Nuwe hoop

Pretensieloos

Daddy dis vir my so mooi en kosbaar
Dié tyd saam met U
Daddy dankie dat ek op U kan wag
Dankie dat U altyd so naby is

Daddy dankie
Dankie Pappa dat ek kan dankie sê
Dankie Pappa dat ek kan Pappa sê
Dit beteken soveel vir my

Daddy U sit reënboë in my hart
Om U so sag daarbinne te kan hê
Om met U te kan praat
Daddy dit beteken die wêreld en veel meer vir my

Daddy dankie
Dankie so baie vir die voorreg
Om U naby my te hê
U liefde so sag is waarop ek my lewenshuisie wil bly bou

Daddy dat U altyd aanhou
Om my te pursue 
Daddy dat U altyd ‘n tydjie gereed het
Om by my te wees

Daddy liefste Pappa
Dis so, so mooi vir my
Ek wil elke dag
Net meer in U mooiheid verdrink

Daddy dronk van liefde
Is ek sowaar
Daddy dis U liefde
Dis vêr mooier as menslike verstaan

Daddy dis so mooi
So kosbaar
So spesiaal
Dis U liefde vir my

So sag hou dit aan
Om altyd aan die liefdesdeur
Van my hart te kom klop
Om te kom vra sal jy My dieper innooi

Daddy ek weet dis altyd
Die vra van U hart
As U kon kies om elke dag, elke asemteug met ons te spandeer
Sou U dit met graagte doen

Dis ons wat dikwels
Baie kere
Net vergeet
Om tyd saam met U te hê

Ja liefste kinders
Sê Pappa
Ek weet dat dit seermaak
Om My hierdie woorde te hoor sê

Pappa se kinders
My liefste kinders
My hart is siek van verlange na julle
Dis hoekom Ek bly vra

Kinders, kinders
Vra Pappa
Sal julle asseblief net begin naderkom aan My
Daar is so ‘n diep honger in My hart

Na elkeen van julle
Sê Pappa
Na elkeen van julle
Verlang My hart so baie

Kinders dis so baie kere
Sê Pappa
Dat dit nie vir julle is
Soos wat dit in My hart is

Ja sê Daddy
Ja sê Pappa
So baie van julle wil nie
Dieselfde hê as wat Ek wil hê

Pappa se kinders
My hart is sag en teer
Dis hy wat julle altyd bly nader nooi
En sê kom gee My nog ‘n kans

Pappa se kinders
As julle net kon verstaan
As julle net kon sien
Hoe diep die honger en verlange na tyd saam met julle lê

Liefste kinders
Pappa se kinders
Ek wil julle vra
Om nie meer Satan se leuens te glo

Daddy se kinders
Julle kinders van die wêreld ook
Julle dink gereeld
Dat Ek net hoog-heiliges in My teenwoordigheid wil hê

Daddy sê julle glo so verkeerd
Ek wens julle kon sien
Dis die eenvoudiges van hart
Wat die lekkerste tye saam met My geniet

Daddy sê ja
Julle bly glo
Julle is gered deur genade
Tog wil julle steeds daarvoor bly werk

Kinders van My hart
Wanneer liefste kinders
Gaan julle verstaan
Al wat Ek vra is kom sonder pretensie in die hart

Ja sê Daddy, ja
Kom veel eerder met ‘n hart wat sê
Daddy ek sukkel
Daddy ek kry swaar

Daddy sê hierdie wêreld kinders
Het julle so verkeerd oor My geleer
Hoekom kan julle My nie sien as die Pappa wat nooi
Kind kom sit op Pappa se knie, vertel My als in jou hart

Julle dra so swaar kinders
Julle dra so swaar aan die veroordeling
Wat julle dink Ek op julle skouers pak
En eintlik is dit veel eerder die teenoorgestelde

Pappa se kinders
Kinders van My hart
Ek wil julle nooi
Kom sit by Pappa stil

Eintlik sê Daddy
Hou Ek nie te veel daarvan
As mense voor My kom
En maak asof hulle alles in plek het

Kinders, kinders sê Pappa
Verstaan julle nie
Weet julle nie
Ek sien hoe alles daarbinne uitmekaar val

Kinders Ek sien sê Pappa
Ek weet dat julle voel
Julle alles beter in beheer hou
As julle alles met ‘n ysterhand regeer

Tog kinders
Tog wil Ek julle vra om te onthou
Pappa is in beheer
Julle kan ‘n bietjie laat gaan

Kinders sê Pappa
Kinders van Pappa se hart
Ek nooi julle veel eerder
Kom leef binne in My hart

Kom vertel My sê Daddy
Kom vra My vir hulp
As dinge te swaar raak
As jou hart seerkry

Kinders hierdie wêreld
Leer julle verkeerd
Wanneer sy vir julle sê
Dat julle My op ‘n afstand moet bly hou

Kinders dit is nie so nie
Ek wil julle veel eerder
Baie graag
Nog nader aan My hê

Pappa se kinders
Kan Ek vir julle sê
Die mooiste intimiteit kan ons tussen ons harte opbou
As ons dit vir mekaar bly sê

Ja sê Daddy
Asseblief
Moenie My uithou op dinge wat verkeerd gaan
Maak My veel eerder deel daarvan

Daddy sê Ek gee om
Soveel-soveel om
As julle kon sien
Sou julle lankal reeds julle harte voor My blootlê

Kinders asseblief
Moenie dat die skeiding tussen ons so groot bly
Nee asseblief kinders, nee
Moenie so maak

Kom elke dag net nog ‘n bietjie nader aan My
Sê Daddy
Elke tree wat jy gee
Kan soveel betekenis inhou

Dis al wat Ek vra
Pappa se kinders
Kinders van My hart
Kom net nog nader aan My

Dis die heelgrootste
Begeerte in My hart
Om jou daarbinne te hê
Totaal en al, geheel en al

Kinders moet dan nie ooit
Ophou om My hart te ontdek
Asseblief nie kinders
Maak dit die rede hoekom julle op aarde is

Soveel mooi goeters sê Daddy
Wil Ek aan julle wys
Dit gebeur als
Wanneer julle tyd met My spandeer

Luister asseblief vir My
Kom asseblief
Altyd nader sê Pappa-God
Altyd nader aan My

Die mooiste geskenke
Lê toegedraai en wag
Vir jou om hulle te kom oopmaak kind
Vir jou om hulle te kom vind

Moet dan nooit ophou kinders
Hou aan op Pappa te kom soek
Met alles in julle harte
So sal julle My altyd vind

Dankie liefste kinders
Sê Pappa-God
Aan al Sy kinders wat bly vind
Aan al Sy kinders wat Hom naby wil hê

Dit bly ‘n groot vreugde
Sê Daddy-God
‘n Groot blydskap vir My
Om julle naby My te hê

Ek kan nooit-nooit
Genoeg daarvan kry
Ek sal ook nie ooit
Ja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s