Blinde oë, Byt vas

Kantlyne

Vir my bly dit net
Die grootste, wonderlikste
Mooiste geskenk uit die hemel
Om ‘n kind van God genoem te word

Ek wens ek kon moeg raak
Van God se mooi-wees
Verveeld met wie Hy is
Maar dis iets wat net nie wil gebeur

Ons God is net so groot
So mooi
So wonderbaar
Hy is my altyd een voor

Oe U is wonderlik Daddy
So wonderskoon
U liefde vir my en hierdie mensdom
Ek wil graag meer daarvan weet

Daddy-God
So so baie dankie
Dat U ons liefhet
Dat U ons in U lewe wil hê

Dit beteken vir ons so baie
Abba-God
Dit beteken die lewe en soveel meer
Om U in beheer van ons lewens te hê

Daddy al verloop alles
Nie altyd volgens plan
Weet ons dat ons ‘n God van liefde het
Wat altyd vir ons sal liefhê

Nooit ooit sal U ons weggooi
Nooit ooit sal U sê U stel nie meer belang
U is die ewige
Die waaragtige God

Pappa ons eer en bless U so baie
Ons sê baie dankie dat ons U in ons lewens kan hê
Daddy U is ons ewige God
Ons stewige anker

Daddy hierdie wêreld
Oe hoe dikwels is sy verkeerd
So verkeerd oor U
En wat sy van U rondvertel

Daddy in hierdie donker wêreld
Wil ons net bly sê
U is ons God
Die ewige een

Ons harte is so dankbaar
Vir wie U in ons lewens is
Daddy dankie daarvoor
Ons gee U al die lof en eer

So dikwels wat ek wonder
Sê Daddy-God
Soveel kere wat Ek vra
Sal mense My liewer hê?

Ek weet dis iets
Wat nie gereeld gebeur
Tog wil Ek so graag hê
Dat mense dit ook sal wil hê

Kinders Ek wonder
Sê Daddy
So so gereeld
Is daar mense bereid om te groei in liefde vir My?

Ek wonder so gereeld
Hieroor
Ek wonder of mense weet
Dis iets wat Ek so graag wil hê moet gebeur

Oe kinders sê Daddy-God
Die van My en die van die wêreld
Sal julle asseblief kom hoor
Daar is dieper en meer in hierdie God van liefde te vind

Daar is te veel mense
Sê Abba-God
Dit gebeur te gereeld
Dat daar die is wat op die kantlyne bly sit

Kinders dis te gereeld
Sê Daddy-God
Wat dit gebeur
Dat mense uithou op My omdat hulle nie veel meer van My wil weet

Kinders daar is soveel van julle
Kinders van God en andersins
Wat te gereeld bly twyfel
Het God my waarlik lief?

Kinders van Pappa-God
Ek ken julle
Ek weet van julle
Hoekom wil julle nie nader kom?

Kinders sê Daddy
Asseblief julle moet verstaan
Ek wag vir julle
Om dieper waarheid omtrent My te vind

Daar is baie van julle
Sê Daddy-God
Wat uitmis op die dieper
Wonderlike dinge wat Ek julle wil leer

Liefste kinders
Daar’s meer
Daar’s altyd-altyd meer
Van wat Daddy julle wil gee

Julle moenie mismoedig raak kinders
As julle sien wat gebeur
En julle dit nie eintlik graag so wou hê
Julle moet My asseblief vertrou

Daar gebeur partykeer goeters sê Daddy
Wat julle nie wou hê
Tog moet julle asseblief altyd onthou
Ek het die vermoë om alles beter te maak

Ja sê Daddy
Altyd
Dis wat gebeur as mense na My bly kyk
In die storms wat hierdie lewe vir julle stuur

Dit gebeur partykeer
Sê Daddy-God
Dat julle My moet vertrou in die minste
Sodat julle kan weet dat Ek ook in die meeste daar sal wees

Kinders altyd sê Pappa-God
Altyd is Ek daar
Om die wie seer het, gebroke is
Weer op te lig

Kinders sê Daddy-God
Asseblief julle moet net vertrou
Julle moet weet Ek is altyd besig
Dit maak nie saak hoe dinge vir julle lyk

Julle is genoeg sê Daddy-God
Meer, meer as genoeg vir My
Ek wil julle nie anders hê
Ek wil hê julle moet dit weet

Partykeer liefste kinders
Gaan Ek toelaat
Dat julle paaie gaan loop
Wat julle nie eintlik wil loop

Dis altyd sê Daddy
Net om julle nader aan My te bring
Om julle te leer
Ek is getrou

Kinders sê Daddy-God
Ek is getrou
Ek is die getroue God
Wat hemel en aarde in My hand vashou

Daar is niks wat ooit op aarde sal geskied
Waarvan Ek nie kennis dra
Asseblief weet dit sê Abba-God
Moenie My wantrou

Want partykeer gebeur dit
Sê Daddy-God
Partykeer begin julle twyfel
En dan begin julle baie vrae vra

Oe kinders sê Daddy-God
Oe kinders
My hart wil breek
Vir die mense wat in stormtye van My hand laat gaan

Oe kinders sê Daddy-God
Oe kinders
Dis dan!
Wat julle styf aan My hand moet vashou

Kinders sê Daddy-God
Net soos wat ‘n drenkeling op see
Die stuk dryfhout vasklou
Net so moet julle in storms doen

Dis dan wat julle moet sê
Ons God is groter
En saam met ons God
Gaan ons die golwe oor

Kinders Ek is
Sê Daddy-God
Die Anker
In die storms van die lewe

Julle moet dit asseblief onthou
Julle huise op die stewige rots
Jesus Christus bou
Die Rots wat nie kan vergaan

Weet julle kinders dit
Onthou julle sê Abba-God
Dat Ek julle God in die hemel
Julle verskriklik baie liefhet

Dis daardie liefde kinders
Wat julle deur die donkerste waters
Sal bly red
Sal kom bly uithaal

Oe kinders sê Daddy-God
Asseblief
Kom vertrou My met meer
Kom vertrou jou hart en lewe toe aan My

Die ewige God
Die môreson wat in julle harte wil bly skyn
Die enigste waardige een
Vir altyd

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s