Liefde so groot

Sonde-spykers

God is groot
Voorwaar
Dit is waarvan groot genesing in my hart
Bly getuig

o Ons God is groot
Voorwaar
Daar is niks wat Hy nie kan doen!
Niks is daar wat Hom ooit ore sal kan aansit

Hierdie God van my
Groot en wonderlik is Hy
Wil jy Hom nie ook liewe vriend en vriendin
In jou hart innooi?

Liefste Vader-God
U wat die uitspansel
In U hand hou
U wat troon oor die hemel Heer

U is so mooi
U is so mooi
Nooit sal ons ooit U liefde kan verdien
Want U is net wonderskoon

Op plekke so diep en donker
Kom haal U my elke keer
Elke keer wat my voete struikel
En sê My kind Ek is verseker nog hier

Hoe U ons deur die donkerste, diepste valleie lei
Hoe U ons daardeur help
Abba-God hoe sê ons dankie
Vir liefde en trou soos U s’n

U verstom my elke keer
Die kere wat ek met myself moed-opgee
Die kere wat ek twyfel, die kere wat ek nie meer weet
Dan kom U net weer, help my met U ligte hand weer tot op my voete

Abba hoe
Hoe kry U dit reg
Om nie op die mensdom op te gee
Ons met al ons verkeerd

Abba ek verstaan dit nie, rerig
Ek het geglo U liefde is groot
Maar toe kom U weer en wys
Dit is groter

Hoe Abba, hoe
Hoe kan U uit liefde so mooi bestaan
Hoe kan U aanhou om met liefde so mooi
Na ons te bly kyk?

Daddy rerig
Ek weet nie, ek verstaan nie
U is so groot
Tog is U liefde soveel groter

Daddy dis asof ek net meer en meer verstaan
Die liefde wat Jesus op die kruis kom wys het
U s’n
En hoe min ons dit eintlik verdien

Ek sien hoe Jesus op daai kruishout hang
Ek sien hoe Hy elke hou van veroordeling en straf vir my dra
Ek sien hoe Hy sê My kind dit is vir jou
Hoe kan jy nie glo?

Daddy dis asof ek al hoe meer besef
Hoe waardig ek vir U is
Hoe waardig ek vir U is
Maar hoe min ek dit verdien

Ek sien sê Pappa se kind
Hoe my sonde, my seer, my verkeerd-doen
My Koning op ‘n plek gesit het
Waar Hy dit vir my dra

Ek sien die sweep se slae
Ek sien die spykers se pyn
En ek sê Pappa, Pappa!
Hoe kan U my so lief hê?

Want sien vriend en vriendin, boetie en sussie
Ek sien so duidelik
Hoe ek daai kruishout verdien
En hoe ek daar moes lê

Ja ek moes daar lê
Dit moes ek en jy wees
Wat in die stof vasgemaak aan die kruis lê
Terwyl die sonde-spykers se straf deur ons hande gaan

Dit moes ek gewees het
Ek! sê ek
Hoekom Jesus, hoekom sou U dit doen
Hoekom het U my plek kom vat

Ek verstaan nie boetie, sussie
Vriend en vriendin
Hoe die waarheid van God se kruis
Nou na al die jare nog dieper in my hart kan kom lê

Ek verstaan dit nie
Sê Pappa-God se kind
Ek verstaan dit nie
Hoe ek vir soveel jare nie ‘n ware besef kon hê

Want ja ons gaan dikwels
Baie kere net te vinnig
Sê Pappa se kind
Oor die storie van die kruis en ons sonde se besef

Oe Pappa-Vader
Oe
Die diep besef hier in my hart
U het my plek kom vat

Hoe Pappa, hoe doen ons dit
Hoe vergeet ons so gou
U het liefde gemaak
En toe kom wys U ons dit lyk so

Oe kinders van God
Sê ons Pappa
Dit bly vir My die mooiste geskenk
Wanneer mense waarlik besef wat het aan die kruis gebeur

En dis nie sê Pappa
Om julle skuldig te laat voel
Nee sê Pappa dis sodat julle kan ontdek en geniet
Die mooiste geskenk van liefde ooit!

Liefde wat opgeoffer het tot die dood
Liefde wat bereid was om die ultimate prys te betaal
Liefde so mooi, liefde so groot!
Dit is My liefde sê Abba-God

Ek het dit kom wys sê Abba-God
Ek het dit kom tentoonstel
Sodat julle kon besef en waardeer
Ek het julle ewig lief

Ja sê Abba-God, ja
Selfs al sou net een Jesus se liefdesoffer aanneem
Sou Ons dit weer doen
Ek sou Hom weer stuur, Jesus sou weer kom

Kinders, kinders asseblief
Julle moet besef
Pappa weet van julle
En Ek is baie groot

Ek sien waarmee julle sukkel
Sê Pappa
Ek sien wanneer julle swaarkry
En dis altyd My hart om uit te help

Ja sê Pappa-God
Ek sien My kinders
Ek sien hulle swaar, hulle seer
En Ek kan dit beter maak

Daar’s min kinders
Sê Abba-God
Op aarde
Wat My waarlik met hulle harte vertrou

Ek wil maar net vra sê Abba-God
Baie kere
Kyk na die kruis en wat daar gebeur het
Voor julle dink Ek gee nie om

Ek gee altyd om
Sê Abba-God
Altyd-altyd
En kinders dis maar al wat Ek julle met hierdie briefie wou leer

Mag Abba-God se vrede oor julle vou
Julle wat aan Hom behoort
Mag julle weet julle is diep kosbaar
Elke een

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s