Byt vas

Beloofde land

Liefste mooiste Pappa
Dankie vir U wonderlikste liefde
Wat nooit, nie eers vir ‘n oomblik
Sal opgee op my

Pappa U liefde
Is my krag en sterkte
Daddy ek wil dit graag vir U sê
U die Een wat in my binneste woon

Daddy ek gee so baie om vir U
U is die liefdesliedjie
In my hart
Wat net veraltyd U lof wil bly besing

Daddy-God
My God
Liefste Pappa
U is die mooiste ooit

Dankie Daddy
Dat U bly opdaag
Die kere wat ek opdaag
Om van U te hoor

Dankie Pappa
Dat U altyd omgee
Om te hoor van my
Om U hart met my te deel

Daddy dis wanneer ek so stilsit by U
Wat ek wonder
Kan daar meer wees
Is daar nog wat my deel kan wees

Daddy, Pappa
Dit maak my hart
So sag
So sag net om te weet U is by my

Dankie Pappa
Dat U in hierdie vallei by my is
Dat U my hand vat en sê
My kind kom Ek wys jou hoe gaan ons saam hierdeur

Dankie liefste Daddy, Pappa-God
Dat U die nare monsters wegjaag
Die monsters wat vir my bly sê
Jou God is nie so groot

My Pappa-God is
Liewe probleme van hierdie wêreld
Daar is nie een van julle
Wat my Pappa nie kan ore aansit

My Pappa-God
Is die grootste God
Hy is die hero van alle verhale
Hy is sooo groot

Ja Pappa-God se kinders
Dit is wie Ek is
Die een wat julle nie laat verdwaal kinders
Maar die een wat julle altyd kom haal

Dankie Pappa-God se kinders
My kinders
Vir die swaar tye wat Ek kan toelaat
Vir die goud wat Ek julle kan leer

Dis dikwels
Pappa-God se kinders
Wat julle diep valleie moet trotseer
Maar dan besluit julle gaan sonder My daardeur

Ja liefste kinders
Sê Pappa aan Sy kinders
Ek weet julle wil nie aldag daardeur
Maar kinders julle kan saam met My

Daddy sê
Pappa se kinders
Ek het julle nooit ‘n probleem-vrye lewe belowe
Ek het gesê die wêreld het sy dinge maar Ek het daaroor triomfeer

Pappa se kinders
My kinders
Ek wil graag hê julle moet My hand vat
En saam met My vorentoe tree

Ja sê ons liefste Pappa-God
My kinders
Dit is nie altyd maklik nie
Maar dis altyd moontlik saam My

Pappa-God se kinders
Ek wil julle geheue en aandag vestig op die stories in die Bybel
Waar My volk reuse en volke moes trotseer
Voor hulle die beloofde land kon ingaan

Ja liefste Pappa se kinders
Ek wil hê julle moet onthou
Ek wil julle aandag daarop vestig
Die beloofde land was nie ‘n onbesette land voor My kinders kon arriveer

Pappa se kinders
Pappa vra julle om te onthou
Twaalf spioene is gestuur om verslag te kom gee
Net twee van hulle s’n was enigsins positief en nie bevooroordelend nie

Pappa se kinders
Ek wil hê julle moet onthou
Soveel van hulle het gesê nee dis onmoontlik
Dit gaan nie kan gebeur, dat ons die beloofde land inneem

Pappa se kinders
My kinders
Daar is baie van julle wat met verslae in julle hande bly sit
Wat net een ding skree, dit gaan nie gebeur

Ja sê Pappa-God
Baie van My kinders
Sit met reuse in hulle land
Reuse wat hulle laat dink, hoe gaan ons ooit oorwin?

Pappa se kinders
Ek wil hê julle moet onthou
Self onthou
Pappa-God is groot

Ja My liefste kinders, ja
Soveel kere het julle Pappa-God beloof
Ek sal vir julle stry
Julle My liefste kinders sê Pappa moet stil wees

Dogter, seun van My hart
Pappa vra julle om te glo
Glo in My
Glo in wat Ek vir julle kan doen

Geen een van die reuse in die beloofde land
Het geval sonder My nie
Pappa-God sê
Ek het uitgeroei saam met jou

Ja My liefste seun, dogter
Onthou wat Pappa sê
Ek is groter
Ek sal julle self leer

Kinders Ek weet sê Pappa
Dis dikwels donker en julle weet nie meer waarheen
Dis dan wat julle soos Josua moet wees en sê
Pappa-God loop U voor

Ja My liefste kinders sê Pappa
Dis altyd vir My so so mooi
Julle wat dit bly doen
Julle wat My opinie vra

Pappa se kinders
Dogter, seun
Ek sal vir julle wys
Altyd

Dis so belangrik sê Pappa
Vir julle om te weet
Kinders Ek is so naby
Vertrou My

Kinders sê Pappa-God
Julle kom nie alleen teen die reuse in julle lewens te staan
Ek is daar
Ek sal saam met julle veg

Die oorwinning is altyd Myne
Sê ons Abba-God
Vir al My kinders
As julle baklei soos Ek vra

