Nuwe hoop

Ware liefde!

Genade-groot
Het my al so baie kere kom haal
Kere wat ek wou moed opgee
Kere wat ek nie meer geweet het waarheen

Kere wat ek getwyfel het
Gewonder het of God rerig bestaan
En of Hy kan doen wat in Sy Woord staan
Wat Hy beloof

Oor en oor het ek toe wel gevind
Hy is wie die Woord sê Hy is
Ewig en mooi
Goed in al Sy weë

Oe die Woord beloof
Ja seun, dogter van God
Dat God altyd by jou is
Het jy al gevind dat dit met tye so moeilik is om te glo

Ja ek het al met tye gevind
Dat Satan leuens van twyfel kom saai
Als om my te laat glo
Dat God nie by my is

Ja dalk het jy al van hulle gehoor
Dalk het hy dit ook al vir jou kom vertel
Dat God nie vir jou is
Dat jy Hom moet wantrou

o Kinders van God
Daar is soveel-soveel leuens
Wat die Satan in tye van nood aan ons vertel
Of is dit nou in ons harte kom fluister

Oe so gereeld wat hy vir ons kom sê
Kind van God jy kan maar opgee
God weet nie van jou
As daar biljoene mense op planeet aarde is

O ja soveel-soveel kere wat hy stories vertel
Soveel kere wat ons hom glo
Net soos wat Satan in die Tuin van Eden vir Eva verlei
Wil hy tot en met vandag steeds dieselfde doen

Ja in die begin was sy plan
Kom ons kry dit net reg
Om twyfel te saai in hulle harte
Net sodat hulle God nie voluit glo

Oe kinders van Pappa-God
Ons moet so versigtig wees
Ons moet uitkyk vir die slang
Die leuens waarmee hy wil verlei

Oe kinders van Pappa-God
Hoe belangrik is dit vir ons
Om te weet, om te glo
Dat God waarlik NET GOED is

Ja liefste kinders van Pappa
Daar kan geen sweempie van twyfel bestaan
Dit maak die deur vir Satan oop
Dat hy verwydering kan bring

Kinders van Pappa-God
Dit is so belangrik vir ons om te weet
Selfs as ons moet ly
Dat God vir ons is

So gereeld is dit iets
Wat storms of slegte tye vir ons vertel
God straf jou
Iewers het jy iets verkeerds gedoen

Kinders van God
Selfs al het jy iets te doen
Met die penarie waarin jy verkeer
Moet jy steeds weet God is vir jou

Ja liefste kinders van Pappa-God
Want dit gebeur te gereeld
Dat ons in die storms van die lewe
Die Ware Anker om hierdie redes verlaat

Kinders van God, Abba se kinders
As ons nog nie in stormtye kon leer
Om Sy hand vaster te hou
Dan weet ons nog nie wie Hy waarlik is

Kinders van Pappa-God
Kan ek julle vra, kan ek julle aanmoedig
Om in donker tye
Steeds en veral in God te bly glo

Daar is vrae in julle harte
Sê Pappa-God
So baie vrae, so baie dikwels
Wanneer julle deur moeilike tye gaan

Kinders van Pappa-God
My kinders
Dis so belangrik vir julle om te weet
Dat Ek altyd by jou is

Selfs al was die storm jou skuld
Selfs al is dit die verloop van omstandighede
Kinders asseblief glo vir My
Dat Pappa ALTYD vir julle is

My hart raak seer
Sê Daddy-God
Baie kere as Ek sien hoe vinnig mense
My verlaat wanneer dinge moeilik raak

Weet julle sê Pappa
Hoeveel kere word Ek geskei
Deur mense wat sê
Hulle het My liefgehad

Ja liefste kinders
Dan sê hulle vir My
Dinge is anders o Koning
Of so wou ons dinge nie hê

Ja liefste kinders ja
So dikwels wat Ek moet aanhoor
Dinge is nie meer soos dit in die begin was
Ek het Jou nie meer dieselfde lief

o Kinders sê Pappa-God
Ek ken die trauma van egskeiding
Daai begeerte in jou hart wat bly sê
Ek wou dinge so graag anders hê

Kinders sê Pappa-God
Pappa se kinders
Ek ken die trauma van weer opstaan
Weer probeer bou aan die stukke wat stukkend op die vloer lê

Kinders Ek ken sê Pappa
Ek weet van die vrae wat vra
Kan ons nie maar weer probeer
Is jy seker dit is verby tussen ons

Kinders, daar is baie
Baie van My kinders
Wat My op ‘n dag verlaat het
Sonder om terug te keer

Daddy se kinders
Ek weet sê Pappa
Hoe dit voel as jou geliefde
Jou nie meer in haar of sy lewe wil hê

Ek ken verwerping
Sê Daddy-God
Ek is met dit baie welbekend
Dis iets wat Ek daagliks ervaar

Oe kinders van Abba-God
Sê ons Koning
Dankie dat julle bly ja sê
Die wat My waarlik liefhet

Ek is al deur baie diep waters
Saam met van My kinders sê Abba-God
Die wat verbond ken
Die wat bedoel as hulle sê tot die dood ons skei

Pappa-God se kinders
Aan die wat swaarkry saam My ken
Dankie dat julle in donker tye wat vrae vra
Nie My hand laat los

Oe dit beteken so baie
Sê Daddy-God vir My
Wanneer mense kom soos hulle is
En aanhou met vashou

