Nuwe hoop

Herstelde hoop

Genade-groot
Het ons kom haal
Toe ons nog vêr van Jesus was het Hy gesê
Ek soek hulle, elkeen

Sy vrede het Hy in ons harte kom sit
Die dag toe ons Hom aanneem
Die dag toe ons sê
Ons glo

Oe kinders van Abba-God
Genade-groot
Is wat my elke dag so bly maak
Genade wat sê ek gee nie op, op jou

Hoe mooi is dit
Sê Abba-Vader se kind
Hoe mooi is dit
Dat ons kan glo?

Abba-God se genade
Het ons elkeen kom haal
En al wat ons hoef te sê is
Ons glo

Ons glo
Ons glo in God
Ons glo Hy het Sy Seun gestuur
Jesus het ons sonde betaal en ons die Ewige Lewe kom gee

Ons glo
Hoe maklik is dit om dit te doen
Tog maak ons dit dikwels
Baie moeiliker as wat dit nodig is om te wees

Glo soos ‘n kind
Sê Abba
Glo soos ‘n kind
Dis wat Hy van ons vra

Tog dikwels
Sê Pappa-God se kind
Maak ons dit oorgekompliseerd
As ons nie die eenvoud van die Evangelie wil glo

Dit is so eenvoudig
Sê Pappa
Dit is rerig so eenvoudig
Glo dit soos ‘n kind

Kinders Ek weet sê Abba
Hierdie wêreld het heelwat geloof uit julle harte kom steel
Vandat julle klein is, gebeur dit gereeld
Hierdie wêreld het ‘n manier om dit te doen

Kinders Ek wil daardie geloof wat Satan uit julle harte kom steel het
Aan julle teruggee
Ek wil dit laat toeneem
Sodat julle weer soos ‘n kind in die onmoontlike kan glo

Oe kinders sê Pappa, oe kinders
Dit is so, so mooi
Ek wil julle vertel
Die skatte om God soos ‘n kind te glo

Oe moenie daarop neerkyk nie
Sê Abba-God aan Sy kinders
My kinders
Dis so mooi

Julle vertrou My nie
Sê Abba-God
Maar ook dit kan ons herstel
Deur die liefde van wie Ek is

Oe Ek is mooi
Ek is so so mooi
En dalk liewe kind sal jy dit meer begin glo
As jy net die eerste treë wou gee

Ek weet die lewe is hard kinders
Ek weet hy het jou op heelwat plekke stief behandel
Dis hoekom jy so kwaai, koud en ongenaakbaar geraak het
Niks kan jou meer skeel

Oe kinders, oe kinders
Pappa wil vir julle kom wys
Hoe dit lyk wanneer oë van opgewondenheid blink
Ek wil dit vir julle kom teruggee

Kinders Ek stem sê Pappa-God
Ek stem saam met jou
Die wêreld het baie mooi uit jou hart en oë kom steel
Maar Ek wil dit vir jou teruggee

Sal jy My asseblief toelaat
Wil die Pappa van alle pappa’s weet
Kind sal jy My toelaat om te herstel en weer wakker te maak
Daai kindjie in jou wat glo

Kind Ek kan herstel
Alles, alles sê Pappa
Wat die wêreld van jou gevat het
Ek kan dit teruggee

Jy moet My net toelaat sê Abba-God
Kind jy moet net weer
Asseblief kind
Jou hart vir My oopmaak

Skrefies My kind
Kom ons begin met ‘n skrefie
Sal jy net asseblief begin om na binne te kyk
Na dit wat Ek instoor hou

Kind Ek weet
Jy het geglo
Dit sê jy gereeld
Maar kind sal jy asseblief weer?

Moet net nie My hand los nie kind
Pappa vra
Moenie My hand los nie
Ek wil alles vir jou teruggee

Jou vrede en vreugde
Wat jy so met die jare verloor het
Jou hoop vir die toekoms
Jou hoop vir ware geluk

Kinders kan Ek vir julle sê
Hierdie drome in julle harte
Staan almal nog ‘n kans
As julle My kans sou gee

Van vooraf kinders
Kan Ek vra
Kom glo My
Kom gee My jou seer en kyk wat Ek daarmee kan maak

Ek weet kind
Sê Abba
Jy het baie seer gekry
Daar is diep seer in jou hart maar Ek kan herstel

Ontnugtering sê Daddy
Ontnugtering lê jou hart vol
Skok oor hierdie wêreld wat so hard is
Skok oor dat sy glad nie fair speel

Kind Ek is jammer sê Pappa
Ek is jammer
Gee My net nog ‘n kans, asseblief kind
Om dinge vir jou beter te maak, om dinge vir jou reg te maak

Kind Ek kan
Ek kan, Ek kan, Ek kan
Ek sal
As jy jou hand vir My sal kom gee

Asseblief sê Pappa, asseblief
Moenie net meer half-connected bly
Kom gee My jou hart
Kom gee My jou alles, waarlik

Oe Pappa se kinders
Oe Pappa se kinders
Ek maak julle sterk
Ek gee julle hoop

Ek gee julle hoop kinders
Wat julle lankal dink bestaan nie meer
Ek is Hoop
Ek is die Een wat dit gee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s