'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Stil-raak-saligheid

Hoe dikwels mis ons
Pappa se vrede
Als omdat ons nie
In Sy stille teenwoordigheid wil kom stilsit

God se kinders
Pappa se kinders
Ons mis soveel vrede
Omdat ons nie kan stilsit

God is in die vrede
Van die wêreld
Hy is nie in die besig-wees
Die nie-stilsit

Kinders van Pappa-God
Ons moet begin luister
Na Pappa-God se fluister
Hy het die mooiste stem

Sy Stem is soos die
Waters van die see
Dit suis en bruis
Maar praat tog ook saggies met die hart

Wanneer laas het julle geluister
Pappa-God se kinders
Wanneer laas het julle geluister
Na wat Pappa vir julle sê

Partykeer is dit so mooi
So stil
Dat mens rerig jou oor moet instel
Anders gaan julle Hom nie hoor

Pappa se kinders
God se kinders
Hy wil julle nader nooi
Hy vra kom sit asseblief ‘n bietjie by My stil

God se kinders
Ons wil met julle praat
Pappa, God se Seun en die Heilige Gees
Sal julle asseblief stil-raak

Dis so dikwels
Sê Pappa
Dat hierdie wêreld julle verkeerd leer
Hulle leer julle nooit stil-raak

Stil-raak by Abba-God se voete
Kinders dit sal nooit oud-modies raak
Dis wat My kinders se harte en hande
In hierdie wêreld aan die gang hou

Ja sê Pappa-God
Baie mense het die wonder
Van by My kom stilsit verloor
Tog is daar die wat dit nie ooit sal kan doen

Want hulle het al geleer
Sê Abba-God
Ja baie kere met moeilike tye
Dat Ek die Anker is en bly

Ja sê Pappa-God
Dis gewoonlik mense wat nie
Waarlik besef wat hulle in My het
Wat ophou met opdaag saam met My

Maar dan is daar ander
Sê Pappa-God
Dikwels wat hulle kom bly kuier
Want hulle weet hulle sal nie ooit moeg raak daarvoor

Pappa se kinders
Die wat gereeld kom
Pappa wil net sê
Ek is trots op julle

Dankie so baie dat julle dikwels
Tyd bly uitkoop om saam met My te wees
God se kinders, My kinders
Dit maak My so bly

Ek wil rerig dankie sê
Sê Pappa-God
Baie kere dat julle dink
Ek nie eintlik hoor

Pappa-God se kinders
Julle wat altyd tydjie maak vir My
Pappa wil net dankie sê
Ek sien kind elke tree wat jy so dikwels nader aan My gee

Pappa-God se kinders
Ek sien
Ek gee om
Ek wil vir julle dankie sê

Gereeld sê Pappa-God
Dat mense vergeet
Ons moet tyd saam hê
Ek en jy vir verhouding bou

Pappa se kinders
My kinders
Liefste, liefste kinders
Dit is so-so nodig

Ek wens julle kon sien
Sê Pappa
Dikwels wat Ek skatte voorberei
Soos met wegkruipertjie maar julle kom nooit om hulle op te spoor

Pappa se kinders
My kind
Daar is skatte van My hart
Wat oral onoopgemaak rondom jou lê

Wanneer gaan julle begin soek
Vra Pappa
Na die skatte wat rondom julle lê
Wanneer gaan julle hulle begin oopmaak?

Pappa se kinders
Dis soos hand-granate
Oral het Ek hulle gaan neerlê
Ek wag vir julle om op hulle te kom trap

Hoekom sê so baie van My kinders
Nee vir die mooiste skatte
Wat hulle ooit sal kan vind
Hoekom bly hulle nee dankie sê daarvoor

Pappa se kinders
My kinders
Kan Ek julle vra rerig
Om als vir My te bring

Kind
Ek weet sê Pappa-God
Ek verstaan
Dis dikwels vreemd in die begin

Vreemd om op My te wag
Vreemd om My manier te kom probeer
Maar kinders as julle net bereid was om by die vreemheid verby te beweeg
Sou julle so sien

Die mooiste mooiste manier
Is altyd Myne
Asseblief liefste kinders kom probeer net
Asseblief wag totdat resultate begin wys

Julle vermy My altyd so baie
Sê Pappa-God
Tog is My hart altyd so sag
Tog nooi hy julle altyd nader

Kinders asseblief
Sal julle kom
Sal julle vir My manier kom dankie sê
Sal julle hom rerig probeer?

