'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Geloofsvuur

Geruisloos sag
Is God se stem
Jy sou dit mis
As jy nie elke dag ‘n tydjie vir Hom maak

Gereeld praat Hy met ons
Praat altyd sag
Vra ons altyd meer
Om Hom nog beter te leer ken

Ons hoef nooit
Bang te wees
Vir die God van ons
Hy sal altyd naby wees

Ja in tye van vreugde-bly
Ook in tye wat hartseer ons trane kom wegsteel
En ons nie dink
Ons gaan ooit weer hoop in ons harte hê

Hierdie God van ons
Herstel altyd
Vriende dit kan julle maar altyd glo
Meer en meer vir Hom bly ja sê

Ja Hy verstaan altyd
Waardeur ons gaan
Al doen ons nie altyd
Bly Hy naby

Ons God verstaan
Ons God verstaan
Dit is wat Hy Sy kinders wil leer
In die storms waardeur ons op aarde gaan

Ja Abba-God se kinders
Ek verstaan die pyn waardeur julle dikwels gaan
Die pyn wanneer julle dink
Nou kan als maar vergaan

Ja sê Pappa
Daai tye wat jy dink
Ek kan nie meer, ek wil nie meer
Dis dan wat Ek jou hart met nuwe hoop wil aanraak

Liefste kinders
Dis altyd My hart sê ons Pappa-God
Om meer van wie Ek is
Met julle te deel

Ek wil julle gesond-maak
Binne-in sê Pappa-God
Dis dikwels waarmee Ek besig is
In die tye wat julle moed verloor

Pappa se kinders
Ek wil julle vra om in die tye vas te hou
Ja sê Abba-Vader
Kinders net vaster aan My

Pappa wil julle altyd vra
Kinders, kinders van My hart
Kom asseblief altyd nader
Kom sien wat is voorberei

Julle moet asseblief
Nooit buite bly sit en wag
Nee liefste kinders asseblief kom nader
My hart se skatte wag

Die mooiste mooi sê Pappa
Het Ek vir julle voorberei
Van die begin
Vir julle elkeen

Kinders Ek is so bly
So dankbaar sê Abba-Vader
Vir die van julle wat altyd bly naderkom en sê
Nee maar meer wil ek hê

Pappa se kinders
Graag wil Ek met julle deel
‘n Waarheid so mooi
Dit sal menige hart verstom

Pappa se kinders
Meer as meer is daar in My hart
Die skatte van meer-mooi-in-My-bly-vind
Bly onuitgeput

Pappa se kinders
Die skatte in My hart
Dis gereeld wat hulle bly uitroep
Kom vind my en dan weer nee vind my!

Pappa se kinders
Soveel is vir julle voorberei
Soveel
Sal julle hulle kom vind

Diep wag van hulle
Waarlik diep
Maar kinders is dit genoeg om te weet
Die wat soek, hulle vind 🙂

Sien die uitnodiging
Staan alreeds so lank oop
Ek dink mense het begin aanneem
Dit sal maar altyd so wees

Pappa se kinders
Sê Abba-God
Ek wil hê julle moet verstaan
Ons kan nie so aangaan

Soveel van die skatte in My hart
Is aan julle gegee
Om te ontdek
Dat die lewe waarlik plesier kan hê

Ja liefste kinders
Ware plesier
Nie die aangeplakte plesier
Wat die wêreld gee

Kinders hoe sal julle ooit
Waarlik kan bepaal
Of Ek op julle uithou of nie
As julle nie nader wil kom

Kinders
Liefste liefste kinders
Julle gaan die pot bly mis sit
Julle gaan hom bly mis sit

Ai kinders
Kan julle net nie verstaan
Dis nie iets wat Ek wil hê
Julle moet meer so gereeld doen

Dis iets wat te gereeld gebeur
Sê Pappa-God
Aan Sy kinders
Soveel van My kinders wat die pot bly mis sit

Julle dink julle het al gevind
Vra Abba-God
Waaroor die lewe rerig gaan?
Kinders julle is verkeerd

Die drome wat van julle droom
Kinders hulle is so nietig en klein teenoor Myne
Kan ons nie eerder werk daarvan maak
Om Myne ‘n realiteit in julle lewens te maak

Ja liefste kinders
Vra ons Pappa-God
Sal julle My nader nooi
Sal julle My begin vra Pappa wat hou U instoor

Kinders My hart is sag
Altyd mooi sê Abba-Vader
Julle kan gerus kom vra
Na meer van die skatte wat My hart verberg

Oor en oor sê Abba
So gereeld kinders
Vra Ek julle
Kom net nader aan My hart, nog nader aan My

Pappa se kinders
Die kruis sal altyd bly getuig
Van dit wat Ek in julle lewens wil bly doen
En dat jy veraltyd goed genoeg is

Kinders asseblief onthou die woorde
Julle wat altyd so geneig is
Om te bly hardloop
As Ek julle nader nooi

