Byt vas

Oorlog van die lewe

Liefste kinders
Van Pappa-God se hart
Sien julle hoe Hy aanhou om julle nader te nooi
Sien julle hoe baie Hy omgee

Dis altyd Sy hart sê Abba-God se kind
Om hegter verhouding met ons te bou
Deur al die lesse van die lewe
Is dit Hy wat die mooistes leer

Ja ons Abba-God
Kan ons altyd bly vertrou
Die God wat in die hemel woon
Ja ook die Een in my hart

Soveel kere wat ons dink
Dat God nie te vertrou is
Dis nie waar nie liefste kinders
Ek is altyd getrou

Die diepste waters sê Abba
Is niks vir My
Kinders onthou
Ek is die Een wat op water loop

Die storms van die lewe
Kan maar kom sê Abba-Vader
Ek is en bly die enigste Een
Wat hulle ten volle stil kan maak

Ja liefste kinders
Pappa weet en Ek besef
Die waters is partymaal rof
Tog onthou geen golf is hoër as Ek

Dikwels kinders
Slaan die branders van die lewe
Julle voete heeltemal onder julle uit
Kinders tye wat dit voel asof julle glad nie meer vaste grond onder julle voete het

Kinders asseblief onthou
Ek is die VASTE ROTS onder julle voete
Ek sal nie toelaat sê Abba
Dat julle voete altyd net gly

Nee sê Abba-Vader
Dis altyd My hart
Om julle voete sterker in My te kry
Dis daarom dat Ek storms sal toelaat

Ja sê ons liefste Pappa
Dikwels kinders
Dikwels wat Ek toelaat dat storms gebeur
Omdat Ek weet dit jou sterker in My kan kry

Wonderlike lesse sê Abba-Vader
Is in die donker dae van hierdie lewe te leer
Wonderlike lesse
Dis hoekom Ek toelaat dat hulle gebeur

Kinders van Abba-Vader
Kinders van My hart
Julle moet asseblief ophou om toe te laat
Dat hierdie wêreld se storms julle ore aansit

Kinders dis soos die reuse wat ons na jou Beloofde Land baklei
Onthou dit asseblief volgende keer
Wanneer ‘n reus
Jou pad wil versper

Kinders asseblief sê Abba
Dink veel eerder so daaraan
Elke storm in jou lewe
Is soos ‘n nuwe stad wat jy inneem

Ja sê Pappa
Ja sê Abba-Vader
Dink veel eerder so daaraan
En laat toe dat Ek jou lei

Kinders Ek is so, so gekonfyt
In teen-reuse-baklei
Dit is soos My ding sê Daddy
Om reuse te verslaan

Oe My liefste kinders
Sê Pappa
Julle sal sien, julle sal sien
Ek lief dit so om ‘n reus op sy neus te laat kyk

Ja sê Abba-God, ja
Hulle is altyd wintie
Dink altyd dat hulle almal ‘n ding of twee kan wys
Tog het dit nog nie met My gebeur

Ek is hulle altyd een voor
Sê Abba-God
Altyd sê Abba
En dit laat My partymaals nogal lekkerkry

Julle weet mos maar sê Abba
Hoe dit partykeer is
Partykeer as iemand nodig het
Om net weer aarde toe gebring te word

Dis maar al sê Abba
Wat gebeur
Wanneer Ek reuse op hulle neus laat kyk
En hulle ‘n nuwe ding of twee leer

Mense van die wêreld
Dink mos maar altyd
Sê Abba
Hulle kan vir My iets nuuts kom leer

Tot en met vandag
Sê Abba-God het dit nog nie gebeur
Hulle raad hou aan om hulle in die steek te laat
Tog bly My advies deur al die jare steeds goud

Kinders van die wêreld
Wanneer gaan julle sien
Wanneer gaan julle verstaan
Dat Ek rerig altyd beter weet

Dit maak My dikwels moeg
Sê Abba
Die kere wat Ek dink en sien
Ag nee, rerig?

