Nuwe hoop

Pad na die Kruis

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Aan die wat bly verdwaal
Hom net nie kan vind

Ai kinders sê Daddy-God
Julle moet kom vind
Julle moet kom uitvind
Dat daar niemand soos Ek is

Julle glo verkeerd liewe wêreld
Die van julle wat My nie in julle lewens wil hê
Julle weet nie op wat julle uitmis
Lewe in oorvloed

Kinders sê Daddy-God
Die in My hart
Die nog nie
Kom vind asseblief die meer waarvan Ek praat

Ek praat nie net van meer sê Daddy-God
Omdat dit slegs woorde is
Nee liefste kinders Ek praat van meer
Want dit is hoe dit is

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Daar is verborge skatte in My hart weggesteek
Wil jy nie asseblief na hulle kom soek?

Dis soos wegkruipertjie
Sê Daddy-God
Ek sal wegkruip
En dan moet jy kom soek

Liefste kinders sê Daddy-God
Het julle al gesien
Dis ook gereeld My beurt
Die dat Ek nou kom soek

Ja sê Daddy-God
Ek is gereeld aan
Dis gereeld My beurt om te kom sê
Okay dis nou jou beurt

Ai kinders sê Daddy-God
Kan julle nie sien
Ek is nie hier om seer te maak
Of om te verlei

Ek wil julle net sê Daddy-God
By die mooiste mooi’s in My bly uitbring
Dis maar al wat Ek wil hê moet gebeur
Kinders dit is so

Daar is soveel van My kinders
Sê Daddy-God
Soveel van die kinders van die wêreld
Wat net altyd wil bly wegkruip

Ja hulle wil net aanhou
Om weg te kruip
Hulle wil My nooit kans gee
Om dieselfde te doen

Hoe gaan ons ooit uitkom
By die goue geheimenisse nog nie ontdek
Kinders hoe gaan julle dit ooit vind
As julle nie wil kom soek?

Ja sê Daddy-God
Daar is baie mense op aarde
Wat verdwaal
In al hulle verkeerd-wees

Party wil My eer
Maar hulle doen dit so verkeerd
Hulle soek eintlik vir hulself eer
En dan sê hulle net dit behoort aan My

Oe kinders
Sê Daddy-God
Julle behoort dit asseblief nie meer te doen
Dit is so verkeerd

Ek vra julle veel eerder
Sê Daddy-God
Kom behoort aan My
Liggaam, gees en siel

Kinders sê Daddy-God
Dit sal soveel makliker wees
Om My in volheid te vind
As julle bereid sou wees om alles oor te gee

Daar is soveel van julle mense
Sê Daddy-God
Wat verlei word
Omdat julle verkeerd glo

Kinders sê Daddy-God
Asseblief Ek vra julle
Kom vind My hart
Kom vind wat daarbinne lê

Julle is verkeerd
Sê Daddy-God
As julle julle verbeel
Dat Ek nie naby is

Kinders Ek is so naby
En Ek gee altyd om
So baie sê Daddy-God
Asseblief sal julle kom sien

Julle moet die verkeerde weë verlaat
Liefste kinders
Sodat julle die ware wonderlike weë kan vind
En julle eie maak

Ek weet julle is al lank verdwaal
Sê Daddy-God
Ek weet dat julle baie kere dink
Die waarheid gaan ek nooit vind

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek wil net vir julle sê
My Seun is die Waarheid

Kinders sê Daddy-God
Ek vra julle om te weet
As My Seun nie vereer word met die pad wat jy loop
Is jy verkeerd

Want dis so baie dikwels
My kinders sê Daddy-God
Wat julle verdwaal op die weë
Wat julle na die Kruis loop

Abba-God se kinders
Asseblief moet dit nie meer doen
Wees en bly standvastig
Hou aan om reg te glo

Partykeer sê Daddy-God
Word julle na die Kruis
Verlei met die mooiste praatjies
Praatjies wat nie dieper in My hart inlei

Kinders Ek wil hê sê Daddy-God
Dat julle sal weet
Ek wil julle na dieper mooier waarheid neem
Sal julle My asseblief toelaat

Liefste kinders sê Daddy-God
Dis nie My hart dat julle bly verdwaal
In dit wat verkeerd
En nie van My is

Nee liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek het ‘n pad gemaak
Vir jou om meer waarheid in My te vind

Ja liefste kinders
Na die Kruis
Is dit die pad van
Ontdek jou Pappa-God se hart

Leer My ken sê Daddy-God
Kinders dis hoe maklik Pappa dit vir julle gemaak het
Leer My ken
Sommer daar in jou binnekamer