Kinders asseblief
Asseblief
As julle die redes kon sien hoekom Satan julle terughou
Sou julle hom nie toelaat om dit meer reg te kry

Nee kinders
Nee
Daar is altyd meer
En jy is altyd meer as die moeite werd

Kinders onthou dit asseblief
Altyd
Moenie dat iets julle ooit weerhou
Om My in volheid te kom dien

Dis hoe julle aanhou uitmis
Kinders
Dis hoe julle aanhou mis
Dit wat Ek in en deur julle lewens kan en wil doen

Drome groot
Liefste kinders
Het Ek vir julle lewens gedroom
Groter kinders as wat julle ooit alleen sal kan droom

Dis maar al Abba se kinders
Hoekom Ek bly vra
Vertrou My planne vir jou lewe kind
Altyd meer as wat jy joune vertrou

Kinders daar is maar min van julle
Wat dit bly bid
So min sê Pappa
En dis ook dikwels hoe julle bly uitmis

Kyk kinders die duiwel vertel julle so gereeld
Soveel stories wat julle verlei
Tog vertel hy julle nooit
Hoe om as Christen te ly

Ja liefste kinders
Vir My moet julle ly
Julle moet bereid wees om julle koninkryke te laat staan
Sodat ons saam Myne kan bou

Ja liefste kinders
Dit kos altyd ‘n prys
Om jul Koning na te volg
Maar dis altyd so die moeite werd

Begin asseblief ‘n bietjie opgee
Dit wat vir julle belangrik is
Kinders sodat julle kan uitvind
Dit wat vir My belangrik is

Ja liefste kinders
Asseblief
Kom volg My gerus na
Kom tel op julle kruis

Liefste kinders
Dis gewoonlik die swaarste kruis wat julle moet optel
Die neerlê van jouself
En My navolg

Baie mense wat dit bely
Bittermin mense wat dit nastreef
Kinders kan Ek julle vra
Begin om die skatte van self neerlê te ontdek

Kinders dis ryk en dis mooi
Selfs al is dit swaar met tye
Sal julle altyd bly sien
Dit is die moeite werd

Altyd, altyd
Is dit die moeite werd
Om My weë meer as julle eie te vertrou
Kinders dis wat Ek julle wil leer

Min, min
So min van julle laat My dit toe
Ek wens Ek kon weet
Waarom julle My so min vertrou

Julle vertrou My so so min
Sê Abba-Vader
Tog sê julle gereeld
Dit is nie so

Kinders laat My asseblief toe
Om aan julle die teendeel te bewys
Hoekom is julle altyd so gou
Om die vinger na My te wys as iets verkeerd gaan

Ja liefste kinders
Sodra lewensstorms kom
En julle bootjie wil laat tiep
Is Ek baie gou die een wat julle blameer

Hoekom liefste kinders
Pappa wil net weet
Is Ek die Een wat jy blameer
Wanneer iets verkeerd gaan?

Kinders, liefste kinders
Moet dit nie dan eerder ‘n geval wees
Van ek sal God bly vertrou
Maak nie saak wat om my aangaan

Kinders laat Ek julle asseblief vertel
Daar is min van My kinders
Wat in stormtye besluit
Dat hulle geloof sal vasbyt

Nee wat
Veel eerder sê Pappa
Sal julle planne maak
Om julleself uit die gemors te probeer kry

Kinders Ek waardeur dit
Rerig
Dit wat julle probeer doen om staande te bly
Ek wonder net dikwels hoekom vra julle nie vir My?

Julle vertrou My mos sê Pappa
Dis wat julle My so gereeld vertel
Kinders Ek vra maar net eerder
Laat julle geloof in My asseblief nie toe om te verflou

Nee kinders
Asseblief
Altyd moet dit brandend bly
Julle geloof in My

Kinders dis wanneer julle geloof in My
Brandend bly
Dat Ek julle na dieper waters kan neem
Julle kan vra om saam met My op water te loop

Sien kinders
Dis waar geloof in My lekker raak
Daar waar julle My begin vertrou
Om die onmoontlike in julle lewens moontlik te maak

Sien kinders, sien
Vir groot dinge is julle geroep
Veel groter dinge as wat julle met blote oog kan sien
Dis hoekom Ek vra hê geloof 🙂

Oe kinders dis mooi
Die vrugte van glo
Dis sal julle harte verstom
Tog sal julle meer wil hê

Glo My kinders
Glo
Waarlik-waarlik glo
En oe julle sal sien

Moet nooit terug trek nie
Asseblief kinders
Julle vertroue in My
Moet standvastig bly

Selfs al kom klop twyfel
Wys haar net die deur
Sê vir haar dat jy eerder kies
Om My te vertrou

Groot dinge kind
Vir groot dinge is julle geroep
Ek hoop Ek kon met die woorde olie op jou geloofsvuur gooi
En dat jy My van hier af nog meer sal vertrou 🙂

Amen!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s