Nuwe hoop

Hemelse brood

Die wat wag op My
Nuwe krag sal hulle kry
Krag wat hulle sal deurdra
Krag wat nuwe hoop aan hulle gee

Kinders
Nooit-ooit
Moet julle die waarde verloor
Wat lê in wag op My

Kinders dis ‘n goue les
‘n Wonderlike les
Wat julle nog vêr in die lewe sal bring
As julle dit net sou glo

Ja liefste kinders
Beautiful dinge
Is daar wat in My teenwoordigheid
Op julle wag

Kinders julle moet asseblief
Nooit uit oog verloor
Dat wag op My
So belangrik vir geestelike oorlewing is

Dit is waar julle gees
Voedsel kry
Dit is waar julle groei
Saam met My

Die oorwinning liefste kinders
Wat Ek hiermee in julle harte kan inbou
Dis enorm
Daarom dat Ek vra moet dit nie uit oog verloor

Kinders, liefste kinders
Ek gee om, om van julle te hoor
Gee julle om, om van My te hoor?
Dis maar al wat stiltetyd en wag-op-My vir julle beteken

Kinders Ek wil julle die kans gee
Om My beter te leer ken
Wie sal die kans benut
Wie sal My offer aanneem

Dis byna onmoontlik
Liefste kinders
Byna onmoontlik om My beter te leer ken
As jy nooit bereid is om jou Bybel op te neem

Ja liefste kinders
Die kanse is so bitter skraal
Skraal dat jy My dan ooit
Waarlik beter gaan leer ken

Kinders Ek weet sê Pappa
Daar is baie wysheid wat die wêreld vollê
Bittermin van hulle vertel julle eintlik dat God jou in Sy hart wil hê
En ja Ek in joune

Kinders Ek wil julle vertel
Meer
Van die konneksie wat ons twee se harte met mekaar kan hê
Het julle geweet dat dit moontlik is?

Ja sê Daddy, ja
Dit is so
Baie van My kinders wat uitmis op hierdie lekkerte
Wat dit nie kom probeer

Pappa se kinders
Asseblief
Myne
Ek wil julle vra om dit meer te kom probeer

Soveel wysheid
Sê Daddy
Opgesluit in die goue wells van wie Ek is
Daar is sooo min mense wat na die goud in My hart kom vra

Weet julle sê Daddy
Verstaan julle kinders
Dat jy uit-loose op groot skaal
Op groot skaal kinders, op groot skaal

Daddy sê
Dogter, seun Ek wil jou hart ken
En Ek wil jou vra
Sal jy Myne verken

Daar is goud sê Pappa
Kinders
Wat in My lê
Wie gaan daarna kom vra

Ek roep so gereeld
Sê Daddy
So gereeld
Wêreld, wie, gaan julle hoor?

Daar’s vreugdes en blydskap in My
Sê Abba
Nog nie ontdek wag hulle en vra
Wanneer gaan iemand na ons kom vra

Kinders soveel-soveel skatte
Onoopgemaak lê hulle nog en wonder
Wanneer-wanneer gaan mense
Ons kom oopmaak?

Kinders dis soos die beste Kersfees-boom
Waarna enige iemand kan vra
Geskenke wat bly nooi
Sal iemand ons asseblief kom oopmaak?

Die beste geskenke sê Daddy
Is vir julle My kinders voorberei
Die beste geskenke
Uit My Vaderhart

Ek wag sê Daddy
Ek wag
So gereeld wat Ek vra
Kind is dit dalk jy?

Kinders julle moet kom vra na My hart
Asseblief sê Daddy
Asseblief
Die een waarmee geen ander kan vergelyk

Julle wag vir My sê Daddy
Dis wat julle sê
Nee liefste kinders
Pappa wag vir julle, sal julle kom vra?

Kinders Ek wil julle nader trek
Ek wil julle nader nooi
Sal julle asseblief vir My tyd maak
Sal julle My ‘n dieper plekkie in julle harte gee?

Kinders so diep
En so mooi
Kan ons saam in hierdie ontdekkingstog
Na mekaar se harte groei

Ek wil die mooi in joune vind
Kind
Dogter, seun en Pappa wil vra
Kom vind die mooi in Myne

Soveel van julle sê Abba
Soveel van My kinders
Wat nie eers weet of besef hoe mooi Ek rerig is
Dis vir julle wat Ek wil nader nooi

Pappa wil vra kinders
Asseblief
Asseblief kom ontdek
Die goud in julle God se hart

Pappa se kinders
Myne
Kan Ek julle vra asseblief
Om ons nie meer te vergelyk

Die wêreld en Ek
Kinders
Ons gaan nie saam sê Pappa
Ons sal nooit saam gaan

Daar is soveel van julle
Sê Pappa, My kinders
Wat tevrede is met die leuens
Wat sy julle van My vertel

Pappa se kinders
Kan Ek vra
Asseblief moet haar nie meer toelaat
Kom glo veel eerder vir My

Kinders dit is broodkrummels wat sy julle voer
Om aan die lewe te bly
Maar kinders sal julle asseblief kom vind
Ek is die Brood van die ware Lewe

Die wat na My toe kom
Sê Daddy
Nooit ooit sal Ek hulle weg-wys
Of sê daar is nie meer plek in My huis

Altyd-altyd sê Daddy
Sal daar meer as genoeg plek in My huis wees
Al wat julle moet doen is vra
En nader aan My beweeg

Liefste kinders
Pappa wil julle vra om te onthou
Die afstand tussen My en jou
Dit hang altyd van jou af

Ja liefste kinders, ja
Pappa wil julle vra
Seun, dogter
Sal julle asseblief net nader aan My beweeg

Ek gee so-so baie vir julle om
Seun, dogter
Pappa vra
Kom net nader aan My

Moet asseblief nie meer tevrede wees
Sê Daddy
Met die krummels wat hierdie wêreld bied
Kom eet veel eerder van die hemelse brood wat Ek gee

Oe kinders
Dit sal julle binnestes voed
Met die mooiste mooi
Vrugte en groente uit julle Hemelse Pappa se tuin

Kinders
Kinders van Pappa-God
Sal julle asseblief kom hoor
Daar is meer in My as waarvan julle kan droom

Altyd-altyd
Sê Pappa
Wat Ek bly vra
Kom droom saam met My

Die lewe is so groot
My kinders
So groot saam met My
Nooit ooit gaan jy ‘n vervelige oomblik hê

Kinders van Abba se hart
Sal julle asseblief My uitnodiging aanneem
Sal julle naderkom, sal julle kom sien daar is meer?
Soveel-soveel meer

Ek klop aan julle harte
Ek vra deur My Gees
Sal jy asseblief nie weier
Sal jy ons ‘n kans gee?

Ja om vir jou te wys
Daar is meer, soveel meer
As net kerk-speel
Of nou en dan jou oë daar wys

Kinders daar is meer
Daar is Lewe saam met My
Brandend deur My Gees
Wat in jou woon

Oe kind
Die opwinding van My hart
Deur jou are sal dit spoel
Soos Ek en jy meer een raak

Kind vir dit is jy gemaak
Moet dit nie van die hand wys
Geen beter aanbod sal ooit jou pad kruis
As die een wat nou tussen jou hande lê

Sê ja vra Abba-Vader
Sê ja kind vir ‘n lewe van opwinding saam met My
Sê ja vir dit wat Ek jou wil leer
Sê ja vir dit wat Ek in en deur jou wil doen

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s