Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Leef vir God

Geloof wat glo in God
Dit maak ons God so bly
Ek wens julle kon sien
Die vreugde wat Ek daaruit kry

Ek wens meer mense wou glo
Sê Hy
Ek wens hulle wou nader kom
Aan My

Kinders Ek verstaan nie aldag
Hoekom julle aanhou nee sê
Tog sal Ek aanhou probeer
Hoop dat julle tog ja sê

Julle maak My hart seer
Ja Ek kry ook seer
Julle wat bly terughou
Julle wat aanhou sê ag nee, nie weer

Ja sê Pappa-God, ja
Ek weet baie mense word moeg
Van My geklop aan hul hart se deur
Tog sal Ek aanhou daarmee

Ja-nee
Want Ek weet
Daar is ‘n groot prys op die spel
‘n Ewigheid sonder of saam My

Ja dis dikwels iets wat mense op aarde
Heeltemal uit oog verloor
Of hulle saam met My
Of sonder My die ewigheid tegemoetgaan

Baie mense
Weet nog nie eers daarvan
En so min mense
Wil hulle daarvan vertel

Ek wonder hoekom is dit so?
Ek wonder of hulle nie sien
Daar is ‘n ewigheid op die spel
En baie mense wat verlore gaan

Ja-nee sê Abba-God
Dis rerig tyd dat die arbeiders
Aanmeld en sê
Abba-God hier is ons

Ek is altyd opsoek na kinders
Bereid om te sê
Abba-God gebruik my
Ek sal gaan, sê net waar

Dis vir My dikwels
Baie moeilik om hulle te kry
Sê Pappa-God
Mense op aarde hulle leef maar vir hulself

Ja sê Pappa-God
Vir baie mense is dit belangrik
Om hulle drome en ideale te verwesenlik
Hulle vra nie eintlik na Myne

Ja-nee mense bereid om hulle agendas
Neer te lê vir Myne
Hulle is so skaars soos hoendertande 😉
So sê Pappa-God

Nee maar op ‘n
Ernstige toon nou
Gesels Pappa-God
Is dit baie waar

Baie, baie mense hier op aarde
Leef vir een ding
Hulle en hulleself
Hulle en hulle ideale

Bitter-bittermin mense
Is bereid om te sê
Om te bid
Pappa-God gebruik my soos U wil

Ek weet nie
Dalk weet mense nog nie, dalk het hulle vergeet
Maar eintlik is hulle hier op aarde
Om Jesus se voorbeeld na te volg

Wat het Jesus vir Sy dissipels gesê
My wil is om te doen
Die wil van My Vader
Hy het My gestuur, Sy werk moet Ek voltooi

Kinders van Abba-God
Liefste kinders
Verstaan julle nie
My hart kan julle glo

Hy is vir julle kinders
Altyd
As julle dit waarlik glo
Sal dit nie te moeilik wees om My wil te bly bid

Pappa se kinders
Asseblief
Bid dit altyd
Ek vra julle

Leer My ken
Sê ons liefste Pappa-God
Kinders so sal julle meer en meer sien
Ek is en was nog altyd vir julle

Dis dikwels waar My kinders
Ophou om My te glo
Hulle glo in die Kruis
Maar nie met die saam-loop

Kinders dis altyd so
Geloof is altyd nodig
Om julle by die plek uit te bring
Wat Ek vir julle voorberei het

Kinders hou aan glo
Altyd
Asseblief
Ek vra weer, glo

Die skatte van glo
Oe kinders
Dis waarlik mooi
Julle sal dit weer en weer en weer wil doen

Kinders kan Ek sien
Wie van julle daarbuite
Is bereid om nader te kom en te sê
Ek gaan hierdie oorgee-aan-God-pad probeer

Pappa se kinders
Ek weet
Dis nie altyd maklik maar kort voor lank sal julle sien
Hou net aan bely

Glo sal ek glo
Totdat ek sien
Ek sal nie in die middel opgee
Want hulle want glo sal sien

Amen!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s