Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Prag-wysheid

Die mooiste lesse
Hou ons God in Sy hart
Die mooiste lesse van wysheid
Wil jy dalk meer weet?

Konstant is Hy besig
Om aan die wêreld te vra
Wie wil ware wysheid hê
Kom koop by My, verniet

So gereeld is Hy besig
Om Sy geheime met ons te deel
So gereeld wat Hy wonder
Wie wil meer hê

Ja meer van Sy almag
Meer van Sy wysheid
Wat woon
In my en jou

Deur die jare
Het soveel al ja gesê
Tog is daar maar altyd
Die wat nee dankie sê

Soveel het hulle al verloor
Tog hou hulle aan
Om God daarvoor te blameer
Die een wat nie steel maar altyd gee

Soveel blydskap, hoop en vrede
Het Hy al in my lewe ingebring
Vriend, vriendin
Is julle seker julle wil nie daarvan hê?

Julle hoef nie bang te wees
Ons God het altyd meer as genoeg
Van dit wat Hy uitdeel
Ons moet net vra

Ja ons moet net naderkom
Sy aangesig leer ken
Voor Hom bly neerbuig
Naby Hom bly

Dit is hoe ons die allermooiste lesse sal leer
Dit is hoe hulle ons pad sal bly kruis
As ons in God glo
En aanhou daarmee

Ja-nee nooit moet ons geloof
Ophou om te groei
Dit moet veel eerder sterker word
Dag na dag

Groei saam met God
Dit bly so mooi
Dit is hoe ons Hom waarlik leer ken
Dis hoe Sy hartklop ons s’n word

Sal julle asseblief ophou
Vra Abba-God
Om julle harte vir My toe te sluit
En My buite te hou

So sal dinge nooit beter raak
So sal julle harte nie heel
Kinders asseblief
Kom en luister na wonderlike raad

Altyd-altyd is Ek besig om te vra
Wie wil slimmer word
Wie wil wyser as die wêreld wees
Asseblief kom dan na My

Ja kinders
Asseblief kom nou
Laat My toe om fondasie te bou
In julle harte so sterk

Niks sal julle dan kan beweeg
Want julle sal My waarlik ken
Gegrondves in My waarheid
En My liefde baie diep

Kinders Ek soek julle sterk
Sterk sê Pappa
In My liefde
In wie Ek vir julle sê julle is

Julle moet altyd julle waarde onthou kinders
Altyd sê Pappa-God
Altyd moet julle onthou wie julle is
Prinse en prinsesse van Abba-God

Dis omdat julle nie julle waarde ken
Dis omdat julle nie onthou
Dat julle so dikwels bly verdwaal
In al die verkeerd wat hierdie wêreld julle aanbied

Kinders, kinders asseblief
Ken julle waarde
Ken julle waarde in Christus My Seun
En begin net om daarvolgens te leef

Kinders
Prinse en prinsesse
Hulle weet wat is hulle werd
En hulle sal hulle standaarde nie laat daal

Kinders, kinders
Ken julle waarde
Ken julle waarde in My
So sê die Seun

Ja, Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Prag-wysheid”

  1. Sjoe jong ek wens ek het die presiese antwoord op daai 1 geweet 😉 al wat ek wel weet is dat Abba elke omstandigheid wat ons deurgaan op aarde kan gebruik om ons dieper te wortel in Sy liefde & ons waarde in Christus. Ware lekker & groei wat my hart diep dankbaar maak! Groetnis.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s