Pappa se kinders
Pappa verstaan
Dis vreemd
Maar dis mooier

Pappa se kinders
Wêreld se kinders
My manier is altyd mooier
Altyd soveel wyser

Pappa-God se kinders
Die wat My raad wil probeer
Kom nader
Laat toe dat Ek julle reg leer

Dis dikwels sê Pappa
Wat Ek probeer
Maar nie gereeld
Dat Ek dit regkry

Ek vra baie
Sê Pappa
So so baie
Kinders asseblief hou julle harte sag vir My

Hoekom vra Pappa
Gebeur dit gereeld kinders
Dat julle julle oë van My afhaal
En op iets beters as Ek plaas

Pappa se kinders
Asseblief
Julle moet verstaan as iets ooit beter as Ek vertoon
Is dit ‘n dekmantel

Ja sê Pappa-God
‘n Dekmantel wat iets boos
Of iets nie halfpad-so-goed-soos-Ek wegsteek
Ja sê Abba dit is hoe dit is

Kinders
Ek is
Die ware mooi in hierdie lewe
Daar is geen mooier een as net Ek

Hou asseblief op vra Pappa
Om altyd meer vertroue
In ander dinge as Ek te plaas
Kinders dit hoort nie so

Pappa wil veel eerder vra
Kom net nader
Nader aan My
Sê asseblief ja vir al die goue lesse wat Ek julle wil leer

Ja sê Pappa
Dikwels is My hart seer
As dit nie gebeur
Maar Ek sal aanhou probeer

Party sê ja
Party sê nee
Hopelik sal hulle gou van plan verander
En besef wat lê voor hulle deur

Dis dikwels sê Abba
Wat dit gebeur
Dat Ek lang jare aan iemand se hartsdeur klop
Sonder dat hulle ooit vir My oopmaak

Ja sê Pappa, ja
Kinders partykeer probeer Ek al so lank
Julle sou al lankal moed opgee
As dit met julle sou gebeur

Julle besef dikwels nie
Julle weet nie
Hoeveel lankmoedigheid Ek aan die dag lê
Om selfs net 1 siel in te bring

Ja sê Pappa-God
Julle verstaan nie
Julle verstaan nie kinders
Hoe graag Ek net nog 1 siel deel van My Koninkryk wil maak

Ja sê Pappa-God
My kinders
Die moeite wat Ek met 1 kind doen
Dit sou julle verstom

Kinders
Kinders van My hart
Pappa
Pappa kan nie op julle opgee

Ek weet nie hoe nie sê Abba
My hart wil My dikwels nie toelaat
Hy hou net aan sê probeer weer
Probeer weer dalk sal hulle hierdie keer ja sê

Ek weet nie sê Abba
Ek verstaan nie
Hoekom dit vir julle dikwels so moeilik is om My raak te sien
Hoekom julle My nie in julle lewens wil hê

Pappa se kinders
Wêreld se kinders
Ek wil graag aan julle sê
Dat julle verkeerd glo

Julle glo nie reg nie
Kinders
Nie as julle aanhou om van My af weg te loop
En nooit weer nader wil kom

Pappa se kinders
Asseblief
Ek wil julle begin vra
Sê ja vir die volheid wat op julle wag

Julle leef een keer kinders
Daar gaan nie nog kans na hierdie een wees
Asseblief kinders doen dit voluit
Kom leef voluit

Moenie terughou nie
Sê Pappa
Asseblief liefste kinders
Asseblief nie

Julle is gemaak
Vir drome so groot
So groot het Ek gedroom
Die dag toe Ek julle elkeen formeer

So min van julle
Wat ja sê daarvoor
So min van julle
Wat rerig wil leef

Kinders julle dink julle doen
Maar eintlik doen julle glad nie
Asseblief laat My toe om vir julle
Die waarheid oor lewe hier op aarde oop te breek

Liefste kinders
Die wêreld gaan nie net oor julle gemak nie
Pappa se kinders Ek wil julle vra
Wat het Jesus op aarde kom doen