Kinders asseblief verstaan
Ek is beter toegerus as jy
Om die reuse van hierdie wêreld
Die storms van die lewe ore aan te sit

Kinders is dit Hur of Ur
Is dit nou ‘n nasie of volk
Wat gewoonlik veel groter as jy is
Saam sal ons oorwin

Kinders dis tyd sê Abba
Dat julle My waarlik toelaat
Om geloof in julle harte te bou
Wat die grootste reuse verslaan

Kinders ons kan
Ons kan saam
Hierdie reuse van die wêreld
Een vir een met die grond laat kennis maak

Dis die grootste voorreg vir My
Sê Daddy aan Sy kind
Om saam met jou
Hierdie oorlog van die lewe te wen

Kinders Ek weet sê Pappa
Ek weet dat dit dikwels is
Presies hoe hierdie wêreld vir julle voel
‘n Oorlog wat julle gaan verloor

Nee Pappa se kinders, nee
Gaan lees in die Ou Testament
Gaan lees die verhale sê Abba
Hoeveel oorloë het Ek saam met My kinders geveg

Ja sê Pappa-God
Ja liefste kinders
Die Ou Testament is geskryf en vir julle gegee
Sodat julle kon sien en leer saam met My gaan julle beslis wen

Kinders, kinders
Die stories in die Ou Testament is so mooi
Hulle vertel die mooiste stories
Van My krag en sterkte oral-oor

Kinders is dit nou die Rooi See wat voor Moses kloof
Is dit nou Daniël wat saam met sy vriende veilig in die vuuroond sit
Of is dit Dawid wat weer vir Saul uitoorlê
Kind jy moet weet Ek sal vir jou dieselfde doen

Kinders julle moet asseblief altyd weet
My guns rus op julle
En daar is niks wat Ek nie vir julle sal doen
Net soos met My volk, die ou Israel

Oe kinders
Oe kinders
Julle moet weet sê Pappa-God
Ek sien julle en saam sal ons oorwin

Pappa se kinders, My kinders
Die Bybel is so vol van dit
Asseblief gaan lees bietjie
Ken My in al jou weë en Ek sal jou paaie gelyk maak

Dis waarvan die Bybel op soveel plekke getuig sê Daddy
Soveel plekke
Mense wat My ken
En Ek wat hulle weë gelyk maak

Oe dit bly vir My so mooi
Vertel Daddy
Die stories van die ou dae
En wat dit die kinders van vandag nog leer

Oe dit is so mooi vir My
Sê Daddy
So mooi
Die kere wat Ek vra kind glo My en jy wat dit dan doen

Kinders so baie kere sê Daddy
In die Ou Testament wat Ek My kinders vra
Konings, profete, gelowiges vertrou My
En dan wat ons die onmoontlike regkry

Julle moet altyd bly glo sê Abba-God
Julle moet altyd bly vertrou
Al lyk ons kanse skraal
Al is die opposisie ook hoe groot

Oe kinders sê Pappa, oe kinders
Dis wat Ek so graag sal wil hê jy moet in die Ou Testament raaksien
Kinders wat saam met My
Groot dinge regkry

Oe sê Pappa, oe
As julle net kon sien
Die gevegte wat ons daai dae baklei het
Die gevegte wat ons vandag nog wen

Kinders van Abba-God
Pappa vra julle om te verstaan
Ek is by julle
En saam met My kan julle uitbeweeg

Solank julle kinders
Net altyd seker is
Dat ons die regte oorloë baklei
Sal ons verseker wen

Ja liefste kinders
Dit werk nie altyd
Is nie nodig
Om links en regs gevegte te begin

Kinders party gevegte
Is nie nodig om te baklei
Hulle laat jou net verloor
Laat jou in die stof byt

Nee kinders, nee
Ons moet wys wees met ons oorlog-strategieë
Soos wat die ou volk Israel ook party volke moes vermy
So moet dit met julle dieselfde wees

Party volke sê Daddy
Is net daar om dit onnodiglik moeilik vir julle te maak
Party wil julle net verhinder
Om by die Beloofde Land uit te kom

Ja sê Daddy, ja
Met party gevegte gaan ons moet stry en baklei
Om bo uit te kom
Maar saam gaan ons dit maak