Daar waar jy stil-raak sê Daddy-God
Daar waar jy vir My wag
Elke dag sê Daddy-God
Moet dit asseblief gebeur

Daddy sê baie kere My liefste kinders
Begin julle menslike opinies aan te hang
Wat hierdie persoon van die Woord sê
En dan hierdie een

Liefste kinders
Ek wil vra sê Daddy-God
Bly asseblief op die oop, eerlike pad
Daai een waar Pappa jou deur Sy Gees self leer

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Julle moet asseblief onthou
Dat Ek self by julle is

Daar is nie altyd nut
Vir die wêreld en sy mense
Om My kinders te leer
As Ek self naby is

Liefste kinders
Ek wil vra sê Pappa-God
Sal julle My asseblief kom vertrou
Om julle self te leer?

Daar is party kere
Sê Daddy-God
Wat dit gebeur
Dat mense dit nie wil hê

Nee hulle sal mense se oorleweringe
En opinies veel meer as Myne aanhang
Hulle sal nooit kom vra
Daddy-God dit wat ek glo is dit waar?

Liefste kinders sê Daddy-God
Ek wil julle vra om altyd
Oop en eerlik te wees met My
Ook met jouself

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Jou pad na die Kruis
Hoe lyk hy?

Daar is so baie van julle
My kinders sê Daddy-God
Wat selfs na dit
Net in dooie godsdiens verval

Dit was nooit die punt van die Kruis nie
My liefste kinders
Die punt was om julle terug te bring na My
Sodat ons weer in verhouding kan loop

Liefste kinders
Julle mis dit soveel kere
Hierdie kosbare waarheid
Wanneer julle nie in My weë na die Kruis loop

Oe Abba-God se kinders
Sê Daddy-God
Sal julle My asseblief kom vertel
Daddy ek wil meer van U hê

Nie net van leerstellings en doktrine
Nee Daddy-God
Meer van U hart
Dit is wat ek so graag wil hê

Dit is altyd-altyd My hart
Liefste kinders
Ek wil die konneksie tussen ons harte
Net sterker bou

Kinders dis wat ons mis
Baie kere sê Daddy-God
As julle My nie wil toelaat om julle verder te leer
Dis waar ons die pot mis sit

Oe kinders sê Daddy
Ek vra julle asseblief
Wees altyd-altyd oop
Vir dit wat Ek wil leer

Moenie julle net dikwels
Vasstaar teen menslike ‘feite’
Sonder om ooit te wil sê
Daddy is dit so?

Julle moet altyd oop wees
Sê Daddy-God
Vir My om julle oortuigings
Teen Myne te toets

Ja sê Daddy
Want dit gebeur net te gereeld
Dat mense My na die Kruis
Nogsteeds wil beindruk met wat hul sê en doen

Eintlik is die pad na die Kruis
‘n Baie meer gebroke een
Want dit is waar Ek begin werk
Aan die seer binne-in

Ja sê Daddy-God
Dis baie kere wat julle sal sê of dink
Ek is op ‘n beter plek
Al is dit nie so

Liefste kinders sê Daddy-God
Ek wil julle net vra
Is dit so
Dat julle nooit meer val en net alles regkry?

Oe kinders sê Daddy
Hoe is dit so?
Hoe werk dit?
Is julle nie veronderstel om nou meer as ooit julle afhanklikheid van My te ontdek

Dis wanneer mense na die Kruis
So self-versekerd raak
Oor wat hulle kan doen en regkry
Dat Ek begin bekommerd raak

Liefste kinders
As Ek nie die Een is
Waarsonder jy net nie kan klaarkom
Dan moet jy weet

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Dis altyd My hart
Om julle nader aan My te bring

Moet asseblief nie aanhou impress
Moet asseblief nie aanhou om ‘n front voor te hou
Kind dit sal vir My baie meer beteken
As jy kom net soos wat jy is

Oe liefste kinders sê Daddy-God
Ek weet van julle elkeen
Ek wil net vra
Kom asseblief nader aan My

Nader aan My sê Daddy-God
Nader aan My
Nie net aan teachings oor My
Maar aan My hartklop

Dis ‘n goue geleentheid
Sê Daddy-God
Wat Ek altyd aan al My kinders bied
Dit is waarvoor Jesus gesterf het

Om verhouding te herstel
Kind van God dit is so
Jy hoef nie net van My te leer
Jy kan nou self met My praat

Liefste kind
Sê Daddy
Ek wil so-so graag die een wees wat jou self leer
Maar jy laat My nie altyd toe