Pappa-God se kinders
Kinders van die wêreld
Kan Ek julle vra
Hoekom is so min van julle bereid om te vra

God se wil
Pappa se wil
Asseblief laat dit bo alles in my lewe geskied
Kinders julle maak dit ‘n gebed baie swaar

Ja sê Pappa-God
Dikwels
Dikwels wat Ek julle vra
Kinders asseblief vertrou Pappa se hart

Vertrou asseblief dat Ek
Die beste vir jou wil hê
Selfs al is dit nie iets
Wat altyd gebeur

Dikwels sê Pappa
Dat julle dink
Ek My rug op julle draai
Maar dis nie hoe dit ooit is

Kinders Ek is deel van die
Swaar en pyn in hierdie lewe
Ek wil hê julle moet verstaan
Dat Ek nie buite dit is

Ja sê ons liefste Pappa-God
Dis dikwels kinders
Julle wat julle rüe op My draai
As iets verkeerds gebeur

Ek is jammer My kinders
Jammer dat dit partykeer moet gebeur
Tog kan Ek dit soveel kere maak
Die mooiste mooi

Kinders Ek kan sê Pappa-God
Die seerste seer
Weer mooi maak
Ek het daardie vermoë

Julle kan My hand
Bly vashou
Seun, dogter van My hart
Dis nou net vorentoe

Hou asseblief op vra Pappa
Om terug te kyk
Asseblief kinders nee, vorentoe
Dis al hoe Ek als beter kan maak

Kinders julle vermoë
Is so klein teenoor Myne
Asseblief weet dit vandag
Word net rustig in My liefde vir jou

Kinders Ek kan baie meer maak
Met die seer in jou lewe
As wat jy ooit kan
Weet dit asseblief vandag

Begin om die seer van hierdie lewe kind
Uit te haal en saam met My vir goed weg te pak
Dis wat gebeur as jy My toelaat
Om ten volle te genees

Liefste seun
Dogter van My hart
Vind My getrou
Asseblief doen wat Ek vra

Ek weet sê Pappa
Ek weet
Daar is seer wat julle binneste vollê
Seer wat julle nie dink julle gaan ooit oor

Asseblief kinders, asseblief
Kom gee My ‘n kans
Om vir jou te wys
Wat Ek met gebroke harte kan maak

Gebrokenheid is vir My die grootste skat
Sê Pappa-God
Een waarmee Ek die mooiste werk
Een waaruit Ek die mooiste mooi kan voortbring

Pappa-God se kinders
Asseblief
Ek wil vra
Wees net sterk saam met My

Julle seer harte
Sal en kan Ek gesond maak
Deur mense wat glo
Dat Ek kan

Kinders asseblief
Glo vir My
Daar is geen-geen seer
Wat Ek nie kan gesond maak

Julle het nodig om te begin glo
Kinders
Eerder as wat julle glo dat Ek nie kan
Ek wil julle so graag die teendeel bewys

Ek glo sê Pappa-God
Ek glo sê julle gereeld
Maar kinders dis nie waarlik so
Nie as julle kon sien hoe min julle eintlik vertrou

Julle sê julle glo
Maar julle doen nie eintlik
Julle sê julle vertrou
Maar kinders dis so klein

Word asseblief eerder wakker
Saam met My
In geloof
Kyk wat Ek waarlik kan doen

Julle leef in My harte
Sê Pappa
Die van julle wat slim genoeg is om te vra
Die van julle wat nie glo wat Ek nou vra

Kinders, kinders
Asseblief
Sal julle glo, sal julle vertrou
Soos Ek vra

Ek weet sê Pappa
Ek weet
Daar was dikwels kere op julle knieë
Maar kinders ons kan dit maak

Soos al die vorige kere kinders
Vra Ek julle net weer
Om julle oë op My te hou
Soos ons die toekoms tegemoetgaan

Weet altyd sê ons liefste Pappa
Dat Ek in beheer is
En bly
En dat niks My kan onderkry

Saam met My
Gaan julle altyd boontoe gaan
Sê Pappa-God
Weet dit asseblief vandag

Kind Ek glo
Ek glo so in jou
Weet dit vandag, asseblief
Net soos wat jy naderkom aan My

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s