Liefde so groot

Pakslae

Hoor jy die geklop
Aan jou hartsdeur?
Ons Pappa wil graag weet
Sal jy Hom asseblief innooi?

Ja sê ons liefste Pappa-God
Kinders van My hart
Seun, dogter
Ek wil jou graag dieper nooi

Daar is soveel van julle
Sê Pappa-God
My liefste kinders wat uitkamp by die kruis
En nooit dieper wil kom

My liefste kinders
Het julle geweet sê Pappa-God
Dat die lekkerste lekker
Na die kruis op julle wag?

Ja sê ons liefste Pappa
Aan Sy kinders
Julle moet weet
Ek wil julle graag nader aan My hê

Kinders sê Pappa-God, Myne
Sal julle asseblief kom kyk
Sal julle asseblief kom vind
Wat na die kruis wag om te gebeur

Kinders die kruis van Jesus
Het vir julle die mooiste geleenthede kom gee
Om intimiteit met My te hê
Om My hart te ontdek

Kinders vra Pappa-God
Sal julle asseblief nader aan My beweeg
Sal julle kom vind
Die mooi van wat Ek nou sê

My liefste liefste kinders
Sê Pappa-God
Julle ken My glad nie
As julle bly wegskram

Kinders, liefste liefste kinders
Dit maak julle Pappa in die hemel
My hart so seer
As Ek altyd net sien hoe vinnig julle van My wegbeweeg

Kinders sien julle nie
Verstaan julle nie
Net soos wat die reëndruppels op die aarde neerplons
Soveel is die kanse wat Ek vir julle gee

Kinders van My hart
Sê Pappa-God
Dit gebeur te gereeld dat julle op julself moed opgee
En dan dink dat dit met My dieselfde is

Kinders sê Pappa-God, My kinders
Die wat Ek so graag in My hart wil hê
Hoekom kom julle nie net asseblief nader
Kom vind dat Ek in My hart oorgenoeg kanse vir jou vashou

Kinders asseblief sê Daddy-God
My kinders, kinders van My hart
Julle moet asseblief verstaan dat Pappa begin werk
Veral waar julle moed opgee

Kinders sê Pappa-God
Dis altyd en veral My spesialiteit
Om mense geboë van hierdie wêreld se seer
Weer ‘n kans in die lewe te gee

Julle verstaan nie sê Pappa-God
Dat Ek soveel-soveel omgee
Oor die ‘minstes’ onder julle
Dis hoekom sê Pappa julle nooit van hulle kan vergeet

Pappa-God sê
Partykeer laat Ek julle voel
Hoe dit sal wees om min te hê, om daarmee klaar te kom
Sodat julle ‘n verstaan daarvan kan hê

Kinders Ek weet sê Pappa-God
Dat dit nie altyd vir julle lekker is om min te hê
Julle verstaan nie aldag
Die mooi wat Ek daaruit voort kan bring

Daddy-God sê gereeld vir julle
Kinders hou aan opkyk
Hou aan vertrou
Pappa kom deur vir julle

Kinders van My hart
Sê ons liefste Pappa-God
Het julle al gesien, het julle al gevind
Dat Ek julle altyd veilig in My hande het

Liefste liefste kinders
Sê Pappa-God
Julle moet aanhou opkyk
Julle moet bly wees dat Ek van beter weet

Julle is vir My goud werd
Sê Abba-God
Elkeen van julle is soos My
Mees kosbaarste en spesiaalste besitting

Oe kinders
Sê Pappa-God
Sal julle asseblief kom sien, sal julle asseblief kom vind
Ek wil julle dieper in My hart hê

Daddy sê kinders
Julle verstaan nie aldag
Die paaie wat Ek julle laat loop
Tog wil Ek dankie sê dat julle aanhou daarmee

Daar is baie-baie van julle sê Pappa-God
My kinders
Wat dikwels areas in die lewe beloop
Wat vir julle grys bly

Ja sê Daddy-God, ja
Dikwels wat julle nie weet of verstaan
Waarheen is Pappa-God oppad met ‘n ding
Tog bly julle vashou