Baie, baie van My kinders
Sê Daddy-God
Is al met leuens in hulle harte gekonfronteer
Wanneer moeilike tye aan hulle deur kom klop

Vir die van julle sê Daddy-God
Wat dan bly kies om getrou te bly
Dankie liefste kinders, dankie
Ek eer julle

Dit beteken so baie
Sê Pappa-God
Om ‘n eggenoot te hê
Wat getrou bevind word

Kinders julle liefde
Is vir My goud werd
Rerig-erig om vas te hou in moeilike tye
Sê jy is rerig lief vir My

Dis baie kere, dikwels
Sê Pappa
Hoe Ek weet, hoe Ek uitvind
Wie het My vir die regte redes getrou

Ja sê Pappa-God
Baie mense het net met My getrou
Omdat hulle gedink het dit gaan net goed wees vir hulle
Hulle gaan nooit swaarkry

Oe hoe maklik is dit
Sê Pappa-God
Om in daai strik te val
Die een wat sê dit gaan net altyd maanskyn en rose wees

Liefste kinders
Sê Pappa-God
Dis nie altyd so
Daar is kere wat dit rerig swaar gaan raak

Kinders julle moet weet
Altyd weet sê Pappa-God
Swaar tye
Leer die mooiste lesse

Dis altyd nodig sê Daddy-God
Vir enige liefde
Om deur ‘n vuurdoop of twee te gaan
Dis hoe mens weet dis ware liefde

Ja liefste kinders
Daar is te veel soorte liefde
Wat goedkoop geraak het
Wat net mooi lyk van buite

Nee liefste kinders
Nee sê Pappa
Julle moet altyd weet
Ek is opsoek na ware liefde

Ek soek ook kinders sê Daddy-God
Wat deur die soet en swaar van die lewe
Aan My sy sal bly
Net soos die trou-belotes wat julle dikwels aan mekaar beloof

Kinders sê Pappa-God
My kinders
Julle sê daardie woorde dikwels net te vinnig
Sonder dat julle mooi daaroor gedink het

Kinders sê Pappa-God
Ware liefde kos dikwels ‘n prys
‘n Prys wat vir baie te duur is om te betaal
En dan gee hulle maar op

Nee liefste kinders, nee
Ware liefde sê ons sal deurdruk
Saam
Selfs al is dit hoe swaar

Kinders sê Pappa-God
Dit is die tipe liefde wat Ek graag van My kinders hier op aarde wil hê
Liefde wat sê ek gee nie op
Maak nie saak hoe swaar is die pad wat ons saam moet loop

Liefste kinders
Dit is ware liefde
Dit is egte liefde
Dit is beloftes wat bedoel wat hulle sê

Oe kinders sê Pappa-God
Maar dit bly vir My so mooi
Die prys van ware liefde
Veral wanneer hy bly wen

Oe ja kinders
Sê Pappa-God
Julle ken dit
Julle ken liefde wat net mooier raak soos die jare aangaan

Ja-nee liefste kinders
Bewonder julle dit nie ook
Twee ou mensies wat nog op hulle ou-dag
Handjies vashou en ‘n soentjie steel

Oe ja kinders, oe ja
Die voorbeeld wat party mense vir julle stel
Dit bly maar net lieflik-mooi
Want dit is waar, dit is so eg

Kinders van My hart sê Pappa-God
Dit is die tipe liefde waarna Ek verlang
‘n Liefdesmaat wat nog aan die einde gaan bly sê
Ek is nogsteeds lief vir jou

Kinders Ek het julle so mooi voorbeeld nagelaat
Kyk na ‘n oupa en ouma
Wanneer hulle voor hulle kroos sit
En die jare praat

Liefste-liefste kinders
Sê Pappa-God
Dit bly so mooi
Die liefde tussen man en vrou

Ja sê Daddy-God
Ja My liefste kinders
Pappa weet die beeld wat julle van die huwelik het
Is al heelwat verdraai

Tog liefste kinders
Wil Pappa julle net vra
Sal jou liefde getrou bevind word
Kind, seun, dogter van God

Dis te gereeld sê Pappa-God
Dat julle dit te maklik sê
Kinders julle moet besef
Ons liefde gaan jou iets kos

Iewers gaan jy dalk iets moet opgee kind
Om ons ‘huwelik’ eerste prioriteit te hou
Ja liefste kinders
Ja dis maar hoe dit is

Om die mooiste sê Daddy-God
Uit julle huwelik
En mekaar te bring
Gaan julle tyd saam nodig hê

Liefste kinders asseblief sê Pappa
Onthou dit altyd
Onthou dit gereeld
Ek en jy moet tyd saam hê

Daddy se kinders
Sonder dit gaan daar net nooit
Enige en mooi intimiteit wees
Kind vat asseblief tyd om jou maat se hart te leer ken

Weet jy van die drome sê Daddy-God
Wat Ek in My hart hou
Weet jy waarvan Ek droom
Weet jy wat Ek nog graag op aarde sal wil doen?

Kinders sê Pappa
Dit is die vrae wat jy jou man of vrou moet vra
Dis sulke vrae sê Daddy-God
Wat die mooiste verhouding tussen julle harte bou

Oe kinders die liefde bly mooi
Pappa stem
So, so mooi
Veral as jy vir ewig en altyd bly ja sê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s