Lofprysing

Dankie Daddy

Genade-groot
Is altyd so bereid
Om ons elkeen te kom haal
Om ons lief te hê

Pappa ek wonder of ons ooit sal besef
Die mooiste prys het U betaal
Sodat nie een van ons ooit weer
Nie ‘n kans sal staan

Ja liefste Pappa
Die mooiste prys het U betaal
Die seerste, die duurste
Om ons weer ‘n kans in U Koninkryk te gee

U liefde is so so groot Pappa
U genade nog groter
Hoe kan ons ooit dankie sê Pappa
Vir iets wat ons nie eintlik verdien

Pappa-God
U het nie nodig gehad om ja te sê
Pappa-God
U kon ons die deur bly wys

Tog Pappa-God
Het U anders opgetree
As wat die wêreld sou
U het gesê kom ons probeer weer

Ja liefste Pappa-God
Altyd-altyd is U bereid
Om ons deur U Seun
Weer ‘n kans te gee

Pappa-God hoe sê ons dankie
Vir liefde so baie groot
Liefde wat my hart elke dag
Meer en meer verower

Daddy U hart is so mooi
U is so groot
U is so waardig
Kan ons ooit genoeg van U hê

Daddy U is so groot
U is so mooi
U is so wonderbaar
U is beeldskoon

Daddy, Pappa
Om U hierbinne te hê
Hier waar dit saakmaak
Dit beteken so baie vir my

Dankie liefste Pappa-God
Dat U nooit sal opgee
Nie op my
Of geen ander een

Nee liefste Pappa, nee
U genade is groot en meer as genoeg
Om ons deur elke dag te dra
Om ons nuwe krag en geloof te gee

Daddy saam met U
Kan ons die rofste storms oor
Saam met U kan ons in diep waters
Veilig swem

Daddy dankie
Dankie net vir wie U is
Die getroue een
Vir nou en alle tyd

Dankie Daddy
Dat ek U in my hart kan hê
Die waardige mooi een
Die een wat vir altyd bestaan

Die een wat lag en vrede
In my hart sit
Die een wat my so liefhet
Nie een se liefde sal ooit so naby kan kom

Dankie Daddy
Dankie
Net vir vreugde so bly
En dat U hierbinne in my bly

U liefde maak my sag
U liefde maak my hart mooi
Dankie daarvoor Daddy
Dankie daarvoor

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s