Moenie alleen uitbeweeg nie
My liefste kinders
Vertrou My veel eerder
Vra My hoe om te werk te gaan

Pappa se kinders
Onthou altyd
My raad is veel beter as die wêreld s’n
Julle kan My gerus daarna vra

Ek is altyd oop sê Pappa-God
Om hulp te verleen
Kinders Ek wil hê julle moet die reuse oorwin
As wat julle teenstaan

Liefste-liefste kinders
Pappa sal by julle wees
Asseblief verstaan
Julle hoef nie alleen in die geveg te staan

Dis wanneer julle goeters
Op julle eie manier probeer doen
Wat julle altyd verkeerd doen
Omdat julle nie wag vir My, My vra waarheen?

Pappa-God se kinders
Asseblief luister vir My
Kom doen soos Ek vra
Kom laat Ek jou wys hoe ons die oorloë kan bly wen

Ja Pappa-God se kinders
Daar is heelwat oorloë wat wag
Voor julle elkeen jul beloofde land sal kan ingaan
Tog wil Ek vra kom ons doen dit saam

Ja sê Pappa-God
Kom ons verslaan die reuse saam
Elkeen
Elke keer

Pappa-God se kinders
Myne
Ek wil julle vra om te weet
Ek is die Oorwinnaar

Ek is al een wat julle nodig het
Sê Pappa-God
Om die stryd te oorwin
Om die vyand uit te oorlê

Ja My liefste kinders
Sê Pappa
Dit is so
Dat julle My nodig het

Baie van My kinders
Sê Pappa-God
Wat konstant besig is
En self probeer om dinge uit te sorteer

Kinders
Liefste kinders
Julle beloofde land
Lê voor julle deur

Al wat julle moet doen
Is vertrou My
Om die oorwinning te bring
Soos wat ons saam baklei

Kinders die reuse sal julle nooit
In eie krag kan oorwin
Hulle is baie groter as julle
Die dat julle My nodig het

Kinders van My hart
Pappa se kinders
Asseblief vertrou My
Glo dat Ek van beter weet

Altyd sê Pappa
Altyd is Ek by julle
Ek sal vir julle leer kinders
Hoe om teen die reuse te baklei

Hulle is dalk meer as julle kinders
In getal, glo My
Tog kan Ek die oorwinning vir julle behaal
As julle, julle oë op My sal bly hou

Ja liefste kinders
Asseblief
Laat toe dat Ek vir julle stry
Laat toe dat ons saam die oorwinning behaal

Kinders asseblief
Vertrou My
Vertrou My
Dit is wat Pappa vra

Ek sal die reuse baklei
Kinders
Deur julle gehoorsaamheid aan My
Deur doen wat Ek vra

Kinders Pappa weet
Dit is nie aldag maklik nie
Maar saam met My kan julle gerus
Nog ‘n keer probeer

Saam met My
Liefste kinders
Is julle sterker
As wat julle ooit op julle eie kan wees

Onthou dit liefste kinders
Soos wat donker dae
Nog lê en wag
En jy nie altyd weet wat lê voor jou deur

Ja liefste kinders
Ja sê Pappa
Saam met My kan julle altyd weer
Saam met My kan julle bly staan

Kinders partykeer raak dit moeilik
Dikwels gaan julle nie weet waarnatoe
Maar kinders dan moet julle asseblief onthou
Pappa is daar

Ja liefste kinders
Ja Pappa is altyd daar
Nuwe krag sal Ek julle gee
As julle daarna sal vra

Die wat op My bly wag
Altyd kry hulle nuwe krag
Dit is sommer maar net iets
Wat in My teenwoordigheid gebeur

Wees sag sê Pappa-God
Vir My stem
Ja liefste kinders
Vir dit wat Pappa wil leer

Ek gee so baie om
So baie om sê Pappa
Dat elkeen van My kinders
Hulle beloofde land inbesit neem

Ja My liefste kinders
Ja
Pappa sal julle altyd wys
Wat Ek van julle nodig het

Vertroue in My
Geloof in My
Jy wat luister na My
En wat Ek sê in ag neem

Kinders Ek was al hoeveel kere hierdeur
Ek weet sê Pappa
Hoe om die vyand
Vir goed buite aksie te sit

Vertrou altyd My liefste kinders
Dat Pappa-God die beste weet
Verseker doen Ek altyd
Ek sal julle leer

Die beste vegtegnieke
Is gebêre in My Woord
Kinders sal julle hom asseblief lees
Net doen soos hy vra

Soveel wysheid
Soveel wysheid in hom opgesluit
Kinders gaan lees bietjie die stories van die konings
En hoe hulle regeer

Ja liefste kinders
Ja
Elkeen van julle besit die troon van julle hart
En julle besluit as konings of julle dit vir My sal oorgee

Kinders ja
Gaan lees asseblief hulle stories
En julle sal self sien
Waar hulle verkeerd gaan

Ja liefste kinders
Gaan leer
Word wys
Kom sien wat Ek van julle vra

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s