Blinde oë

Trou se eie-begeerte

Kinders, kinders van Abba-God
Sê Daddy
Julle moet asseblief ophou daarmee
Julle moet ophou om My nie in al julle weë te ken

Julle loop so dikwels
Sê Daddy-God
Die verkeerde paaie
Omdat julle nie glo Ek van beter-weet

Kinders asseblief sê Daddy
Julle moet ophou daarmee
Julle moet asseblief ophou om te glo
Dat Ek nie in beheer is

Kinders sê My Woord nie
Sê Daddy
Ken My in al jou weë
En Ek sal jou paaie gelyk maak

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Dit tel ook nog vandag
Wanneer julle julle lewensmaats, man of vrou trou

Kinders sê Daddy
Hoekom
Hoekom vra julle My so min…
Met wie moet ek trou?

Daddy sê
Julle ken My nie in al julle weë
Dis hoekom Ek julle huwelike
Nie kan gelyk maak

Party troues
Sê Daddy-God
Is nie in My hart gebore
Van party wil Ek niks weet

Dis soveel kere
Sê Daddy-God
Wat Ek oor en oor
Vir die man of vrou bly sê:

Dis nie die een My kind
Dis nie die een
Waarmee Daddy wil hê jy moet trou
Maar jy glo My nie

Ai liefste kinders
Weet julle hoeveel mense
Kon ons die pyn van skei spaar
As julle net wou gehoor gee

Dis omdat julle
Nie na My luister nie
Sê Daddy-God
Dat julle baie male seer kry

Moenie kind met die man trou
As Ek nie duidelik vir jou gesê het ja
En kind seun van God
Dieselfde tel vir jou

Kinders kan julle nie verstaan
Ek julle Pappa
Ek ken die einde van die begin
Ek ken alles tussen-in

Ek weet sê Daddy-God
Ek weet wie saam moet wees
Ja sê Daddy-God
Partykeer gebeur daar wel goed wat Ek nie kan keer

Mense wat self-besluit
Mense wat My nie in al hulle weë ken
Tog kan Ek dit draai
Tog kan Ek dit gebruik

Kinders sê Daddy
Asseblief
Moenie dat die kettings van jy-mag-nie-skei
Jou aan bande lê

Kinders Ek sê nie
Gaan maar aan jy kan skei
Ek sê kom soek My wil vir jou
Ek sê kom vra My … Daddy wil U hê ek moet bly?

Ek verstaan
Sê Daddy-God
Partykeer wil julle dit nie doen
Maar kinders dit bly nodig

Julle verstaan nie altyd
Sê Daddy-God
Daar is ‘n ewigheid op die spel
‘n Ewigheid waarin mense verlore gaan as julle nie in My wil bly

Partykeer, dikwels sê Daddy-God
Wil julle nie verstaan…
Ek het stories oor julle lewens geskryf
Stories wat Ek graag wil hê moet gebeur

Maar wat julle verkeerdelik beinvloed
Deur keuses wat julle maak
Ja liefste kinders
Dikwels deur die keuse van man of vrou met wie jy trou

Kinders Ek wil julle net aanmoedig
Rerig
Daar is ewige destinies op die spel
Destinies van mense wat nie My wil vir hulle lewens naspoor

Ai kinders
Sê Daddy-God
Ek weet dis hartseer om die goed aan te hoor
Want julle doen dikwels verkeerd

Julle vra My nie
Julle vra My net nooit…
Daddy wat wil U hê
Moet ek in hierdie keuse doen

Dis rerig beter
Sê Daddy-God
Om My te vertrou met al julle weë
Kinders dit is net soveel beter

Kinders besef julle
Sê Daddy-God
Weet julle dat Ek dikwels
Die heelbeste vir jou hou

Ja-nee sê Daddy-God
Daar is te veel mense wat dink dat Ek afskeep met My geskenke
Oe julle ken My nog nie goed sê Daddy
As dit is wat julle dink

Ja sê Daddy, ja
Daar is heavenly arranged marriages
Troues en huwelike gebore in My hart
Maar dis tussen die beste pasmaats wat jy kan kry

Ja sê Daddy-God
Ek ken My kinders, elkeen
Wie ken hulle beter as Ek
En Ek weet wie om aan mekaar te gee

Daarom sê Daddy-God
Hoef julle nie bang te wees
Ek glo sê Daddy-God
Dis al wat julle nodig het om te weet

Ek glo
Kinders dis wat julle moet sê
Julle moet My dan toelaat
Om julle maatjie vir julle te bring

Baie verhale sê Daddy-God
Van mense wat op aarde ontmoet
Is in die hemel geskryf
A match-made-in-heaven sal julle partymaal sê

Kinders dit is so
Maar dit is nie die geval
Met elke man en vrou
Wat trou

Ja liefste kinders
Daar het die mens ook sy eie keuse
Party mense wil My nie ken in daardie keuse
Hulle stel nie belang om My opinie te hoor

Kinders
Hoe sê Daddy-God
Kan Ek dan blameer word
Wanneer daardie huwelik uitmekaar val?

Ek weet sê Daddy
Ek weet
Daar is mense daarbuite wat hierdie woorde van My nie sal wil hoor
Tog is daar mense wat gaan hoor

Ek wil julle eer kinders
Sê Daddy
Die mense wat My ken in hulle keuse
Die mense wat My kom vra…is hy of sy die een?

Kinders sê Daddy
Julle moenie net hardloop met ‘n ding
Partykeer wil julle so graag iets hê
Dat julle glad nie redelik daarna kyk

Al wat Ek vra
Sê Daddy
Is ‘n hart wat altyd vra
Here is dit die weg

Is dit die pad
Wat U wil hê Ek moet loop?
Ook met jou aardse man of vrou
Vra Ek dieselfde

Kinders sê Daddy
Kinders asseblief
Kom en ken My in al julle weë
Al julle weë

Ook daardie weë
Waarop julle
Die man en vrou moet kies
Waarmee julle wil trou

Kinders sê Daddy-God
My hart is ook dat huwelike veraltyd moet hou
Ek het dit gemaak
Dis vir My mooi

Dis hoe Ek dit graag wil hê
Tog moet Ek julle vra om te onthou…
In julle voortvarendheid om keuses te maak
Maak julle dikwels die verkeerdes

Ja sê Daddy
Asseblief kan Ek net vra vra Daddy
Vra My…
Wie is die een Daddy met wie U wil hê ek moet trou

Moenie sê Daddy
Moenie kinders asseblief daai keuse alleen maak
Dis so ‘n belangrike een
My kind, dis so ‘n belangrike een

Ek verlang sê Daddy-God
My kinders
Om julle die mooiste huwelike op aarde te gee
Tog wil dit net nie altyd gebeur

Daar is soveel dinge sê Daddy-God
My kinders wat ‘n effek het
Op dit wat Ek vir julle wil gee
Vrye keuse is een daarvan

Kan Ek vra
My liefste kinders asseblief
Sal julle Daddy-God ken
In die keuses wat julle op aarde neem

So liefste kinders
Kan Pappa
Julle by die mooiste mooi uitbring
Voorberei vir julle hier op aarde

My kinders sê Daddy-God
Ek wil hê dat ook Ek en jy
Veraltyd getroud sal bly
En dis nie iets wat altyd gebeur

Ken My liefste kinders
Sê Daddy
Ken My asseblief
In al jou weë

En kyk
Hoe Ek jou paaie gelyk maak
Jou huwelik s’n ook My kind
Jou toekomstige huwelik s’n ook

Amen

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s