Byt vas, Nuwe hoop, Oorgegee

Kyk waar is ons nou

Juig al wat leef
Juig voor die Heer
Hy is God
Die een wat alle lof verdien

Hierdie God
Maak my hart so bly
Van Hom
Kan ek altyd bly sing

Ek is so bly
So dankbaar
Hy het my die kans gegee
Om Hom in te nooi

Vir jare was ek ook bang
Om nader aan Hom te beweeg
Ek het geglo Hy is kwaai
En wil nie naby aan my wees

Iewers deur Sy groot genade
Het ek begin besef
Dalk moes ek dit ‘n kans gee
En kyk wat gebeur

Kyk waar is ons nou
Sê ek aan ons Pappa-God
Kyk waar is ons nou
Als van probeer

Sien dis die ding
Sê ek ook aan Pappa-God
Sodra ‘n mens begin proe, rerig proe
Dan wil ‘n mens net meer hê

Sien en dis die ding
Wanneer ons geloof ‘n ritueel bly
Iets wat ons net moet doen
Dat ons die lewe van dit verloor

Ai Pappa-God se kinders
Ek wil julle aanmoedig
Rerig met alles in my
Moenie dat jou verhouding met God ‘n Sondag-afspraak bly

Soveel meer
Is in ons Abba-God te vind
Ek wens ek het dit toe al geweet
Tog is ek so dankbaar ek kon vind

Ek is so bly
Iewers in my deurmekaar-geit
Het ek op ‘n tyd gaan stilsit
En rerig begin dink

Begin dink aan die lewe
Hoekom ek hier was
Of daar meer was
Of ek bereid was

Oe kinders van God
Dis die beste ding wat julle kan doen
Begin dink aan hoekom julle hier is
Begin dink of julle weet wat dit is

Ons is gemaak vir groot dinge
Kinders van Abba-God
Ons is nie net maar hier om te leef
Doelloos rond te sweef

Ja baie van ons vind ons waarde in kinders
Mans of vrouens, werk of iets anders
Tog ken bitter min van ons
Die waarde wat Jesus oor ons skryf

Ek wil julle aanmoedig
Boetie en sussie in Jesus
Begin soek na die hart van God
Begin uitvind of Hy rerig daar is

Ja baie van ons glo dit
En dit is wonderlik-mooi
Maar ek wil jou nooi
Kom vind uit meer

Kom vind meer
Kinders van Abba
Kom vind meer
Daar is altyd meer

Ek is so lief vir julle
Sê Hy altyd
Altyd, altyd, altyd
Julle hoef nooit bang te wees

Baie skanse het ons Abba-God
In my hart kom afbreek
Skanse van verkeerde-glo
Skanse wat Hom op ‘n afstand wou hou

Ek is so bly
Dat ek deur Sy genade
Ja kon sê vir nader beweeg
Ja kon sê vir perfekte omgee

Baie lessies het ek
In die laaste paar jaar by Abba-God geleer
Lessies van die lewe
Lessies dat Hy van beter weet

Ek is dankbaar vir elke een
Dankbaar dat ek Hom vir myself kon vind
En kon ontdek dat Hy beter is
As wat die beste storieboek ooit kon vertel

Ek wil jou maar net nooi
Boetie, sussie
Kom doen wat ek gedoen het
Nooi Hom stukkie vir stukkie dieper in jou hart in

Dis maar wat ek
Tot en met vandag doen
Ek hou aan elke dag
Om tyd met Hom te spandeer

Dis asof die mooiste vrugte
Vanself aan ‘n mens se lewensboom bly hang
Wanneer jy dit vind
En aanhou doen

Die lewe het soms stryd
Vriend en vriendin
Tog het ek al geleer
Om net na Hom te bly kyk

Dit is partykeer moeilik
Maar saam met Hom kan ons
Hy maak die lewe so die moeite werd
Slegs omdat Hy in hom is

Mag julle dit ook vind
Elkeen wat nou hier lees
Die waarde van die woorde wat ek deel
En dat Jesus jou so-so baie liefhet

Kyk net altyd na Bo
Hou aan opkyk
Wanneer jy val staan net weer op
Weet, Jesus is by jou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s