'n Seer hart, Byt vas, Liefde so groot

Lig-wees

Ek is die Lam
Geslag vir die sonde van die wêreld
Dit is wat ons Pappa in die hemel
Se Seun sê

Ek is die Lam
Die Ewige Lam
Geen ander een sal naas My
Ooit weer nodig wees

Vir eens en vir altyd
Het Ek die prys betaal
Die boete wat nodig was
Om Satan uit te oorlê

Ja Pappa se kinders
Ek wil julle vra om te glo
Bly glo in My
Die ewige en enigste Seun van God

Pappa se kinders
Die van julle wat swaar kry
Die van julle wat nie altyd verstaan
Waarom julle deur sekere goed moet gaan

Kan Pappa julle eerder vra
Vertrou My
Pappa se kinders, kyk asseblief
Wat het Ek met My Seun se dood aan die kruis gedoen

Ek het dit gedoen sê Abba-Vader
Ek het dit toegelaat
Sodat Ek hierdie hele wye wêreld
Weer met My kon versoen

Ek wil hê julle moet altyd sien
Sê Abba-Vader
En glo
Dat Ek die seerste seer wel vir goed kan draai

Pappa-God se kinders
Ek vra julle asseblief
Glo My wanneer Ek vir julle sê
Die slegste sleg kan draai vir mooi

Nooit het die mense
Van die Ou Tyd gedink
My Seun wat vir hulle sou kom ly
Sou met ‘n donkie Jerusalem binnery

Pappa se kinders
My kinders
Ek wil hê julle moet verstaan
My weë lyk gewoonlik anders as julle s’n

Ja sê Pappa
Baie kere
Wat My manier van werk
Nie is soos julle graag wil hê

Kinders sal julle asseblief
In daai tye van min-verstaan
Julle hande
In die van My bly sit

Kinders julle moet verstaan
Dat Ek ewig is
Dat Ek alles kan doen
En dat dit gewoonlik nie is soos wat jy dink

Ja baie kere wat julle verstaan
As Ek ietsie vra
Dan is daar ook baie ander kere
Wat julle nie ‘n idee het hoekom Ek iets vra

Pappa se kinders
My kinders
Ek wil julle altyd vra om in geloof uit te bly beweeg
Ja kinders asseblief vertrou altyd My hart

Pappa se kinders
Die tye van swaar in julle lewens
Is baie dikwels nodig
Vir My om julle by die eindbestemming uit te bring

Ja sê Pappa vir Sy kinders
Dis dikwels swaar
Maar dis nodig
Julle gaan eendag sien hoekom

Vertrou My hart kinders
Vertrou wie Ek in My wese is
Julle goeie God
Die een wat julle nooit alleen sal los

Vertrou wie Ek is
My kinders
Baie meer as wat julle glo
Wat die wêreld oor My sê

Hulle ken My nie kinders
Diegene wat altyd alles wat sleg is van My sê
Hulle weet nie wie Ek waarlik is
Hulle glo so verkeerd

Dis altyd My hart
Sê ons liefste Abba-Vader
Om hulle by die waarheid
Van wie Ek is uit te bring

Kinders dis dikwels moeilik
Ek kry dit nie altyd maklik reg
Maar Ek wil hê julle moet weet
Julle lewens kan Ek as getuienisse gebruik om hulle in te bring

Ja sê Abba-Vader
Asseblief
Gebruik asseblief elke geleentheid wat jy kry
Om jou lig te laat skyn

Kinders van die wêreld
Kan ons bly inbring
Deur kinders van die Lig
Wat bly getuig

Ja van die wonderwerkende krag
Wat in hulle woon
Van die hoop wat hierdie wêreld
Hulle nie kan laat verloor

Pappa se kinders
Julle maak My so trots
Julle wat vir die Lig bly ja sê
Julle wat vir Hom bly sê Hy kan maar in julle woon

Hierdie wêreld het so nodig
Die Lig wat in jou woon
Daarom wil Ek vra kind
Asseblief moenie ooit opgee

Moenie ophou om te vertel
Van die wonderlike God
Wat jou hart bewoon
Laat altyd toe dat hulle Jesus in jou sien

Ja liefste Pappa se kinders
Dis nie altyd moontlik
Om in woorde vir hulle te vertel
Maar laat hulle dit altyd in julle liefde en aksies sien

Ja liefste kinders
Liefde-bly-wys is nie altyd die maklikste pad
Maar dis die pad
Waarop hulle My die duidelikste sien

Wees altyd bereid sê Abba-God
Altyd bereid
Om mense en kinders van die wêreld rondom julle
Met My liefde in te bring

Ja sê Pappa-God
So warm maak julle My harte
Kinders julle wat bereid is om dit te doen
Slegs omdat Ek vra

My Woord is vol van dit
Sê Abba
So, so vol
Die liefde in My hart ook

Die wêreld benodig ons liefde kinders
Gee dit dan asseblief vir hulle
Net waar julle kan, altyd-deur
Selfs as hulle nie vra

Hierdie wêreld sal nie ooit vra sê Pappa-God
Te veel mense is te trots daarvoor
Tog vra hulle in hulle binnestes daarna
Hulle smeek daarvoor

Pappa-God vra
Kom ons beantwoord dan hulle geluidlose vrae
Kinders kom ons gee vir hulle
Dit wat hulle so nodig het

Kinders vra Pappa
Sal julle begin sien dit wat Ek sien
Sal julle begin om na mense te kyk soos Ek doen
Dan is daar altyd hoop

Daar is te veel mense
Sê Pappa-God
Wat die wêreld afskryf
Waarvoor hulle sê daar is nie meer hoop

Pappa se kinders
Nee asseblief
Saam met My sal julle nie nooit
Moed met enige een kan verloor

Ek is die Enigste Een
Sê Pappa-God
Wat waarlik hoop van Bo
In die mensehart kan aansteek

Ek is die enigste ware een
Sê Pappa
Ek is die enigste ware hoop
Wat hierdie wêreld ooit sal hê

Begin asseblief dan ophou
Om nie meer in mense te glo
Asseblief Pappa se kinders
Moet dit nie meer doen

Ek is die Waardige Een
Sê Abba-God
Die lewende God
Die enigste een

Ek vra julle
Kinders van die wêreld
Glo in Hom
Die Een wat kom

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s