Kinders van Abba-God
Ek wil net vir julle sê
Julle wat nie uithou op julle vertroue in My
Dankie daarvoor

Daddy eer so baie
Julle geloof en vertroue in My
Dit sê so baie sê Abba-God
Dit sê julle is waarlik lief vir My

Ja kinders, ja sê Pappa-God
Ek vertrou julle om die regte ding te bly doen
Selfs al weet julle nie aldag
Waarheen ons oppad is met ‘n ding

Partykeer sê Daddy-God
Sal Ek toelaat
Dat die lewe jou ‘n paar lesse leer
Voor Ek jou terugbring na My

Daddy-God sê ja
Ja liefste kinders
Partymaal is dit al hoe julle leer
As Ek toesien dat die wêreld jou ‘n pakslae gee

Ja kinders sê Pappa-God
Ek weet dat dit nie aldag lekker is
Maar dit is so, so nodig met party van My kinders
Sodat hulle uit die vlamme van die hel kan bly

Ja sê ons liefste Pappa-God
Tugtiging is ‘n woord
Wat My kinders
Dikwels nie wil hoor

Dikwels sê ons Pappa-God
Kinders
Gebeur dit dat mense dit verkeerd het
Wanneer dit by My en My tugtiging kom

Kinders sê Pappa-God
Julle dink en verbeel julleself
Dat Ek die grootste vreugde daaruit put
Dat dit iets is wat Ek graag wil hê moet gebeur

Oe kinders sê Pappa-God
Julle dink verkeerd as julle so dink
Dit is nie wie Ek is
Ek is eintlik die ouer wat wens dat dit nie ooit waarlik nodig is

Ja sê ons liefste God
Dit is maar net die Pappa in My wat weet
Ek moet aanhou daarmee
Anders gaan Ek eendag vir My kind jammer moet sê

Ja sê Pappa-God
Vir Sy liefste kinders
Julle dink dit is nie so
Maar dit is wat gebeur as jy kinders vrye teuels gee

Hulle gaan jou altyd eendag kom blameer
Wanneer jy oud is en afgeleef
En hulle groot genoeg om te kan sien
Die skade van nie-gedissiplineer

Kinders dit is net so
Sê Pappa-God
Dit is net so
Dissipline bring die mooiste in kinders na vore

Kinders sê Pappa-God
Kinders asseblief
Kyk net bietjie na die kinders om julle, die kinders in die wêreld
Wat gebeur as hulle nie ordentlike maniere het?

Oe kinders sê Pappa-God
Oe kinders
Julle moet asseblief versigtig wees om julle kinders te veel vryheid toe te laat
Dit kan julle net dalk ‘n bietjies te duur te staan kom

Kinders sê Pappa-God
Kinders asseblief
Julle moet verstaan
Dat Ek julle liefhet

Dis omdat Ek julle liefhet
Sê Pappa-God
Dat Ek julle die mooi en regte pad wil leer
Sodat julle nie ooit die pad vir goed byster raak

Kinders sê Pappa-God
Asseblief verstaan
Kinders moet die regte pad geleer word
Anders gebeur als verkeerd

Oe kyk ‘n bietjie sê Pappa-God
Die verwoesting wat gesaai word
Wanneer kinders nie hulle perke ken
Wanneer hulle nie duidelik weet wat is reg en wat is verkeerd

Kinders sê Pappa-God
Asseblief verstaan wat Ek vir julle sê
Dissipline is een van die mooiste geskenke
Wat jy ooit vir jou kind sal kan gee

Vertrou My asseblief
Sê Pappa-God
Vertrou My wanneer Ek dit vir julle sê
Wanneer Ek dit van julle vra

Julle is vir julle kinders
Reg? sê Pappa-God
Reg
Doen dan asseblief soos Ek vra

Kinders leer asseblief
Leer asseblief vir jou kinders
Wat is verkeerd, wat is reg
Wanneer tree ‘n mens nie reg op

