'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Viesbly vir ek

U is sag
U sit by my
Om U so naby te hê
Dit bly vir my so mooi

Nooit het ek geweet
Gedink
Geglo
Dat U so naby kan wees

Wat meer is as dit
Nooit het geweet
Dat U ons so naby
Aan U wou hê

Pappa hoe sê ek dankie
Vir U stille
Mooi teenwoordigheid
Wat my deur hierdie lewe bly dra

Pappa ek wil dankie sê
Opreg dankie
Dankie dat U hier is
Dat U nooit opgee op my

Soveel kere wat ek weet
Ek U teleurstel
Soveel kere wat ek glo
Nou gaan U my nie meer wil hê

Tog doen U nie
Pappa-God
U gee nie ooit op op my
Hoe kan ek dankie sê

Hoe kan ek dankie sê
Vir liefde so mooi en trou
Hoe kan ek dankie sê
Vir U wat bly glo in my

So baie kere
Sê ons liefste Pappa-God
Wat julle jul rüe op My draai
Omdat julle julle nie self kan vergeef

En kinders
Dis omdat julle dit bly doen
Dat julle in die koue en donker
Daarbuite bly sit

Pappa se kinders
My liefste kinders
Pappa wil hê julle moet weet
Ek kan julle nie teleurstel

Ek is nie soos julle nie
Pappa-God se kinders
Ek is groter
Ek is meer

Sal julle asseblief baie meer dikwels
Sê-vra Pappa-God by My kom sit
Sodat Ek julle kan leer
Presies hoe perfek My liefde vir julle is

Pappa-God se kinders
My hart kry seer sê Pappa
As en wanneer julle julself
Dikwels so hard veroordeel

Julle is baie dikwels
Baie harder op julself
As wat Ek ooit op julle sal wees
Hoekom is dit so?

Hoekom glo julle so graag
Aan opgee op julleself
Wanneer dit by julle kom liefste kinders
Julle moet meer genade met julleself hê

Ja sê ons liefste Pappa
Kinders dis baie kere
Dat julle julleself nie kan vergeef
Oor iets wat julle verkeerd gedoen het nie

Kinders Ek wil julle eerder vra
Asseblief vergewe gou
Jouself
En kom vra My dan om dieselfde te doen

Want ja sê Pappa-God
Dit gebeur gereeld kinders
Dat onvergifnis teenoor self
Die probleem tussen ons twee is

Ja sê Pappa-God
Dis baie kere omdat julle
Julself nie kan vergeef
Dat Ek buite moet bly staan

Kinders van Pappa
Liefste God se kinders
Kan julle nie verstaan
Ek wag om te vergeef

Ek wag altyd sê Pappa
Om nuwe maniere vir julle te wys
Nuwe maniere van probeer
Nuwe maniere se leer

Kinders verstaan julle nie
Asseblief
Gereeld wat Ek vra
Vergewe julself

Liefste kinders
Dit help nie, dit help nie
Dat julle viesbly vir iets wat julle nie kon keer
Al gebeur dit gereeld

Ja liefste kinders
Pappa verstaan
Dit is seer
Maar ons sal saam daaroor

Ek vra julle kinders
Asseblief
Gereeld
Vergewe julleself

Dis baie kere wat julle
Sê Pappa-God aan Sy kinders
Self agter die deur bly staan
Waar julle My wil kom opspoor

Pappa se kinders
Ek wil vir julle sê
Julle is baie dikwels julle eie probleem
En nie Ek

Ja kinders sien julle
Pappa-God wil hê julle moet aanbeweeg
Ek wil hê julle moet oor die pyn van teleurstelling kom
Maar hoe kan ons as julle nie saam met My wil werk

Pappa se kinders
Verstaan julle nie
Wees asseblief getrou
En kom agter My aan

Pappa se kinders
Julle moet verstaan
Hierdie lewe gaan struikelblokke hê
Maar ons kan saam daardeur

Ja sê Pappa-God
Sien julle
Sien julle hierdie lewe gaan nie altyd maklik wees
Maar saam met My gaan julle triomfeer

Kinders van Pappa se hart
Ek vra julle
Wees sag asseblief wanneer dit by julleself kom
Wees sag soos Ek met julle is

Ja sê Pappa-God
Asseblief verstaan
Ek wil by julle wees
Ek wil julle naby My hê

Kinders die pad om naby My te leef
Is dikwels nie maklik
Maar kinders hy is die moeite werd
Sal julle asseblief op My weë bly loop?

Liefste kinders
Ek vra julle sê Pappa-God
Om julle eie manier van leef neer te lê
En Myne op te tel

Ja Pappa se kinders
Ja
Tot op die einde sal dit die moeite werd wees
Om te doen soos Ek vra

Ek vergewe altyd gou
Sê Pappa-God
Want Ek wil hê ons moet aanbeweeg
Na die groter en mooier dinge voorberei

Dis dikwels wat julle terughou
Sê Abba
Julle onvermoë om van die
Teleurstelling teenoor self te laat gaan

Pappa se kinders
Ek vra julle
Kan ons aanbeweeg
Kan ons oorbegin

Kinders dis dikwels
Al wat oorbegin is
Dis die optel van kanse wat Ek julle gee
En sê en gaan weer probeer

Ja ek gaan ook nie op myself opgee nie
Want God sal nooit
Ek sal weer opstaan
Al is dit tree vir tree

Liefste kinders sê Pappa
Ek wil julle leer om julleself lief te hê
Soos wat Ek julle liefhet
En so min van dit is op hierdie aarde te sien

Kinders asseblief
Vergewe julleself gereeld
Sê Pappa-God
Soos wat Ek julle in My Seun vergeef

Kinders saam met My
Kan julle altyd oorbegin
Saam met My kan julle altyd weet
Ons kan dit weer doen

Ja oor en oor
Julle sal sien
Julle moet net nie opgee op julself
Julle moet altyd bereid wees om weer te probeer

Kinders asseblief verstaan
Om onnodiglik hard op jouself te wees
Dit maak niks beter
Dit vererger als in teendeel

Dit stel al die mooi wonderlike
Genesingswerk wat Ek in jou
Binneste wil verrig
Net onnodiglik lank uit

Kinders dis nie nodig nie
Regtig
Ek weet dat julle glo dit gaan julle iets in die sak bring
Maar dit is nie so

Kinders julle moet altyd
Sterk bly staan in Jesus
Julle moet in die LiG bly
En glo Ek draai als vir mooi

Ja liefste kinders
Selfs met die grootste foute
Wat julle in die lewe gemaak het
Kan Ek iets mooi mee doen

Daarom moet julle nooit moed verloor
Daarom moet julle nooit dink
Ek kan nie meer of
Ek gaan handdoek ingooi

Kinders van My hart
Liefste kinders
Dis nooit nodig nie
So sê ons Pappa-God

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s