Kind asseblief
Sê Daddy
Kom nader aan My hart
En nie net boeke wat van My leer

In jou binnekamer
Sê Daddy-God
Daai vertrek wat net aan jou en my behoort
Asseblief gesels met My

Ja sê Daddy-God
Gesels, lag
Moenie dat alles tussen ons
Onpersoonlik bly

Want dis baie kere sê Daddy-God
Hoe julle My benader
Julle kyk My vanuit ‘n hoogte
Besluit om op ‘n afstand te bly

Nee liefste kind sê Daddy-God
Ek is ‘n betrokke God
Ek wil julle altyd veel dieper My hart innooi
En dis wat Ek so graag wil hê jy moet met My ook doen

Liefste kind
Seun, dogter van My hart
Pa is soveel meer as rituele
Ek is ware omgee

Ek wil vir julle drukkies gee kinders
Ek wil julle opsoen
Ek wil julle vertel
Dat Ek so baie trots is op wie julle is

Kinders sê Daddy
Dis vir My so so belangrik
Dat julle My as Pappa ook leer ken
Anders gaan daar altyd skanse tussen ons wees

Ja sê Daddy-God
Dit is vir jou belangrik om te weet
Dat Ek Koning en Heerser van die wêreld is
Maar kind sê My ken jy My as Pappa?

Ken jy My as die een
Wat met Sy kinders wil speel en lag
Die een wat met Sy kinders
Rondomtalie draai

Kinders sê Daddy-God
As julle nie die warmte van My Pa-wees ken nie
As julle nie net gemaklik voor My kan kom nie
Kinders dan mis ons iets van wat Ek so graag tussen ons wil hê

Kinders Ek wil hê
Ek wil sien
Dat ons eie met mekaar sal wees
Dat ons mekaar se harte sal ken soos die beste bruid en bruidegom

Kinders ons mis dikwels hierdie konneksie
Want dis nie iets wat julle ken
Julle bly koel en afsydig
Hou aan om die regte ‘geestelike’ ding te doen

Kinders sê Daddy
Ek wil dit so graag vir julle sê
Asseblief moet dit nie meer doen
Moenie dat dit wat tussen ons is wetties, vol prosedure bly

Liefste kinders
Ek wil julle eerder vra
Kan ons nie net soos 2 beste maats
Aan ons verhouding bly bou

Oe kinders sê Daddy-God
Dis vir My veel beter
Dis eintlik hoe Ek dit verkies
Daai opwinding van oe ons gaan weer saam wees

Liefste kinders van Pappa
Ek wil nie hê dat tyd saam met My
Iets sal wees waarna jy opsien
Nee Ek wil vra kan dit asseblief ‘n vreugde vir jou wees

Kind as enige iets soos werk voel
Wanneer jy by My is
Kind dan is dit nog nie lekker
Dan het jy nog nie My rus ontdek

Nee liefste kind, nee
As jy My waarlik ken
Sou dit vir jou so ‘n plesier wees
Om tyd saam My te hê

Kind dis maar hoekom Ek almal
Altyd bly nader nooi
Kinders van die wêreld, kinders nie van die wêreld
Kom ontdek wie Ek rerig is

Oor en oor
Wat Ek nooi
So min mense
Wat dit kom doen

Kinders, kinders
Die wonders van die skatte wat in My hart lê
Hulle sal julle verwonder
Julle baie-bly laat lekkerkry

Kinders kom nou toe
Elkeen van julle wat bereid is om aan te hou soek
Elkeen van julle wat bereid is om te sê
Okay God nou is dit my beurt!

Elkeen wat soek
Hy sal vind
Dit is die belofte so waar
Kom soek kind, kom soek!

Die skatte
Al gillend en opgewonde
Loer hulle vanagter die bome waar hulle wegkruip
Kom soek my, kom soek my!

Hulle kan nie wag
Vir julle om hulle te vind
Amper daar sê hulle, amper daar
En dan is ek geblok!

Dis maar die vreugde vir kinders
Sê Daddy
Om te weet daar’s maatjies wat saam-speel
As jy sê kom ons speel wegkruipertjie

Kinders dis so dieselfde met My
Ek wil ook graag hê
Mense moet pret saam met My hê
Dis hoekom ook Ek vra kom soek My!

Liefste kinders
Julle sal nog sien
Hierdie speletjie word baie lekker
Veral vir die harte wat nie genoeg kan kry

Altyd-altyd is daar meer
Sê Daddy
Altyd-altyd
Nog meer skatte in My te kry!

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s