Kinders julle moet verstaan
Asseblief sê Pappa-God
Julle maak die werk vir My baie makliker
Wanneer julle nie teen My werk

Kinders asseblief sê Pappa
Ek vra julle
Kom ons maak hulle groot vir die hemel
Kom ons maak hulle groot vir dit wat reg en mooi is

Dit is dikwels sê Pappa-God
Dat mense nie My raad volg
En dan probleme op die hals haal
Asseblief moet nie dieselfde doen

Kinders leer van My
Asseblief wees bereid om My raad te volg
Doen soos Ek vra
Moet asseblief nie jou eie kop volg

Wees bereid om te erken
Pappa ek doen nie altyd reg
Maar ek wil
Asseblief leer my

Pappa se kinders
My kinders
Asseblief onthou altyd
Ek is by julle

As Ek julle vra
Om julle kinders op te voed in My weë
Asseblief doen dit sê Abba-God
Moenie ooit terughou

En kinders kan Ek julle vra
Asseblief
Doen dit met liefde
Tugtig in liefde

Liefde is nie dood-slaan
Liefde is ‘n les
Met die bedoeling om hulle iets te leer
Wat hulle gaan laat groei, wat hulle gaan verbeter

Kinders sê Pappa-God
Daar is te veel ouers op aarde
Wat hulle kinders net wil dissiplineer
Maar nooit tyd met hulle wil spandeer

Kinders asseblief
Moet dit nie doen nie
Dis nooit My bedoeling gewees
Om families uitmekaar te skeur

Ja sê ons liefste Pappa-God
Tog gaan dit partykeer gebeur
As een in die huisgesin My liefhet
En die ander nie

Kinders asseblief
Bewaar die band van eenheid en liefde
Wat daar veronderstel is om in gesinne te wees
Moenie terughou

Kinders die duiwel se plan is altyd
Om skeiding te bring
Om dinge te laat gebeur
Wat verwydering bring

Asseblief Pappa se kinders
Moet hom dit nie toelaat
Wees slimmer as hy
Doen wat Ek vra

Kinders Ek het altyd ‘n rede
As Ek jou vra om in My weë te volg
Altyd sê Pappa-God
Baie goeie redes

Moet dan asseblief nie terughou kinders
Om My beter te leer ken
Nee doen dit sommer nou
Doen dit sommer gou

Kinders julle kan vandag begin ontdek
Dit wat Ek van julle vra
Kom dieper
Kom ontdek wie God rerig is

Julle is verkeerd
Sê Pappa-God
Kinders julle is so so verkeerd
As julle bly dink dat Ek op julle uithou

Nee kinders Ek doen nie
Nie ooit nie sê Pappa-God
Julle kan gerus julle hande in Myne kom plaas
Die pad saam met My verder loop

Ja asseblief kinders
Asseblief vra Pappa
Leer My ken
Hou op om tente by die kruis op te slaan

Kinders dit is die wonderlikste begin
Maar vandaar moet julle weet
Het Ek die mooiste ontdekkingspadjies
Moontlik gemaak

Gaan verken hulle bietjie sê Pappa-God
Gaan wandel op hulle
Kinders julle sal ontdek die pad na die kruis
Hy is waarlik mooi

Hy is waarlik-waarlik mooi kinders
Dis die padjies waarop julle My leer ken
Die padjies waarop julle meer en meer
Die goud in My hart kom ontdek

Kom wandel dan op hulle
Sê-vra Pappa-God
Kinders sal julle
Asseblief kom sê ja

Ek verlang na julle sê Pappa-God
Julle wat altyd sê
Julle wat altyd dink
Nee God kan nie so wonderlik wees

Daar is mos maar altyd dinge
Waarmee julle julle veel eerder besig hou
As om My te verken sê Pappa-God
Weghardloop bly vir julle makliker

Ek dink sê Pappa-God
Ek glo
Dis omdat julle vir te lank
Aan die verkeerde beeld van My vashou

Kinders asseblief sê Pappa-God
Kom vind die God wat nou hier met julle praat
Die ewige mooi een
Die een … wat waarlik leef

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s