'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Knie-diep

Dis vele jare
Sê Pappa
Wat tussen ons lê
Jy kind wat My nogsteeds nie in jou lewe wil hê

Dis al vir baie lank
Sê Pappa-God
Kind wat Ek aan jou hart bly klop
Maar jy wat net nooit vir My oopmaak

Ek wens dit was nie meer vir My nodig
Om jou te vra
Ek wens dit was nie meer vir jou nodig
Om jou rug op My te draai

Kinders dis vir My swaar
Om te aanvaar
Julle wat bly nee sê
En nie besef waarvoor

Kinders
Hoekom is dit vir julle so moeilik
Om My in julle vertroue te neem
En te glo Ek gee waarlik om

Liefste kinders
Julle is besig om so so te verloor
Omdat julle nie rerig
In My wil glo

Dis al vir baie lank
Sê Pappa-God
Wat julle die duiwel toelaat om in julle lewens te steel
Deur sy leuens wat julle glo

Kinders julle moet altyd verstaan
Sê Pappa
Dat sy hart altyd is
Om ‘n wig tussen Myne en joune in te bring

Ja kinders
Hoe groter hy die verwydering tussen ons kan maak
Hoe blyer is hy
En hoe minder gee jy om

Kinders vra Pappa
Hoekom gee julle nie om
Dat hy die wig nou al vir jare
Net dieper en dieper dryf

Kinders julle moet begin om hom te stop
Rerig vra Abba-Vader
Rerig
Julle moet ophou daarmee

Julle laat die prins van hierdie wêreld toe
Om julle waarde
En waarheid te bepaal
Kinders dit hoort mos nie so

Ek wil julle vra, vra Pappa
Om nader aan My te begin beweeg
Nog nader sodat julle kan sien
Waarlik sien

Kinders dinge is nie altyd soos dit buite vertoon
Nee kinders
Dis nie altyd so
Sien is nie altyd glo

By My werk dinge maar bietjie andersom
Sê Pappa
By My is dinge nie altyd soos wat mense wil hê
Maar dit is altyd baie beter

Kinders die raad wat Ek gee
Ek wil hê julle moet weet
Is beter
As die fynste goud

Ja kinders
Meer verkieslik as
Baie ander mooi goeters
Dit is wie Ek is

Kinders dis net jammer
Jammer dat julle so verkeerd glo
Oor wie Ek is
En wat Ek kan doen

By van julle sê Pappa
Is Ek knie-diep in die moeilikheid
Sonder dat Ek ooit waarlik weet
Hoekom is dit so?

Kinders julle is so verkeerd
So verkeerd oor wie julle dink Ek is
So verkeerd oor wat julle dink
My skuld hier op aarde is

Kinders Ek wil julle vra
Om dit asseblief nie meer te doen
Om nie net wilde aantuigings te maak
Of aan te hoor en dit dan te glo

Hierdie wêreld
Sê Pappa
Maak soveel stories op oor My
Helfde is nie waar

Kinders nee asseblief
Hou asseblief op
Om net alles oor My aan te hoor
En dit dan jou eie te maak

Helfde is nie waar
Meer as helfde
Sê Pappa
Dit kan julle maar glo

Ek weet dat julle al baie verlei was
Om die verkeerde dinge
Oor My rond te vertel
Soos hoekom maak God seer?

Ek is nie die een wat seermaak nie kinders
Ek is die een wat gesond maak
Ek wil dit graag vir julle sê
Sal julle My glo?

o Julle glo verkeerd
Julle glo so verkeerd
Oor My
Soveel leuens

Ek wonder sê Pappa
Of daar nog mense is daarbuite
Wat die mooi oor My wil glo
Wat omgee om dit uit te vind

Kinders asseblief
Julle moet nader
Net nader aan My
Julle Pappa-God

Moenie die verwydering tussen ons kos gee nie
Moet hom nie laat groei
Laat hom eerder begin honger ly
Deur die waarheid wat jy oor My vind

Kinders, kinders
Asseblief
Moet dit nie meer doen
Kom veel eerder na My

Moenie die leuens van Satan glo nie
Vat hulle vas kinders
Met die tyd
Wat ons saam spandeer

Kinders om enige iemand
Beter te leer ken
Moet ‘n mens tyd saam spandeer
Met My werk dit ook so

Maak asseblief tyd
Om My beter te leer ken
Asseblief kinders
Kan ons dit gereeld doen?

So kan Ek inkom
Jou hart meer van My waarheid kom leer
Sodat jy kan sien
Waar was jy al die jare verkeerd

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s