Kinders van My hart
Sê Abba
Sal julle My toelaat
Om saam met julle te baklei

Daar is te veel gevegte
Sê Daddy
Wat julle op julle eie aanpak
En dan moet julle stert tussen die bene terugkeer huis toe

Nee kinders
Nee sê Pappa vir Sy kinders
Ek wil veel eerder vra
Laat My toe om die pad aan te dui

Party oorloë is moeilik
Party makliker
Tog kinders vorm hulle julle almal
Tot die mense wat julle in die Beloofde Land gaan wees

Ja liefste kinders
Ja die wysheid van die hemel
Sal elke keer meer julle s’n raak
Soos wat julle My toelaat om rigting aan te dui

Kinders ons is hier om te wen
Onthou dit altyd
Ook die kere wat Satan jou met negatiwiteit
Wil leeg tap

Ja liefste kinders
Die reuse lyk altyd groot
Die berge altyd onoorkombaar
Tog sal ons dit elke keer maak

Ja sê Daddy, ja
Elke keer sal ons met groot oorwinning deurtrek
Dit is mos My Naam
Ja wel, My ander een 😉

Kinders Ek het baie name
Elkeen bevat ‘n ietsie van My karakter
En wie Ek in tye van nood vir My kinders is
Miskien moet jy daaroor gaan oplees 🙂

Kinders
Julle bevat net
Soveel-soveel waarde vir Pappa
En dit is wat Ek vandag vir julle wil sê

Al lyk die berge groot
Al lyk hulle onoorkombaar groot
Hou aan klim
Totdat jy toppunt bereik

Kinders
Soos ‘n wafferse oorlogsoldaat
Soos ‘n wafferse bergklimmer
So moet jy saam met My die oorwinning behaal

Dit is waarvoor julle geroep is
Sê Abba-God
Dit is hoe julle gemaak is
Om nie op te gee

Kinders saam met My
Kan julle altyd
Altyd, altyd, altyd
Daarom hoef julle nooit na die vyand te luister

Nee kinders, nee
Saam met Pappa-God
Is julle sterk genoeg
Saam met Pappa-God is julle groot genoeg

Dis sulke woorde
Sê Daddy-God
My kinders
Wat julle in die donkerste van donker dae moet onthou

Ek lief julle so baie GROOOT
En dit is daardie liefde kinders
Wat julle in die donkerste dae
Die mooiste oorwinnings gaan gee

Hou altyd aan om te bely
God is vir my
Hy is nie teen my
Hy sal die uitkoms gee

Ja kinders, ja
Dis wat Pappa altyd doen
Ek is van UITKOMS en ANTWOORDE aanmekaargesit
Dit is wie Ek is

Wysheid van Bo
Wysheid van Bo
Bid gereeld vir dit kinders sê Pappa-God
So sal julle weet watter oorloë om te baklei

Party is net nie die moeite werd nie
Kinders
Party
Is net nie die moeite werd nie

Moenie toelaat dat die verkeerdes
Jou tyd en aandag steel nie
Sê Daddy
Dit sal net onnodig wees

Wees wys kinders
Wees slim
Kom veg op Pappa se manier
Kom veg op My manier so sê Abba-God

My manier is altyd
Die wen-manier
Sê Abba-God
Dit kan julle maar weet

Geen geveg sê Daddy
Wat Ek vir jou sê om saam met My te baklei
Sal jy ooit verloor
Weet dit gerus vandag

Ek sit op die TROON van alle trone
Sê Daddy
Die troon van alle trone
Daar is geen geveg wat Ek kan verloor

Dit is nou behalwe die een
Van julle siele win vir die Koninkryk
Daar het Ek die mens ‘n eie keuse gegee
Een wat My partykeer duur te staan kom

Maar kinders selfs tot en met daai dag
Wanneer Satan sê die skrif is aan die muur
Sal Ek met alles in My aanhou
Om die stryd van vir-jou-siel te stry

Ja-nee dis beslis nie een wat Ek wil verloor nie
Mag dit nooit ooit so wees nie
Ja-nee in die Naam van My Seun
Staan elke mens ‘n besliste kans

Tot daai dag sal Ek beslis bly arbei
Vir jou siel
Vir jou siel
Tot ook hy die Beloofde Land van die hemel smaak

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s