Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Koepel van genade

Vreugde-bly
Het in my hart kom woon
Die dag
Toe ek U innooi

U is so mooi
Het almal altyd gesê
Wel die wat U geken het
Hulle het geweet waarvan hulle praat

Dankbaar
So dankbaar is ek
Genade-groot het my kom haal
Ek kon ja sê daarvoor

Kind van Pappa-God
Ja jy wat Hom nog nie wil ken
Niks van Hom af wil weet
Sal jy asseblief naderkom

Sal jy asseblief kom uitvind
Vra Pappa-God
Of Ek waarlik is soos die wêreld sê
Sal jy asseblief self kom kyk

Want ja sê Abba-Vader
Soveel mense in hierdie wêreld
Word verlei met leuens
Wat hierdie wêreld en sy mense oor My vertel

Kinders dit is nie mooi
Ek wil dit graag vir julle sê
Ek wil hê julle moet weet
Dis nie mooi om ‘n opinie oor My op ander se leuens te bou

Kinders Ek vra julle asseblief
Kom nader
En asseblief doen dit nie meer
Moenie verkeerd oor My glo

Ek weet sê Pappa-Vader
Dat dit seer is
As sleg in hierdie wêreld
Aan jou deur kom klop

Kinders
Hoekom glo julle altyd so verkeerd
Hoekom glo julle dat Ek My mes vir julle in het
En dat Ek net altyd wil beseer

Liefste kinders
Hoekom vra Pappa
Hoekom kom vra julle My nie altyd
Om julle reg te leer

Kinders van julle
Is so verkeerd oor My
Ek wens Ek kon dit vir julle sê
Maar julle wil nie altyd hoor

Julle is altyd
Meer as gereed sê Pappa
Om nog ‘n leuen van My aan te hoor
Hoekom ook nie met dit wat nie verkeerd is

Liefste kinders
Pappa wil julle nader nooi
Sal julle nie eerder
Die mooi oor My kom aanhoor

Liefste wêreld
Sê Pappa
Daar is soveel mooi in My
Waarvan hierdie wêreld nog niks weet

Ja soveel mooi waarhede
Lê nog in My hart versteek
Ek is altyd besig om te vra wie sal kom soek daarna
Bittermin sê ja

O hoekom is dit so
Hoekom
Vra ons Hemelse Pappa
Met diep verlange in Sy hart

Pappa se kinders
Wil julle nie naby aan My wees
Wil julle nie net naderkom
Kom uitvind waarvan Ek nou hier praat

Pappa-God se kinders
Julle wat die wêreld nog so goed dien
Hoekom vra Pappa wil julle nie naderkom
Hoekom sê julle altyd nee

Ek verlang julle
Pappa-God se kinders
Julle wat die wêreld volsit
Julle wat die wêreld so baie liefhet

Hoekom, hoekom vra Pappa
Is daar so min mense in hierdie wêreld
Bereid om hulle kruis op te neem
En agter My aan te kom

Kinders van die wêreld
Kinders van My hart
Sal julle asseblief altyd bly bely
Ek is niks sonder God

Daar is soveel mense
Sê Pappa
Soveel mense op aarde
Wat hulle koninkrykies sonder My bly bou

Ja sê Pappa-Vader
Baie min mense op aarde
Is waarlik bereid om My te volg
Waar Ek ookal gaan

Dis diep en duur woorde
Sê Pappa-God
Dis woorde wat My waarlik eer
Veral wanneer jy dit bedoel as jy dit sê

Pappa se kinders
Sê Pappa
Ek wil hê julle moet verstaan
Dat Ek altyd naby julle is

Kinders so naby
Ek gaan nooit vêr wanneer dit by My kinders kom
Ek is altyd daar
Besig om ‘n ogie oor My kinders te hou

Kinders van die wêreld
Mensekinders
Julle weet, julle verstaan
As iemand ‘n ogie oor jou hou

Kinders dis mos maar altyd
Omdat iemand omgee
Dat hulle so iets sal bly doen
Dis nie altyd omdat hulle iets verkeerd in hulle hart het

Kinders van Pappa-God
Die van die wêreld ook
Julle verstaan mos maar hoe dit is
Wanneer iemand omgee

Moet My asseblief nie vra Pappa
Altyd die deur bly wys
Begin asseblief veel eerder om My te vertrou
Met dit wat in jou hart is

Ja liefste kinders
Asseblief
Begin deel
Deel asseblief altyd dit wat in julle harte lê

Julle verstaan nie altyd kinders
Maar deel-met-julle-Pappa
Dit is ‘n noodsaaklikheid
As ons hierdie verhouding van ons verder wil vat

Ja sê Pappa-God
Altyd is dit so, altyd
Kinders wat Ek nader nooi
Kinders wat sê ja

Liefste kinders van My hart
Sê Pappa
Julle wat My altyd nader nooi
Dankie daarvoor

Dankie aan almal van julle
Wat altyd met groot gejuig in My
‘n Plek en tyd maak
Om My te loof en eer

Kinders dit beteken altyd heelwat vir My
Soveel
Ek wou net dankie sê
En almal bly nader nooi

Ja sê Pappa-God
Die uitnodiging na My hart
Is altyd oop
En na almal gerig

Ek loof ons Pappa-God
Sê Sy dogter bly
Sy genade oor ons is so groot liewe wêreld
Sê my kan julle dit sien

Dis Sy koepel van genade en liefde
Wat hierdie wêreld bly deurdra
Wat konstant bly hoop gee
Selfs al sê party dit bestaan nie meer

Oe kinders
Kinders van die wêreld
En almal wat so glo
Julle is so verkeerd

Julle hoef nooit ooit
Op te gee in hierdie wêreld
Nie as God so groot is
Nie as Hy nogsteeds alles kan doen

Ja ons God is groot
Groter as groot
Groter as die grootste groot
Dit is mooi en so waar stem my hart

Ek is so dankbaar
So dankbaar vir vrede
So dankbaar vir hoop
So dankbaar vir wie Jesus in ons harte is

Wanneer ons Hom wegwys
Wys ons die grootste skat van die hand
Hoekom sal ons so iets wil bly doen
Oe dit is nie wys

Hy is ware slimheid
Hy is als wys
Hy is als wat mooi en goed is
Hy’s die een wat in ons hart wil woon

In volheid ja
Nie net nou en dan
Ja dis nie wie ons Pappa is
So sal ons nooit Sy als hê

Hy vra ons alles
Sodat Hy vir ons Sy alles kan gee
Hoe mooi is dit
Asseblief nee ons moet nie meer terughou

Kinders van Pappa-God
Kinders van die wêreld
Kom op daai punt
Waar ons alles waarlik Syne maak

Ja geen beter ding
Sal ons ooit kan verrig
As om Hom alleen
Koning van ons harte en lewens te maak

Ons kan nie verkeerd gaan
Al sê die wêreld ook so
Dit is nie so
Ons God sal ons bly dra

Liefste Pappa
Dankie
Dankie vir wie U is
Dis so lekker om U naby te hê

Dankie dat ons kan lag en gesels
Dankie vir vreugde en dat U in my hart bly
Ek wil vir U dankie sê
Ek wil lof en eer aan U bly bring

U is die waardige Een
Die God, die Koning van hemel en aarde
Soos wie daar niemand is
Nie nou nie, nie ooit

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s