Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Vassit-rat

Stilraak by U voete
Dit bly vir my so baie mooi
Dis daar waar U altyd met ‘n glimlag bly sê
Kom nader My kind daar is meer

Met liefde so sag Pappa
Hou U aan om my nader te nooi
My en almal wat ja sê
My en ook almal wat nie ja sê

Liefste Pappa
U hart is sag
U hart is mooi
En ek wil net dankie sê

Dankie liefste Pappa
Dat U met vrede sag
Altyd in my hart bly woon
Dat U nooit nee sê

Ja sê ons liefste Pappa-God
Kinders daar is min dinge
Wat My hart so verskriklik bly maak
Soos ‘n kind wat kom vra na meer van My

Liefste Pappa se kinders
Dogters en seuns van My hart
Pappa nooi julle altyd
Sal julle nader kom?

Sal julle nader kom
En kom klop aan die deur in My hart
Pappa vra
Ek sal julle met groot vreugde na binne nooi

Julle kinders
Julle is die grootste vreugde in My hart
Julle wat altyd bly vra
Pappa-Vader wys My meer

Kinders van My hart
Soveel mooi skatte lê in My
Sal julle daarvoor vra
Sal julle daarna soek

Kinders, kinders van My hart
Pappa vra julle
Kom asseblief nader aan My
Lê julle vrese neer

So baie sê Pappa
So baie van My kinders
Wat te bang is om nader te kom
Hoekom is dit so?

Liefste kinders
Kinders van Pappa se hart
Daar is niks om te vrees
As Ek naby is

Ja kinders
Pappa verstaan
Ek is groot maar Ek is ook klein genoeg
Om julle intiem lief te hê

Pappa se kinders
My kinders
Pappa wil julle vra
Sal julle asseblief probeer om My liewer te kry?

Kinders julle beteken vir My so baie
Maar dis nie altyd vir My lekker
As Ek sien dat soveel ander dinge
Voorkeur bo My kry

Ek dink dis maar wat seerkry kinders
Daai weet van
Julle stel ander dinge bo My
Ek wens Ek was vir julle genoeg

Dis voor tyd al
Sê Pappa
Wat Ek besluit het om ‘n bruid te kry
Toe kies jy My

Ja sê Pappa
Nie uit dwang of dwing
Het julle besluit om My lief te kry
En Pappa is so dankbaar daarvoor

Ek weet sê Abba-God
My kinders
Dat dit nie altyd maklik was
Maar julle is vry

Vry om My lief te hê
Vry om My te aanbid
Kinders sal julle kom dankie sê
Sal julle bely

Pappa het van beter geweet
Die dag toe Hy julle kom haal het
Die dag toe My Seun aan die kruishout hang en sê
Dit is volbring

Pappa se kinders
Ek wil hê julle moet asseblief altyd weet
Ek is so lief vir julle
Alreeds vanaf die heel begin

Dis die liefde
Pappa se kinders
Wat Ek julle vra om te vertrou
Liefde wat nooit opgee

My liefde weet nie
Sê Abba-Vader aan Sy kinders
Hoe om op te gee
Ek weet nie hoe om dit te doen

Kinders van Pappa se hart
Ek vra julle altyd
Gee asseblief gehoor
Doen soos Ek vra

Pappa se kinders
Daar is drome en ideale in My hart
Vir elkeen van My kinders
Sal julle kom ja sê

Ja sê Abba-God
My kinders dit kos altyd ‘n prys
Om julle lewens neer te lê
En Myne op te tel

Pappa se kinders
Ek wil tog graag vir julle sê
Hou aan om die regte ding te doen
Selfs al gaan dit partymaal swaar

Moenie die maklike pad kies nie
Asseblief Pappa se kinders
Hy lyk lekker en maklik
Dit is nie altyd so

Pappa se kinders
Ek wil julle vra om te onthou
Ek is by julle
Elke tree

Die verloop van die lewe
Is moeilik en swaar met tye
Maar kinders julle sal nog leer
Altyd die moeite werd

Dis altyd die moeite werd
Sê Abba-God
Om My net liewer te kry
En nooit jul rug op My te draai

Vir party van My kinders
Is dit dikwels so moeilik
So moeilik om op die regte pad te bly
Selfs al vra Ek, val hulle so gereeld

Pappa se kinders
Ek wil julle vra
Regtig
Begin om My meer te vertrou

Ek weet sê Pappa
Ek verstaan
Maar kind Ek wil vra
Sal julle My asseblief deel daarvan maak?

Ja sê Pappa-God
Deel van julle aardse probleme en stryd
Deel van dit wat julle baie kere dink
My nie raak

Liefste kinders
Pappa vra
Het julle nog nie gevind of gesien
Ek is altyd daar

Altyd sê Pappa
Altyd is Ek gereed
Om julle met die klein en groot goeters in julle lewens te help
Julle sê nie altyd ja daarvoor

Dis gewoonlik julle sê Pappa
Wat altyd bly dink
Dat Ek op julle uithou
Wat wonder of Ek julle waarlik liefhet

Kinders Ek wil julle begin vra
Asseblief vertrou My
Met die groot en klein in julle lewens
Begin My vertrou

Liefste kinders
Die lewe is dikwels op baie plekke heel swaar
Kinders Pappa verstaan
Ek sal julle deurdra

Ek sal julle optel
Ek sal julle genees
Ek sal nuwe hoop gee
As julle net sou vra

Pappa se kinders
Asseblief
Begin om My te vertrou
Dieper en meer

Ek ken julle harte
Daar diep binne-in sê Pappa
Ek weet wanneer julle seer het
Ek weet wanneer is julle baie bly

Pappa se kinders
Ek vra net
Asseblief
Vertrou My meer

Kom ontdek sê Pappa-God
Dat Ek rerig die mooiste God is wat ooit kan bestaan
Kom ontdek dat Ek die Een is
Wat jou veilig in die holte van My hand hou

Pappa se kinders
Kinders van die wêreld
Kom ontdek dat Ek God is
Geen ander een

Dis vir My so mooi
Wanneer Ek sien
Mense kom ontdek My
Vir wie Ek waarlik is

Julle maak My baie bly
Kinders van die wêreld
Julle wat nie net stories glo
Maar self kom uitvind is die stories waar?

Ek eer julle sê Abba-God
Julle van die wêreld
Julle wat dit bly doen
Julle wat self kom uitvind

Daar is soveel sê Pappa-God
Soveel mense daarbuite
Wat dit nie wil doen
En dan bly hulle vassit in ‘n verkeerde rat

Ja sê Pappa-God
Ons verhouding sal nooit
Regtig kan herstel of vooruit kan beweeg
As julle dit bly doen

Hou op om vas te sit
Asseblief vra Pappa
Asseblief kom eerder los
Dat Ek jou van die leuens bevry

Pappa se kinders
Asseblief
Luister na My hart
Kom vind self uit

Vra jouself
Is ek reg in wat ek glo
Of is ek dalk
Net dalkies verkeerd?

Pappa se kinders
Die van die wêreld ook
Dis maar al wat Ek julle rerig
Met die vraag wou vra

Dieper en meer
Is altyd in My hart
So min mense wil daarna vra
So min mense wat sy pad wil kom loop

Julle is besig om so te verloor
Pappa wil dit net graag vir julle sê
Kom nader Pappa se kinders, kom nader
Kom probeer wat Ek nou vir jou sê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s