Oorgegee

Een groot avontuur!

Die mooiste lesse
Kon ek al leer
Dat Jesus getrou is
Selfs al is Sy tyd nie myne

Ja-nee ek weet nie
Besef nie aldag nie
Dat God getrou is
Maak nie saak wat om ons gebeur

Ek veronderstel
Ek weet
Dis een van die mooiste lesse
Wat ons nodig het om te leer

Ja sê ons liefste Pappa
Vir Sy kinders
Dis baie kere dat My kinders
Glad nie hierdie les wil leer

Hulle maak dit My probleem
Sê Pappa-God
Hulle gooi dit in My gesig
Blameer My altyd daarvoor

Daar is min van My kinders
Sê Pappa-God
Wat bereid is om saam met My
Die sterk-word-in-geloof pad te loop

Ja-nee sê Pappa-God
Dis veel eerder vir mense makliker
Om My goedheid in twyfel te trek
Om baie vrae te vra

Pappa se kinders
Ek weet
Ek weet sê Pappa, rerig
Dat dit in moeilike tye moeilik is om julle oë op My te hou

Kinders Pappa weet
En Pappa verstaan
Dit is hoe dit is
Maar Ek wil julle dieper neem

Ek wil julle neem na plekke en pieke
Wat mens net in geloof kan bereik
Wonderlike plekke liefste-liefste kinders
Maar die ingang na hulle is die deur van geloof

Ja liefste Pappa se kinders
Ek wil julle vra om asseblief met geloof te kom betaal
Vir die ritte van avontuur
Waarop Ek julle wil neem

Liefste kinders asseblief
Pappa vra julle
Kom vertrou My
Veel eerder as wat julle veilig wil wees

Kinders die wat wil veilig speel in geloof
Gaan nooit die dieper waters
Van wonderwerke kan beleef
En dit is waarheen Ek julle so graag saam met My wil neem

Pappa se kinders asseblief
Glo My
Vertrou My
Kom saam met My op ‘n lewensreis, ongeewenaar!

Pappa se kinders
Pappa se kinders
Soveel opwinding wat op julle wag!
Sy sê gereeld kom ons kyk wat geloof kan bereik!

Pappa se kinders
Asseblief
Vertrou My hart
Wees bereid om bietjie van die veilige waters af weg te vaar

Kinders Pappa het julle gemaak vir opwinding!
Dis wat so lekker is van geloof
As julle bereid is om haar in te nooi
En totaal en al te omvou!

Pappa se kinders
Pappa se kinders
Geloof het Ek gemaak vir die avontuurlistiges ook
Vir julle wat altyd al die reëls wil breek

Pappa se kinders
Glo My vir ‘n slag
Kom probeer ‘n bietjie die plesierritte
Wat ‘n lewe van geloof in My vir jou inhou!

Oe kinders
Vertel Pappa
Julle is altyd so gereed om te vertel
Hoe ongelooflik vervelig die lewe van Christene is

Oe kinders, oe kinders
Vir groot dinge is julle gemaak
Ek wil julle ‘n bietjie vertel
Gaan leer van die mense wat in geloof saam met My ‘n pad bewandel

Oe kinders hulle harte en stories van geloof
Sal julle ‘n ding of twee leer
Dis van geloof tot geloof tot wonderwerk na wonderwerk
Dis waarvan hulle stories getuig!

Ek is so dankbaar sê Pappa
Vir die mense en kinders in My lewe
Wat My so dikwels verstom
In die maniere waarop hulle kies om My te vertrou

Julle geloof liefste kindes
Verstom My dikwels
Dit eer My sê Pappa
En dit laat My toe om saam met julle geloof-wat-op-water-loop stories te kan skryf

Kinders Ek is so dankbaar
Sê Pappa
Vir die van julle wat
Van die veilige bote en hawens af wegvaar

Dankie Pappa se kinders
Dat Ek julle kan leer
Dat die lewe saam met My
Waarlik een groot avontuur kan wees!

Pappa se kinders
Dis nie dat Ek altyd laat wil wees
Ek wil die storie van getuienis
Net groter skryf as wat moontlik is

So kan mense glo My kinders
Dat Ek waardig is
Dat Ek groter is
Dat Ek almagtig is

Dankie liefste kinders van Abba
Dat julle Pappa toelaat om hierdie mooiste verstommende stories deur julle lewens te skryf
Kinders dankie dat Ek julle geloof kan laat groei
Dankie dat ons vir die wêreld kan wys dat daar niemand soos Ek is

Kinders Ek waardeer dit so baie
Kinders so onthou asseblief gerus
Volgende keer as jou geloof besig is om te groei
Dis jou God wat besig is om Sy geloofstorie in en deur jou net groter te bou

Dankie liefste kinders van Abba
Dat julle saam My bo bly
Dat julle getrou is
Dat julle bly glo in die wonderlike God wat Ek is

Geloof in My kan berge skuif
Dis maar al wat Ek wil hê julle moet sien kinders
Geloof wat voete kry wanneer jy My vertrou
En jy wat dan saam met My die onmoontlike vermag

Liefste kinders
Dink asseblief hieraan
Volgende keer as Ek jou iets groots vra
Dis nie dat Ek snaaks wil wees

Nee liefste kinders
Pappa vat daai avontuurrit net hoër
Sodat ons albei nog meer
Van lekkerkry kan lekkerkry

Geloof skryf stories kinders
Wat die wêreld verstom
Kinders dis hoekom Ek dit so lief
Dis hoekom Ek dit bly doen

Dankie Pappa se kinders
Dankie
Vir die van julle wat saam met My
Kies om die plesierrit van geloof te geniet

Amen!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s