoesting in die vorm van reën het hulle nog nooit gesien

Kinders asseblief
Moenie verkeerd bly glo
Net omdat julle nie kan sien
Die dag van wraak teenoor sonde kom beslis

Kinders Ek wil julle vra sê Pappa-God
Om te onthou
My Seun het die prys van die wêreld se sonde op Hom kom neem
Maar julle moet die offer van genade aanneem

Daddy sê dis net die wat aan die einde
Veilig in My ark van genade gaan sit
Wat veilig sal wees
Die res sal ewige verdoemenis smaak

Kinders asseblief
Ek sê julle
Ek vra julle
Ek nooi julle, kom nader

Kom nader sê Pappa-God
Begin om saam met My skepping
Die trappies na genade op te loop
Begin om saam met My jou plek in die ark op te neem

Kinders die ark is groot
Daar is genoeg plek vir elkeen
Moenie dat dit jou uithou
Nie een mens hoef uit te mis

Hierdie offer van genade
Staan nou reeds lankal
Kinders moet hom asseblief nie
Nie opneem

Nee liefste kinders
Sê Pappa
Julle moet hardloop
Julle moet asseblief by My kom wees

Sien julle sê Abba-God
Hoe Ek self by die deur-opening staan
Hoe Ek bly nooi met arms oop
Kom kinders, kom daar is nog baie plek

Sien kinders, sien
Sê Pappa
Ek wil nie graag die deure sluit
Nie voordat elkeen in is

Nee sê Pappa, nee
Ek wil hê elkeen moet in
Ek wil hê elkeen moet dit maak
Ek wil nie hê een moet verlore gaan

Tog sê Daddy
Kom daar ‘n dag
En dit is vasgestel
Dat ook Ek sal ingaan en sê maak toe die deure

Daar sal ‘n geklop wees sê Daddy
Net soos daai tyd sê Abba
Wanneer mense besef wat aangaan
Maar dan sal dit te laat wees

Kinders dis hoekom Ek bly vra
Die tyd is nou
Die tyd is nou
Die aangewese tyd is nou

Hoekom, hoekom sê Daddy
Moet julle My altyd bly wegwys
Het Noag se ark nog nie bewys
Dit wat Ek sê, dit doen Ek

Kinders asseblief
Begin om My Woord te vat
Bo-oor al die stemme wat so vir jou jok
Bo-oor al die stemme wat jou weglok

Kinders, kinders asseblief
Luister ‘n bietjie wat Pappa vir jou sê
Net die wat in verbond met My staan
Hulle gaan saamgaan

Ja kinders sê Abba
Al die ander mense sal buite bly staan
Hulle sal moet staan en toekyk
Hoe ons wegvaar

Kinders asseblief
Pappa nooi julle
Glo My Woord bo oor alle ander
Myne is die enigste een wat nooit sal vergaan

Kinders Ek nooi julle sê Pappa
Ek nooi julle
Kom saam
Wanneer die ark oor die horison verdwyn

Soveel mense het daardie dag verdrink
So sal dit ook op die einde wees
Die wat nie saamgaan nie
Sal ingesluk word deur die waters van die ewige hel

Kinders asseblief
Moet nie dat dit jy wees
Moenie dat dit jy wees
Wat onder daai waters verdwyn

Die uitnodiging is hier
Die uitnodiging is nou
Wat gaan jy doen daarmee kind?
Moet asseblief net nie sê nee

Die grootste verwoesting
Sal dit in jou lewe meebring
Kinders asseblief
Moenie vir ewige hel ja sê

Ek nooi jou nou
Om saam met My die ark binne te gaan
Daar sal jy veilig wees
Daar sal ons gemeenskap hê

Kom kinders
Kom kyk saam met My
Dat die ark vol vreugdes lê
Kom en ontdek saam met My

Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Ark van genade”

  1. Dit is so dat ons heil op die ou end nie daarin le of Zuma val of nie (alhoewel ek ook vandag in protes aksie deelgeneem het). Ons heil le inderdaad in die nuwe ark wat die Skrynwerker kom bou het en die hoeksteen daarvan is ‘n houtkruis en ‘n oop graf. Ons heil le inderdaad in dit wat Christus reeds gedoen het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s